Rowers slaan toe op sekerheidsmaatskappy in Pretoria

(Foto: Fidelity Services Group)

Twee veiligheidswagte is beseer toe ’n groot groep gewapende verdagtes Saterdag in die vroeë oggendure op Fidelity Services Group se fasiliteit in Pretoria toegeslaan het.

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die maatskappy, sê die verdagtes het ’n beperkte bedrag kontant gebuit voordat hulle op die vlug geslaan het.

“Hulle kon nie toegang tot die kluisgebied verkry nie. Ons gaan tans al ons beeldmateriaal in samewerking met ons gespesialiseerde intervensie-eenhede en die Suid-Afrikaanse Polisiediens na.”

Bedrywighede by die betrokke fasiliteit is vanoggend weer hervat.

Bartmann doen ’n beroep op mense om enige inligting rakende die voorval by Fidelity of die polisie aan te meld.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis mos weer “silly season” pffft ek hou niks van die tyd van die jaar nie!

Andréas ·

“Inside job” mnr Bartmann? Hoe weet rowers wat, waar en wanneer? Geen, selfs die domste, rower kan Fidelty se fasiliteit op die ingewing van ‘n oomblik as opportunisties beskou nie…

Atta ·

Jip, Kersfees is alweer om die draai. Skelms soek ook bonusse…

Hennie J ·

Ek is geskok dat die gerekende kenners van sekerheid in piesangland se maatreels van so n power aard is dat iemand dit selfs sal waag om n aanval aldaar uit te voer en, om die minste te se ,ook daarmee weg te kom. Al was dit n inside job, dit moes nooit gebeur het nie en dit dui op laksheid van bestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.