Rowers slaan toe op Bloem-vulstasie, blaas kluis oop

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die Parkweg-polisie in Bloemfontein het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn groep swaargewapende mans wat Woensdag in die vroeë oggendure ʼn vulstasie in dié stad beroof het.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het gesê drie mans, wat klapmusse gedra het, het met ʼn wit Toyota-sedan sonder enige nommerplate by die vulstasie in O.R. Tambo-straat opgedaag.

“Twee van hulle was swaar gewapen met hoë kaliber gewere en een het ʼn pistool aan hom gehad,” het Marope gesê.

Twee verdagtes het buite die vulstasie se winkel gestaan en wag hou. Hulle het vuurwapens op die petroljoggies gerig en hulle gedwing om hul selfone op die grond te plaas. “Een van die rowers is in die winkel in waar hy na bewering twee kassiere met sy vuurwapen gedreig het. Hy het glo oor die toonbank gespring en die kluis wat in die winkel is met springstof oopgeblaas en die geld daarin gevat.”

Die verdagtes het met ʼn aansienlike bedrag geld op die vlug geslaan en is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

m ·

Interessant dat die mense presies weet waar die kluis is……………….. nie dalk inside job nie!!??

miv ·

Sluit vulstasies, soos ander besighede, om 5nm of 6nm en open eers weer volgende oggend 9h.

Gertman ·

Dis nie te se hulle het geweet waar is die kluis, met ‘n gun in jou hand sal ek jou ook se waar dit is as jy my vra.

Tiger ·

Die een wat die kluis oopgeblaas het is beslis opgelei in die werking en hantering van plofstof.’n leek sou dit nie kon doen nie sonder om homself en ander mense ook op te blaas nie.Dis ‘n begin punt vir die SAPD as hulle wil . . .

Simon ·

Maroela Media,
Ek is n wapen entoesias maar ek weet sowaar nie wat n ho(g)e kaliber geweer is nie.
Ek ken klein kaliber wapens – meesal in 0.22 klas pistole of revolvers
Swaar kaliber vuurwapen is meesal 0.303 of groter gewere Weinig pistole of rewolwers van so groot kaliber beskikbaar.
Hoe kaliber wapens? Is dit miskien kannone van 3 duim (75mm) tot 36 duim kaliber of so iets?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.