Rowers stamp bebloede man op sy vrou

Jack en Babsie Smit. Foto: Verskaf

Jack en Babsie Smit. Foto: Verskaf

Babsie Smit (78) moes haar seun Riaan Venter vroeg Vrydagaand paniekbevange ontbied nadat twee mans haar en haar man in hul huis in Welkom, Vrystaat met ʼn panga en messe aangeval het.

“My kind kom huis toe, ons is aangeval en ek dink jou pa is dood,” het Smit aan haar seun gesê. Venter het dadelik sy winkel gesluit, en na sy ouers se huis gejaag terwyl hy ʼn vriend in die polisie gebel het.

Toe hy saam met die polisie daar aankom, het hy sy bebloede ma geskok in die eetkamer aangetref. Sy pa Jack (ook 78 jaar oud) het in ʼn plas bloed voor die televisie gelê. Hy was reeds dood. Sy gesig was erg vermink, en hy het verskeie sny- en steekwonde opgedoen.

Venter het Maandag aan Maroela Media vertel sy pa was besig met tuinwerk toe twee mans, wat klapmusse gedra het, hom buite die huis oorval en aangerand het. Jack is in die huis in gedwing, waar Babsie televisie gekyk het.

Jack was toe reeds vol bloed nadat hy met ʼn stomp voorwerp geslaan en met ʼn panga op sy rug gekap is. Die mans het Jack gestamp dat hy op Babsie val en toe geld van die egpaar geëis. Die mans het Babsie na die hoofslaapkamer gesleep en Jack vir dood agtergelaat. In die slaapkamer het hulle haar erg aangerand en met ʼn skerp voorwerp in albei haar skouers gesteek. Hulle het ʼn koffer met R2 000 gebuit, waarna hulle haar in ʼn kas toegemaak het. Hulle het in ʼn motor wat voor die egpaar se huis gewag het, van die toneel gevlug.

“Die hele aanval het seker sowat sewe minute lank geduur,” het Venter gesê.

Jack is op die toneel dood verklaar, terwyl Babsie na die Mediclinic Welkom geneem is vir verdere behandeling.

“My ma se lewe is buite gevaar, maar sy het nog baie pyn. Sy is baie hartseer oor my pa se dood en nog deurmekaar. Sy gaan vandag begin berading ontvang,” het hy bygevoeg.

Die egpaar was bykans 25 jaar getroud en woon al jare lank in Welkom.

Jack laat sy vrou, seun, en dogter Anthea Visser agter. Sy begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n saak van moord, poging tot moord en huisbraak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. “Mense met inligting wat die polisie met hul ondersoek kan bystaan, word versoek om ao. Piet Sehloho by 082 255 9682 te skakel,” het Thakeng gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

SNEL ·

My hart is soooo seer as ek hier lees; dit waardeur daai 2 arme ou mensies moes gaan en n seun wat moes aanhoor dat sy ouers aangeval is en dan nog die bebloede huis waarin hy moes stap en alles aanskou. Ai, so onnodig my hart gaan uit na hulle toe. Sterkte vir almal betrokke, mag die Here julle dra en krag gee.

anet ·

Die aanval het 7 minute geduur. Dit was’n wreede aanval, met die doel om te MOOR, te BESEER en te STEEL. Manne hoe lank gaan julle nog stilsit dat julle ouers,vroue,kinders,familie en vriende elke dag wreed aangeval en vermoor word?

My innige simpatie aan die kinders en die familie wat ‘n geliefde ouer verloor het. Babsie ons wens jou ‘n spoedige herstel toe. Ek wens ek kon al hierdie wreedheid, wetteloosheid en pyn in Suid-Afrika weg was met al my trane wat ek al gehuil het oor die ou mensies wat so verniel word. Hulle kan hulle self nie verdedig nie.

JR ·

@anet…. Wat bedoel jy met “Manne hoe lank gaan jul nog stilsit..” ? Wat moet ons Manne doen …. behalwe om paraat te wees en met die rewolver oorgelaai te slaap ?

Sonja Janse van Rensburg ·

My innige simpatie met hierdie familie. Die skok gaan dalk verby ma mens is nooit weer dieselfde na so iets nie. Ek weet want my 80jarige skoonma is wreed aangerand en geryp in haar huis in Volsrust 2 jaar terug. Ons almal is erg getraumatiseerd omdat ons nie oor die grudade teenoor die weerlose, dierbaarste mens kon kom nie. Ek huil oor elke mens wat so aangeval word. Ma Ria het kort na haar aanval beswyk en ons mis haar nog elke dag.

