Rowers slaan toe op Potch-egpaar

gauteng-rooftogte

Argieffoto.

Die Potchefstroom-polisie is op soek na drie gewapende mans wat Dinsdagaand ʼn egpaar in hul huis in die dorp aangehou en van onder meer Kruger-munte beroof het.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het Donderdag aan Maroela Media gesê die egpaar was besig om televisie te kyk toe drie mans omstreeks 21:30 op hul huis in Bailliepark toegeslaan het.

“Die mans was met vuurwapens gewapen en twee van hulle het klapmusse gedra. Hulle het die 49-jarige man en sy vrou se hande en voete met toue vasgebind, en hulle gedwing om toegang tot die kluis te bekom.”

Die rowers het gevlug met twee vuurwapens, twee skootrekenaars, Kruger-munte, juweliersware, kontant, ʼn Nixon-kamera en twee Samsung-selfone.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Mokgwabone het gesê geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat hulle in hul ondersoek kan bystaan. Skakel die Potchefstroom-polisiestasie by 018 299 7477.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

m ·

Die huisbediende kan ook ma hier ondervra word. Interessant dat die mense weet van die kluis………………. wonder ma net.

Jakoba ·

Ek stem saam met jou M. Hoe het hulle geweet daarvan. As hulle ‘n huishulp het, kyk na haar, dit is duidelik soos daglig.

Z ·

Ken die mense nie persoonlik nie maar het gehoor toe hulle gister van die voorval praat, die man het gese hulle was baie senuweeagtig en het hulle gevra waar als is, het nie automaties geweet nie, so dit help nie om net blindelings vingers te wys nie

Oupoot ·

Hulle vrae elke keer vir die damn kluis en as jy nie een het nie wil hy jou famiekie skade aanrig. Dis nie altyd n “inside job” nie

Michael ·

Sjoe 21:30 is my alarm geaktiveer vuurwapens gelaai en gereed elektriese heining aangeskakel buite beams geaktiveer cctv kameras getoets …is dit nie maar die roetine sodra dit donker word vir ‘n redelike persoon in die piesang republiek nie.??

Ronnie ·

Gepraat van: Kan Maroela asseblief vir ons die saak opvolg waar daar verlede jaar in ‘n huis in Viginia ingebreek is en die rowers slegs die Krugermunte gedêps het? Onthou julle dit nog?

Connie ·

“Gedêps” sê jy. Lanklaas daai een gehoor. Lekker man.

Candice ·

Net so dankbaar niemand is dood gemaak en verkrag nie.

Dankie Liewe Heer baie dankie.
Sterkte aan die man en vrou.

Bob ·

Net ‘n vraag van regsimplikasie. Moet dit nie ‘n saak van gewapende huisroof, poging tot moord en aanranding wees nie? As jy ‘n vuurwapen op iemand rig, al betree iemand jou erf of plaas, word jy gearresteer vir poging tot moord. Huisroof maak die saak af asof dit iets ligteliks was.

Jan ·

As jy sulke waardevolle items by jou huis het, kry liefs nog ‘n klein kluis en steek hom (en sleutels ) GOED weg.

Gesie ·

Dit is ‘n TAKTIEK wat hulle gebruik om te vra waar die kluis is!!! Het soortgelyke geval gehad so paar jaar terug en het nog nooit ‘n bediende gehad nie. Eers as hulle klaar gesnuffel het tussen al jou goed en sien daar is nie ‘n kluis nie dan plunder hul verder.

Sputnik ·

In Pretoria is twee mans (daar’s sekerlik baie meer) in ‘n wit BMW 1-reeks met GP-registrasienommer bedrywig – waarskynlik vals, maar ek kon dit ongelukkig nie sien nie. Die bestuurder is kort en lomp-oorgewig. Hulle lyk soos hul skaduwees. Hulle is gewapen.

Michael ·

Sputnik hulle is swart,nie nodig om ander woorde te gebruik nie daar is wit swart en geel mense in Suid-Afrika en dit is hoe dit is.

Tina du Toit ·

Mens kan altyd die Here dank niemand is verkrag of dood gemaak nie, want hulle moor net wat voorkom. Ek het `n kluis, maar hy is leeg. Ek dink die aanvallers wat gehol het, het gedink dit was `n booby trap, en het nie verwag daai kluis gaan skiet nie. Sterkte aan die egpaar.

ann ·

2of 3 kluise is essensieel in hierdie dae. 1 “redelik opsigtelik” en ‘n 2de een goed versteek waar net huiseienaars van weet. My familie was in huisrooftog, 1e kluis met juwele “gewys”. 2 de kluis met wapens nie gevind. Ons bewapen misdadigers deur onnadekendheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.