Rowers slaan toe op Harties-huis met pikkop

Argieffoto ter illustrasie.

Argieffoto ter illustrasie.

Twee vroue en ʼn tienerseun is Dinsdag helder oordag in ʼn huis in Hartbeespoort in Noordwes oorval, aangehou en beroof.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê ʼn ma, haar 16-jarige seun en ʼn huiswerker was in die huis in die Ifafi-woonbuurt, toe hulle omstreeks 12:10 deur twee mans oorval is.

“Hulle het kuiergaste verwag en die seun het uitgegaan toe hy hul honde hoor blaf, aangesien hy gedink het die gaste is by die hek. Toe hy buite kom, was die rowers reeds in die erf,” het Müller gesê.

Een van die mans het ʼn pik se kop in sy hande gehad, waarmee hy die seun gedreig het. Dit is nie dadelik bekend of hulle nog wapens gehad het nie.

Die verdagtes het die seun die huis in gedwing, waarna hulle die drie slagoffers na die hoofslaapkamer op die boonste verdieping van die huis gedwing het. Daar het hulle die seun met hul hande aangerand en aangedring op die kluis se sleutels en waardevolle besittings.

“Die ma het saamgewerk en op haar voete gedink. Sy het vir hulle gesê hulle moet gou maak, want hulle verwag enige oomblik kuiergaste wat op hulle [die verdagtes] gaan afkom. Die mans het gegryp wat hulle kon, die slagoffers in die slaapkamer toegesluit en op die vlug geslaan.”

Sover vasgestel kon word, is ʼn selfoon, juweliersware, kontant en ʼn rewolwer gesteel.

Die slagoffers moes die deur oopbreek voordat hulle hulp kon ontbied. Niemand is ernstig beseer tydens die voorval nie.

Die Hartbeespoort-polisie was op die toneel vir verdere ondersoek en het die slagoffers se verklarings afgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Ekwilibrium ·

Alweer Ifafi. Ek dink daar is ‘n bose ‘insider/s’ doenig daar rond, onthou die pa wat onlangs daar doodgeskiet is?

charmaine ·

Ek voel ons moet maar ons doeure grsluit hou en as ons gaste ontvang moet hulle laat weet wanneer hulle by die hek is

VerbyMoeg ·

ek raak nou al so siek vir die tipe mense wat ander so leed aandoen. gelukkig is almal veilig, maar dis so onnodig. mens sukkel so om positief te bly veral in S.A. gaan dit ooit ophou? elke dag sit ek en wonder gits is ek dalk volgende? nerens maar nerens is jy meer veilig nie.

Hendrik ·

Ek dink dit baie belangrik om daaglikse te toon (grafies) wat die omvang van die misdaad is in S.A. Daar moet ,volgens hierdie statistiek, binne ‘n paar dae optree word om hierdie gebiede te beveilig. Is dit wat Afriforum ingedagte het met hulle 911 Veiligheidsberaad? Die inwoners in hierdie gebiede, in samewerking met veiligheidsstrukture moet optree.

Varkie ·

Ek lees altyd “hulle het aangedring op die sleutels vir die kluis”. Beteken dit dat hulle net by huise inbreek wat kluise het of het elke tweede huishouding deesdae n kluis met geld/wapens in? En dan ook, is die kluis nie veronderstel om weggesteek te wees nie, hoe weet hulle daar is een… ?

oumie ·

Nee Varkie hulle glo Elke wit mens het n kluis want als wat ons wittes besit het mos uit die lug geval dankie tog niemand is beseer nie maar pasop nou hul ken nou die binnekant van die huis hul gaan terugkom

Johnny ·

Onthou almal se wapenkluise moes persoonlik geïnspekteer word toe die nuwe wapenwet ingekom het. So jou inligting is openbaar… al is dit nie veronderstel om te wees nie.

Jo Pearce ·

Dit het al n ruk by my opgekom dat daar iemand is soos die huishulp wat laat weet wat daar in n huis is, veral as die kluise nie sigbaar is nie.

Lou ·

As hulle weet daar is ‘n kluis in die huis, is dit verseker ‘n “inside job”. ….

Lollie ·

Ja en dit gaan maar net aan…en dinge word net erger en daar word absoluut niks deur ons wonderlike president gedoen aan die misdaad nie! Waar gaan dit als eindig????

Chantell ·

Dit gaan nie eindig tot doodstraf terug gebring word nie of tot gereg eerder in eie hande geneem word nie want in die land het die ou wat misdaad pleeg meer reg as die gewone mens en dan is die beste hulle maak boere dood rape vroumense en ons sorg vir hulle in die tronk dis darm gemaklik in SA

oumie ·

Ek wou nog sê nou het hul n gun so die volgende persoon gaan dalk nie so gelukkig wees nie julle wat wel n revolver of skietding het dra dit by jou soos ons gewoond geraak het aan selfoon dra so kan ons gewoond raak aan skietding dra

Deon ·

As jou wapen nie aan jou is nie verkoop hom hy beteken niks,hulle vat hom uit jou kluis en gaan vermoor n ander blanke…..Selfverdedigings wapen is aan jou sy!!!

lyn ·

Ons moet vir almal op ons kontakte whatapp oor misdaad berigte. Van moord tot inbraak. Ai, mag ons dalk hele dag besig hou. In engels se hul: word by mouth. Party mense lees glad nie internet. Sit toe oe.

