’n 66-jarige vrou is gewond toe drie gewapende mans Dinsdagoggend by ’n melkboerdery op ’n kleinhoewe naby Randfontein toegeslaan het. Die mans het hulself as kopers voorgedoen wat suiwelprodukte wou koop.
Volgens Mac van Zyl, operasionele bestuurder van EPR Sekuriteit, het drie mans omstreeks 11:50 die kleinhoewe in die Middelvlei-omgewing, betree. Suiwelprodukte word daar direk aan die publiek vanuit ‘n winkel verkoop.
“Hulle het die huis betree en die werkers asook die huiseienaar en sy vrou in die huis oorval. Hulle het ’n vrou oorrompel en in die regterarm geskiet,” het Van Zyl gesê. Die vrou is glo ná die rooftog na ’n hospitaal in Krugersdorp geneem.
Hy sê dit is nog nie bekend hoe die aanvallers die huis betree het nie.
Volgens kapt. Mavelo Masondo, woordvoerder van die polisie, het die verdagtes met verskeie items van die toneel gevlug. Hulle het onder meer kontant, twee vuurwapens en juweliersware gebuit.
Voor hulle kon vlug, het die huiseienaar se seun by die huis opgedaag. ‘n Skietgeveg het tussen hom en die rowers uitgebreek. Masondo sê een van die verdagtes is tydens die skietery in die bors gewond en het op die toneel gesterf.
’n Paniekknoppie is deur een van die inwoners gedruk en die EPR-sekuriteitsmaatskappy is onder meer geaktiveer. Die sekuriteitsmaatskappy het saam met lede van die publiek en plaaslike buurtwagte die oorblywende aanvallers agternagesit.
Van Zyl en Masondo het gesê een verdagte is in hegtenis geneem en een het weggekom. Daar is ook glo op vuurwapens beslag gelê.
Volgens Masondo word ‘n saak van huisroof, poging tot moord en moord ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Hoekom is rowers in aanhalingstekens? Was hulle rowers, of nie?
Ek wonder net hoekom is hulle so konstant bang vir die minderheid dat hulle almal wil dood hê? Dit wys jou mos ons kry iets reg wat hulle nie kan verdra nie. Ons is dan so min ons behoort mos dan geen impak meer te maak nie. Omdat ons hard werk werk laat ons hulle heeltyd sleg lyk, dit is al waaraan ek kan dink.
Ai, altyd die sagte teikens……hoekom haar skiet, en moenie vir my sê dit was vir die arm gemik…… Wys jou, lafaards….. Hoop die tannie genees gou.
Sterkte