Rowers slaan toe op plaas naby Gravelotte

(Foto: Heritage Protection Group/Facebook)

Twee plaaswerkers is Woensdag in die Gravelotte-omgewing in Limpopo oorval toe vier rowers op die plaas toegeslaan het.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê die werkers is oorrompel waarna drie van die verdagtes na die hoofhuis is waar hulle vuurwapens op die plaaseienaar en sy vrou gerig het.

Die verdagtes het kontant, selfone en skootrekenaars gebuit. Daar was geen wapens in die kluis nie, het Müller gesê.

Na verneem word, het die rowers se wegkommotor onklaar geraak nadat hulle op die plaas weg is, en hulle het te voet verder gevlug. Die motor is verlate in die omgewing gevind. Lede van Heritage Protection Group het die vermeende aanvallers se spore nagenoeg 25 km ver gevolg en alle leidrade wat hulle kon insamel aan die polisie oorhandig.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie in Limpopo gerig en wag op terugvoer.

  • Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Prikkie ·

Nou wanneer, o wanneer, Gaan my dear fellow President iets hieroor sê??

Alet ·

FLM – FARMERS LIVES MATTERS
BLMS – BOERE LEWENS MAAK SAAK

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.