Rowers slaan toe op Oos-Rand-polisiestasie

Argieffoto

Vier polisiebeamptes is in ’n aanhoudingsel toegesluit toe ʼn polisiestasie in Eden Park in Alberton aan die Oos-Rand Donderdag in die oggendure beroof is.

Kapt. Lesetja Mathobela, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 00:30 plaasgevind.

“Vier polisiebeamptes, almal vroue, was aan diens toe twee mans by die stasie ingeloop het en gemaak het of hulle hulp verlang,” het Mathobela gesê.

Volgens Mathobela het een verdagte toe oor die toonbank gespring en ʼn beampte met ʼn mes gedreig en die kluis se sleutels geëis. Hy het haar na die kluis geneem waar hy een R5-geweer en twee magasyne gesteel het.

“Die twee het toe drie van die beamptes in die aanhoudingselle toegesluit en in ʼn voertuig van die toneel gevlug. Die ander beampte het onder ʼn tafel geskuil en kon daarin slaag om die beamptes te bevry en alarm te maak.”

Volgens Mathobela is daar ʼn vermoede dat die twee in ʼn wit bakkie van die toneel gevlug het, maar dit kan nie in dié stadium bevestig word nie. Hy sê deskundiges is tans besig om die toneel te fynkam vir leidrade.

Niemand is tydens die voorval beseer nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Nossob ·

Dis belaglik. Dalk moet die polisie iemand aanstel om hulle op te pas????

Reg eie hande ·

Dan wonder mense hoekom gemeenskappe reg in ei hande neem. Die polisie kan nie eers hulle self beskerm nie.

gatiep ·

Die polisie sal maar security moet kry om hulle op te pas.
Dis so moeilik om te glo dat so iets moonlik is eat gebeur het.

Eish ·

Tragies!
Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.
Die dames is dan lankal ge-emansipeer om n man se werk te doen, dus maak dit die skande presies dieselfde.
Hierdie uitrafeling van die gemeenskap en strukture is uit en uit n leierskapsprobleem. Iets waaraan die huidige meerderheidsregering mank aan gaan.

Matt ·

Hier word ‘n rot geruik. Vier beamptes word deur twee rowers, een wat met ‘n mes oor die toonbank spring en een beampte neem om die kluis oop te sluit. Die ander rower bly dus agter saam met die drie ander beamptes. Drie word in die aanhoudingselle toegesluit en later deur een gered wat onder die lessenaar wegkruip???? Wanneer het die een beampte die ander rower ontglip om onder die lessenaar in te kruip en was die rowers so onnosel dat hulle vier aantref en net drie toesluit? Wonder maar net!!!

Veronica ·

Matt . . . ons benodig mense soos jy in die Polisie beslis!
Puik opsomming van verdagte omstandighede!!!!!

grantb ·

Matt, dalk het die een beampte al klaar aan die slaap geraak onder die lessenaar toe skrik sy wakker. Lol

Callie ·

3 opgeleide polisiemanne word deur 1 ou met n mes aangehou. Polisie was seker nie gewapen nie of moontlik te bang vir die gevaarlike man met n mes. Siestog. Hoop daar is berading gereel vir die trauma waardeur hulle is

Gina Goosen ·

Was julle daar? Moenie so vinnig wees om te oordeel nie, veral as julle nog nooit in die skoene van ‘n polisie beampte gestaan het nie. Jy weet nooit wie is die kliënt en wie is die booswig nie…

kas ·

Ag natuurlik,vier polisiebeamptes met vuurwapens en een boef met ‘n mes en hy oorrompel al vier Drie word in die aanhoudingsselle toegesluit en die een nie.Duidelik moes sy die ander bevry na die booswigte weg is.Was dit nie so beplan nie

De Villiers ·

Dis jammer om te sê, maar die kriminele is lankal nie meer bang vir die polisie nie omdat hulle hande ‘afgekap’ is en SLEGS geweld mag gebruik indien hul lewens in gevaar is. Boonop het kriminele meer reg as die slagoffers indien hulle gevang word, en hulle weet dit. Daarom dat sulke goed gebeur.

Abel ·

Teen 00:30 moes die arme rowers seker eers die polisie wakker maak voordat hulle kon voortgaan met die roof.

Koos B ·

Abel ek dink die berig moes dalk gelees het aan die slaap en nie aan diens nie.

