Rowers slaan toe op bussie op N1, skiet vrou dood

Argieffoto

Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn groep gewapende rowers wat buitelanders in ʼn bussie op die N1-snelweg beroof en ʼn vrou doodgeskiet het.

Lt.kol Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder van Limpopo, het gesê die voorval het Dinsdag omstreeks 03:45 buite Polokwane (Pietersburg) plaasgevind.

“Nege insittendes van ʼn Toyota Quantum, almal Zimbabwiërs, het van Gauteng na Zimbabwe gereis toe ʼn grys Toyota Avanza die Quantum van die pad af probeer dwing het,” het Ngoepe gesê. “Die groep gewapende verdagtes in die Avanza het daarna op die bussie losgebrand. Die busbestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het in ʼn sloot langs die pad beland.”

Die verdagtes het die bussie en die insittendes deursoek en onder meer ʼn onbekende bedrag geld geroof voor hulle van die toneel gevlug het.

ʼn 28-jarige vrou is in die skietery dood.

“Die verdagtes is onbekend en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Die polisie ondersoek die roof en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Sê maar net ·

JA sê ek ook… Die polisie ondersoek die saak… Ha ha ha

Daleen.Becker ·

Dit is so bitterlik hardseer om tesien waarheen is die land van ons oppad.en net niks word gedoen nie…besef die mense nie dis die buitelanders wat geld in ons land inbring.die land van melk en heuning wat hulle so beroof en moor.mense waneer gaan dit stop,raak net erger by die dag en geen mens se lewe is meer veilig hier in suid afrika,wat eers n pragtige land was is nou besig om tengronde tegaan.ons kan net aanhou bid en op ons kniee bly,dat die Here ons en ons pragtige land sal verlos van die duiweld,en hulle ontslaan uit bewind,anders gaan die land noout regkom nie.so jammer vir die buitelanders wat ook so aangeval word.Here red asb ons land uit die duiwels wat so moor, verkrag en vernielsigtig is.want solan Zuma regeer gaan niks verander.

Snoefels ·

Hoe het hulle geweet daar gaan geld wees.. maar nou dat julle dit noem, ek verbaas dat taxi’s nie meer beroof word nie, hulle dra nogal baie kontant saam met hulle as hulle al vir n paar ure gery het

Terug ·

Ons is terug waar ons hoort, dit was die tyd toe struikrowers die poskoetse beroof het.

Gert ·

Die struikrowers is nog altyd hier, word nou net Tol hekke genoem.

Primitief ·

Die nuwe regeerders is primitief en kan nie misdaad beheer nie.

Pensioenaris ·

Nou al so moeg vir die storie dat die aanvallers onbekend is en die saak ondersoek word. Daardie sogenaamde ondersoek beland reguit in die snippermandjie want hoekom sal daar enige poging aangewend word om enige verdagte aan te keer as onse Minister van Polisie grappies maak van als en met stnkstorietjie en praatjies mense probeer vermaak? Sy grappies is duidelik gemik om die aandag van probleme af te trek! Mens kan nie sê dat hy enigsins harde werk bevorder nie. Waar is die dae wat jou werk nog jou eer was???

LB ·

Dit is wonderbaarlik dat daar nog iemand uit Zimbabwe is wat geld het om saam te neem! : )
Blykbaar is hulle werkloosheidsyfer 85% Dit is nadat amper al die blankes uit die land gejaag is.

Janosh ·

Ek is bevrees dat misdaad, soos ook baie ander dinge in Suid Afrika “the point of no return” bereik het. Daar is maar net GEEN politieke of enige ander vorm van wil om misdaad of die ander dinge te bekamp nie, en dit gaan van hier af net erger word.

jaco ·

Ek twyfel of mens in n land waar daar 90% werkloosheid is, nog geld gaan hê om as toeris SA te besoek en dan weer na Zimbabwe terug te keer…
So no wonder ek maar net: was dit buitelandse toeriste uit Zimbabwe, of was dit maar net Zimbabwiers wat lank reeds in SA woon en deel is van die meer as 3 miljoen ONWETTIGE Zimbabwiers in SA?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.