Rowers slaan toe op PTA-winkelsentrum

Foto: Best Care ambulansdienste / Foto: Facebook

Foto: Best Care ambulansdienste / Foto: Facebook

Die polisie het Donderdag ʼn beroep gedoen op mense om op die uitkyk te wees vir ʼn wit bakkie nadat ʼn gewapende rooftog omstreeks 13:00 by Mayville Mall in die noordweste van Pretoria plaasgevind het.

Kapt. Bonginkosi Msimango, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê ses verdagtes het die eienaar van die Vodacom-winkel in die sentrum oorrompel en in die stoorkamer in gedwing.

“Hulle het ʼn aantal selfone, slimfone en tabletrekenaars gesteel,” het Msimango gesê. Die winkeleienaar is tydens die voorval met ʼn geweer oor sy kop geslaan en het geringe beserings opgedoen.

Die rowers het skote afgevuur terwyl hulle van die toneel gevlug het, en ‘n lid van die publiek is in die been geskiet. Die polisie ondersoek ʼn saak van roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Msimango het mense gevra om op die uitkyk te wees vir die wit enkelkajuit Toyota Hilux-bakkie met die registrasienommer BV28BJGP. Mense wat die voertuig opmerk word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.