Aitsa ·

Lyk my mens mag kwaad word gefrustreerd wees en heeldag oor jou skouer kyk, deur jou nek vir jou veiligheid betaal, moet tog asb niks vd lieplappers in beheer v ons land sê nie dan word jy gesensor. Dit laat mens wonder né

Peet J ·

En wat van die wasgoed was en huis skoonmaak wonder of die baas sal help.

amvi ·

Ten minste sal jy rustiger slaap, want daai “huiswerker” weet nie alles van jou doen en late. nie so erg om self huis skoon te hou en wasgoed op datum te hou. Koop materiaal wat nie stryk nodig het nie. En buitendien sal jou kaste nie meer gestroop word, so bietjie elke dag dat jy dit nie eers oplet nie. Mens kan dit nie meer waag om “huiswerkers” aan te stel nie, PUNT

Marina Nel ·

Ek het begin angs-simptome kry van die wrede en grusame nuusberigte.

miem ·

Stem saam oor huiswerkers. Hulle isdie wortel van die kwaad.

annie ·

Persone moet 2 kluise hê.Een met waaardevolle artikels en goed versteekte kluis vir wapens. Die een met net juwele ens word “getoon” in rooftog. Sê dan jy het nie wapens nie. So kan jy moontlik jou eie en ander se lewens spaar.Familie van ons het dit suksesvol gedoen en rowers is sonder wapens weg.

Boet ·

Wat ek dink ons moet dit aan hulle terug doen net so paar draaie gaan jaag in die aand ver van jou huis af somer langs die pad gou, daar staan mos geskryf ń oog vir ń oog en ń tand vir ń tand afriform gaan niks doen aan die soort geweld behalwe blaf

Nita ·

Het julle vergeet elke wettige wapeneienaar se volle besonderhede van adres, wapens en kluis, is in die polisie se rekenaar sisteem. Wie se die inligting word nie beskikbaar gestel aan kriminele elemente nie?

Desire ·

Woow! Ware woorde wat niemand nog genoem het sover ek weet nie

Saartjie ·

En beter kon ek dit nie gestel het nie! “Hulle” weet alles van ons…..dis waar die inside jobs begin….mens dink nie daaraan nie. Bewapen jouself…dit beteken stel jouself bekend aan “hulle” laat mens noggal dink…

Verbaas ·

Ek is verbaas dat daar net ‘n pikkop was en geen piksteel?

anton ·

Mense hou op om julle wapen in die kluis te bere.
As jy dit nie by jou dra nie, steek dit weg op n plek wat niemand dit maklik sal vind nie.
Ek ys elke keer as ek lees hulle het die wapens gesteel want so kry hulle meer en meer wapens wat hulle teen wittes gaan gebruik!!!

wickus ·

wat my onstel is ,hulle het nie n vuurwapen gehad en nou het hul een !!!

Theresa ·

Ook sommer dadelik die inwoners na die boonste verdieping geneem – dit klink soos die normale doen en late van ‘n werker wat uitpraat vir ‘n geldjie. Hoop die mense herstel gou en dat die kriminele gevang word.

afrikaans ·

Regtig!!!!!!!!!!!!!!!!! gebeur oor en oor. President Zuma u is mos nie blind of doof nie.. Kinders moet elke keer…. miljoene keer deur hierdie gemors gaan. Ons almal moet elkekeer gaan vir Sielkundige hulp…ek persoonlik voel dat die Sielkundigers onder die minister van Gesondheid se aandag moet bring…….hopenlik sal dit ook ‘n klein bietjie help. Almal se wiele is so pap. Ons kinders lewe in ‘n land van moor en moor en moor. Skande, Skande, Skande, Skande

ROOF ·

Nou moet ons weer dankbaar wees dat die gesin niks oorgekom het nie en NET al hulle waardevolle artikels oorhandig het want ROOF is mos eintlik die motief, so as hulle kan STEEL is hulle happy. Dankie vir al die professore en ondersoekspanne wat alle aanvalle as ROOF afmaak, so bly hierdie een was net ROOF.

Susanna ·

My dogter en haar man imigreer binne 2 maande na Australia. Ek was aanvanklik teleurgesteld en kwaad vir hulle….. nou is ek verlig dat my kinders uit SA gaan waar die gewelds misdaad daagliks toeneem. Dit is ‘n daaglikse stryd om net veilig deur die dag te kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.