Rowers slaan tweede keer op Despatch-slaghuis toe

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Soektog is van stapel gestuur na drie gewapende rowers wat Dinsdagmiddag ʼn slaghuis in die Oos-Kaapse dorpie Despatch beroof het.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het gesê die rooftog het omstreeks 13:30 by ʼn slaghuis in Bothastraat plaasgevind.

“Drie verdagtes, wat met vuurwapens gewapen was, het die slaghuis ingestorm. Een van die verdagtes het twee winkelassistente met ʼn vuurwapen aangehou, terwyl die ander mans die slaghuis geplunder het,” het Nkohli gesê.

Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag geld in ʼn wit en beige Corsa, met Gauteng-nommerplate, van die toneel gevlug.

“Dieselfde slaghuis is verlede week op ʼn soortgelyke manier beroof. Die polisie is warm op die spoor van die verdagtes in die eerste rooftog,” het Nkohli gesê.

Die polisie ondersoek ʼn sakeroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Grootmaatskappye ·

Groot maatskappye wen by misdaad soos hierdie, want hulle kan sekuriteit bekostig. Klein besighede kan nie sulke streng sekuriteit bekostig nie. Ek dink baie groot maatskappye i8n die land sit agter die misdaad.

Biera ·

Nee wat, mense het heeltemal die kluts kwyt geraak as hulle beweer dat groot maatskappye agter die misdaad op ‘n klein slaghuis in Despatch sit. Dit gee mens ‘n idee hoekom die land is waar hy is vandag. Nou lekker gelag, dankie.

Skepties ·

Die skrywer bedoel nie die spesifieke geval nie maar SA in algemeen. Jy weet seker hoeveel geld groot maatskappye maak uit uitermatige regulasie wat klein besighede letterlik doodmaak, en uit misdaad in die algemeen.

Wollie ·

Vleis is so duur, mens sal dink hulle sal n paar fillette ook saam gevat het

kas ·

Op soortgelyke wyse beroof.Hoekom kry ek die idee dit kan dieselfde rowers wees in beide die gevalle.Dit is nie aldag dat jy hoor van ‘n slaghuis wat beroof word nie.Kan dit opposisie wees wat jaloers is en die rowe beplan het om die mense te dwing om te verkoop.Dit is net bespiegelinge van my kant af.

Kleintjie ·

Dit het al baie gebeur, van internetresensies wat swak is tot diefstal tot selfs moord, van jaloerse kompetisie tot mense wat die grond of eiendom teen ‘n laer prys wil bekom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.