Benita Swanepoel ·

Met die traagheid en laksheid van die polisielede in Polisiestasies is dit geen wonder hulle kan so maklik oorrompel word nie.

Faan ·

Met ons nuwe brandstof pryse kort hulle seker nog uniforms en wapens om die brandstof trokke te beroof.

GM ·

Ai, daar is altyd díe wat nou nog sal opkom vir als en almal! Nee, ons was nie daar nie, maar ons het genoeg grysstof gekry om te kan redeneer! Dit kom voor asof een beampte doelbewus buite gelos is sodat sy vir die ander drie kon oopmaak nadat die diewe weg is. En soos ek gesê het, vier dames wat elk bewapen is met ‘n dienspistool, versus twee mans met messe? As dit twee dames versus vier mans was, was dit ‘n ander storie.

Carel Delport ·

Dis werklik ‘n lagwekkende kommentaar op die sosiale stand van ons gemeenskap.
Daar is vier polisievroue aan diens.
Booswigte is so min bang vir hulle, het so min respek vir ons geregsdienaars dat net twee doodluiters dit waag om ‘n polisie stasie te roof en met gewapen met ‘n mes.
@Matt die rot wat jy ruik is algehele onmenslike luiheid van die polisiediens en ineenstorting van enige poging om reg toe te pas.
@Gina Vier polisie beamptes word met ‘n mes geroof deur twee skelms waarvan net een met ‘n mes bewapen is? Daar is niks om.oor te spekuleer nie. In die 1980s sou booswigte dit nie eers gewaag het nie.
Gaan ek die een wees wat die olifant in die kamer identifiseer?
Dat die goed onder rasse meerderheids regering begin gebeur het.

Stoffel ·

Dis komies, maar tragies. Voor die einde van die week gaan daardie R5 gebruik word in nog ‘n rooftog met nog onskuldiges in die spervuur.

Andre ·

Polisie is useless net soos die res van die politiek in die land, ek bel hulle nie eers meer nie want my security company is baie beter opgelei en reageer baie vinniger.

wilma ·

Ek het verneem dat ‘n mens tussen 24h00 en 03h00 op jou lekkerste slaap!

kas ·

My vraag is net dit,gaan hulleself die vuurwapen gebruik of word dit verkoop aan transitorowers?Kan kringtelevisie by polisiestasies nie geinstaleer word nie.

cor ·

Huh die skelms is nie bang vir die polisie nie kom roof hulle sommer net so.wat het geword van vrees en respek vir n polisieman of vrou. Dit se baie van n eens geresepkteerde mag. Ek is seker die dames het geslaap toe hulle oorval is, dit is duidelik met die een wat onder die tafel weggekruip het.

DS ·

As ‘n polisiebeampte MET ‘n pistool onder die tafel moet wegkruip vir ‘n persoon wat net met ‘n mes gewapen is dan moet jy WEET daar is ‘n probleem. Polisielede was 4. Skelms was 2. Polisie 4 pistole. Skelms 1 mes. Hoekom hom nie van onder die tafel geskiet nie? Of het sy getwyfel aan haar eie skietvermoë? Te veel vrae te min antwoord. Al wat ek dink is dis moeilik om te reageer as jy uit ‘n diep slaap gewek word.

Werner ·

Hoekom net die R 5 roof en nie sommer die 4 pistole ook nie. Al die beamptes word mos met vuurwapens uitgereik……of dalk het hulle nie gekwalifiseer om uitgereik te word nie soos die meer as ‘n duisend in die Wes-Kaap wat onbevoeg is en nie die assesering geslaag het om ‘ n vuurwapen te gebruik nie. Baie oud Polisiemanne wou so ‘n jaar of wat teruggeggaan het toe daar geadverteer was om oud SAP lede herindiens te neem. Al die nodige dokumentasie en onderhoude was voltooi ens. Die belofte was nou ” alles is reg. Nog net medies voltooi en ons is so te se in. Na ongeveer 2 jaar later nog geen woord nie. Net speletjies om oud lede besig te hou met snert. Die wat bevoeg is word nie gesoek nie, Veral die met jare se ondervinding. Net nog ‘n BEE oefening om werk te verskaf. Nie ‘n roeping meer nie. Daar is nog bevoegde beamptes wat ” Blou bloed” het., maar die res…..nouja….dit spreek vanself.

