Rowers slaan toe op twee Limpopo-plase

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie in Limpopo is op soek na gewapende rowers wat binne twee dae op twee plase aan die buitewyke van Polokwane toegeslaan het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn onbekende aantal rowers het Donderdag omstreeks 22:00 plaaswerkers met vuurwapens aangehou en van geld en selfone beroof.

Die verdagtes het ʼn venster van een van die werkers se kamers waar twee kinders, onderskeidelik agt en 12 jaar oud, gelê en slaap het gebreek en het in die vertrek losgebrand. Albei kinders is gewond.

“Hulle is daarna na die hoofhuis waar hulle die inwoners ook van geld en selfone beroof het,” het hy gesê.

“Die verdagtes het van die toneel gevlug. Die polisie en nooddienste is ontbied en die twee kinders is na ʼn hospitaal geneem.”

ʼn Dag tevore het ʼn bende rowers ook ʼn 68-jarige vrou op ʼn kleinhowe langs die N1 by Kareebosch buite Polokwane in haar huis oorrompel. Volgens Mojapelo het die groep rowers Donderdag omstreeks 22:00 toegeslaan.

“Hulle het haar met ʼn mes gedreig en haar met kabels vasgevind.

“Die verdagtes het die huis geplunder en die slagoffer van ʼn plasmatelevisie, gasbottel en stoof beroof. Hulle het daarna gevlug.”

Mojapelo het gesê die slagoffer het haarself losgewikkel en die gemeenskapspolisiëringsforum laat weet, wat die polisie ontbied het.

Genl.maj. Jan Scheepers, waarnemende polisiehoof in Limpopo, het opdrag gegee dat ʼn span polisielede saamgestel word om die verdagtes op te spoor.

Niemand is nog in verband met die aanvalle aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

En soe gaan dit dag na dag, week na week, maand na maand, jaar na jaar. Asseblief moenie Ramaphosa nou pla met die nonsens nie. Hy geniet ‘n laat more onbyt!

Adeline

Ekke wonner nou net…. As dit wit mens was wat swart mense aangeval of vermoor het … hoe ernstig daar na die moordenaars gesoek sou word deur wie ookal in die regering en SAPD ens? Volgens die Skepper wat als geskape het – is die natuur van ‘n boom onveranderbaar en kan dit nie in ‘n hond of muis verander word nie. Nou daar is alle volke tale en nasies wettig en onwettig in die land ons geboortegrond en reg om te leef volgens die Skepper se Woord en die land se hoogste gesag nl die grondwet. ‘n Moordenaar, dief,… Lees meer »

Annette

As die SAPD maar net wil ophou soek wie hul kan terroriseer oor sigarette en begin doen wat hulle veronderstel is om te doen! Die situasie in Suid-Afrika is onaanvaarbaar! Wetteloosheid, moord, roof, noem maar op – terwyl landsburgers veronderstel is om kastig ‘n grondwetlike reg tot veiligheid te hê! Ek is siek en sat om te hoor van covid-19 terwyl ons land in soveel opsigte besig is om ten gronde te gaan, plaasmoorde en plaasaanvalle word maar terloop genoem. Dis tyd dat dit stop!! Ek hoop dat hierdie rowers aan die pen sal ry en behoorlik gestraf sal word.… Lees meer »

Nick

Ag hou tog op om ander te blameer vir die wittes se slapgat houdings,ons aanvaar alles net. Niks beter as die EFF OF DIE ANC nie!!!! Ons eie mense word vermoor soos vliee en nog staan die blankes op,elkeen op sy eie mishoop!!!! Ek is skaam om n Afrikaner te wees want al wat die goed kan doen is ander te blameer vir die nonsens wat die ander aanjaag. Dit laat my dink aan die lafhaards wat so paraat opgespring het met Bok van Blerk se Gen. De Larey liedjie! Hand op die hart en sing uit volle bors maar… Lees meer »

Kanjynoumeer

Ek stem saam Nick.

Boere is mak en slapgat.

Maklike, sagte teikens. Plaasaanvalle en moorde gebeur mos net met ander mense. Dit is tyd dat ons boere self wakker skrik!!!