Die polisie in Limpopo is op soek na nege swaargewapende rowers wat Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn vulstasie in Phalaborwa toegeslaan het.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 by ʼn vulstasie in die Phalaborwa-sakesentrum gebeur. Volgens Ngoepe het die verdagtes, wat met pistole en AK47’s gewapen was, in ʼn blou BMW-voertuig by die vulstasie opgedaag.
Hulle het werknemers en veiligheidswagte by die vulstasie opdrag gegee om op die vloer te lê terwyl hulle probeer het om die kluis met ʼn skerp voorwerp oop te dwing. Hulle het daarna ʼn ploftoestel gebruik om die kluis mee oop te blaas.
Volgens Ngoepe het die rowers een van die klante se Golf GTI gekaap en met dié voertuig, twee vuurwapens wat aan die vulstasie se veiligheidswagte behoort het en ʼn onbevestigde bedrag kontant op die vlug geslaan. Die Golf GTI is later ʼn ent van die toneel verlate gevind.
“Die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat die BMW-voertuig wat tydens die rooftog gebruik is, vroeër in Tzaneen gekaap is,” het Ngoepe gesê. Die nommerplaat van die BMW is FX 96 XJ GP.
Ngoepe het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, om brig. James Espach by 082 576 0743 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel. ʼn SMS kan ook na 32211 gestuur word.
Maar net nog ‘n gewone dag in Suid Afrika. Gaaaaap!
Yo. Nege in een sedan? Met gunne? Tight fit…
Daar was vroeë jare ook busse wat vergelyk is met die hart van ‘n goeie mens, nl. dat daar altyd plek is vir nóg een. Dié busse lyk my is nou deur Quantums en BMW’s vervang, seker meer luuks en vinniger vir die fynproewer?
In so ‘n geval sal dit baie help indien die polisie sou meld wat die beloningsbedrag is.Dit hoord ‘n aardige bedrag te wees vir die spesifieke rooftog waar aanvalsgewere gebruik is.
Die beskrywing van die rowers is te vaag om die polisie te help as julle nie beter beskrywings van die verdagtes wil gee nie hou op vra om die polisie te help met inligting.
Mafialand.
Glo nie hulle sal hulle kry nie……..polisie soek nie hard genoeg nie. Robin Hood geval……polisie sorg vir die agtergeblewenis.
Wow dis mos hoe n mens jou man moet staan!