Penellope Jones ·

Waar is die stem van die regering in al hierdie kriminele gebeurtenisse?
Hulle het totaal beheer verloor oor net mooi alles.

EH Andrione ·

Cele hoe gaan jy misdaad bestry as vier polisie manne met een mes gedruig word sonder dat een van hulle iets kon doen om dit te keer .misdaad sal bly hoogdy vier onder jou usless mag,

Gerhard Bezuidenhout ·

Hulle is oorrompel terwyl hulle geslaap het finish en klaar, Hulle is vier gewapende polisie en een boef met n mes raak hulle baas. Ja en die maan is van kaas gemaak.

Grant ·

The other one was hiding under a table, how can you become a officer if you are scared to protect your society?

Hanna Hoekom ·

Maklik om mense te oorval wat vas aan die slaap is… Hulle slaap selfs helder oordag so oop en bloot in die polisiestasies! Glad nie verbaas nie.

Eish ·

Foutjie, die gewapende reaksie van sekuriteit errste, daarna SAPS vir admin.
Bel nie eens sekuriteit nie, druk paniekknoppie.
SAPS slegs benodig vir eerste aangifte van misdaad nommer vir versekering.
3 gewapende rooftogte en 5 inbrake in 10 jaar, ek weet.

Buffalo Bill ·

Unique to South Africa : always take a knife to a gunfight.

GM ·

Lerato, JY het dalk jou werk reg gedoen. Kan jy dieselfde sê van AL jou kollegas? Sou jy ook onder ‘n tafel gaan wegkruip het en net niks gedoen het nie? Onskuldige lewens gaan nou weer verwoes word met daardie aanvalsgeweer, en almal moet net stilbly oor onbevoegtheid? Ons het eenkeer die polisie gebel om ‘n geval te probeer aanmeld waar ‘n swartman na ons aangehardloop gekom het, en gesmeek het om hulp. Hy is aangeval gewees, sy kop oopgekloof. Ons moes die pleknaam ‘n paar keer spel vir die siele wat die foon geantwoord het. Hulle het nie ‘n idee gehad waar Deneysville is nie. Nie eers bekende plekke wat naby is nie. Needless to say, die man het weggehardloop en die polisie het nooit opgedaag nie. So gaan ek hul bel as ek in nood verkeer? Nee. Sal ek stop as hul my probeer aftrek? Nee. Leer ek my kinders om polisiemanne/vroue te vertrou? Nee, ek kan ongelukkig nie dit doen nie. Want daar is TE VEEL kriminele in die mag. Ons almal besef daar is nog goeie polisiemanne/vroue, wie se werk hul trots is. Vir daardie handjievol, saluut ons. Die res mors ongelukkig belastinggeld.

Lerato ·

Die vraag is GM, hoekom het jy nie die beseerde man hospitaal toe geneem nie?

Slotsom ·

Die twee “rowers” is hulle tjommies en hulle het die R5 vir hulle GEGEE. Hulle is almal kop in eeen mus.

JoeV ·

Klink nogal goed beplan, hulle sal moet sekuriteit kry daar jong!

Pierre ·

Ek dink die polisie het gesien dit gaan n mes fight wees, en hulle het nie messe nie. Toe gee hulle maar oor. Maak vir my sin!!

B ·

En nou wil hulle hê as jy nie in tyd jou vuurwapen lisensie hernu nie. Jy jou vuurwapen by die polisie moet inhadig. Maak dit net makliker vir die klomp om gratis vuurwapens te kry om hulle misdade te pleeg.
Weereens meer voorreg en reg vir die wat dit nie toe kom nie.

Andre Kruger ·

Die rowers moet bietjie wag….binnekort kom daar nog ‘n besending van 300000 vuurwapens.

Wonder nogal hoe? ·

Net gister het die Grondwethof beslis dat wettige eienaars van vuurwapens wie se lisensies verval het dit moet gaan inhandig by die SAPS. Die doel hiervan is glo om SA en sy mense te beskerm teen onwettige vuurwapens.

Die bostaande artikel boesem nou nie juis enige vertroue by my in dat die hof hulle doel gaan bereik nie. Die verskynsel van aanvalle op polisiestasies om vuurwapens te roof gaan deur die dak skiet! Geen wysheid in enige van ons regering se besluite nie. Verbaas my glad nie want wysheid begin met die dien van die Here, iets wat hierdie regering nie doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.