Hannes Rudolph ·

Dis tragies, iets sal moet gedoen word om ons mense te beskerm teen boewe soos daai. Ek vrees elke dag vir ons lewens, want ons is ook al aan die groot kant. Hulle is lafaards en kom altyd in groepe van 5 en meer.
En die tyd van die jaar is hulle besig.
Ons bid vir die tannie en familie.

Joey Combrinck ·

Dit breek my hart as ek lees hoe ons bejaardes aangeval , verniel, gemartel en vermoor word. As ek lees oor die intensiteit waarmee die plaasfamilies en bejaardes seergemaak , verneder en afgemaai word kan ek nie anders as om rasse haat daarin te sien nie. Die lafaards fokus op bejaardes wat nie hulself kan verdedig nie. Gebruik wapens soos panga’s en dan se die regering dit is gewone misdaad…..oom Jack en tannie Babsie Smit het mos geen kans gehad teen hul aanvallers nie. In teendeel geen mens het ‘n kans as jy onverwags gekonfronteer word met soveel wreedheid en geweld nie.

Theresa ·

So hartseer om dit te lees. Dis so wreed en so sinneloos. Dit gaan lankal nie meer oor die steel van items nie. Dis geheel en al ‘n bysaak. Dit is uit en uit nou net om te vermoor en te vermink. Hulle is dan hero’s en kry groot satisfaksie uit alles. Mag die Here julle en die tannie dra in hierdie vreeslike tyd.

anet ·

JR daar is baie wat gedoen kan word. Buurtwagte, leer selfverdediging en hoe om te reageer in ‘n noodsituasie vir die hele familie. Ken die polisiesektor se telefoonnommers wat patroleer in jou omgewing. Versteekte paniek- knoppies wat jy by jou dra.Videokamera’s wat foto’s neem. ‘n opgeleide kwaai hond in jou huis. 80% van die aanvalle is inligting wat oorgedra word bv bediendes(dalk jou bure se bediende) tuinjong ens of daar geld en vuurwapens in ‘n huis is

AJD ·

Dus so tragies. .. sterkte aan die familie. Hartseer tye! Ons moet almal saam werk, geweld het geen kleur, geslag, ouderdom ens. Baie staan daagliks geliefdes af aan geweld wat nie eens die nuus bereik nie. Dinge gaan erger word. Bly biddend en probeer saam leef en uit kyk vir mekaar. Ons het mekaar soo nodig julle sal nooit besef nie. … Haat gaan net dinge moeiliker maak en was nog nooit ‘n oplossing nie. Roep aan God as een nasie onverdeeld en dinge sal verbeter. …

boer ·

Die minste wat die barbare verdien is n lood pil,maar gee jy dit vir hulle, dan is jy die moordenaar.
jy moet mos eeers half dood geslaan en vermink word voordat jy mag skiet in hierdie land van ons

Lido Pellencin ·

Anet, ek stem saam met JR. Al die goed wat jy noem moet gedoen word deur die mense self. Maar jy maak ‘n “sweeping statement”, asof jy wil he ons moet die wapen opneem. Baie van ons HET die regte ding gedoen; ons het NEE gestem. Jy ook??

Patat ·

Dit is nie wat Anet gesê het nie. Lees haar tweede kommentaar. Misverstande is ‘n groot sondebok onder ons.

Mellesin Gerber ·

Vreeslik hartseer, ken Oom Jack & tannie Babs persoonlik. Kan nie glo hoe sulke dinge meer gebeur in ons land en al hoe minder word daaromtrent gedoen nie,, wanneer gaan dit stop.. Hoekom weerlose ou mense??? God slaap nie,, die oortreders sal hul dag kry..

Alet ·

Ja ek verstaan ook nie wat “die manne” nou moet doen nie. Dis sulke mense soos anet wat eintlik nie verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid aanvaar nie en dan stellings maak dat iemand iets moet doen. Elke mens moet vir homself verantwoordelikheid aanvaar.

Petrus Booyjens ·

Weet jy hoe moeg is ek en ek glo baie mense voel soos ek wit pienk pers ens,die regering doen abseluut niks om sy bergers te beskerm nie. Bou groot omheinings om hul woonings, ek as werkende man en daar is baie van ons kan dit eenvoudig nie bekostig nie. Waar is die sogenaamde apartheids jare waar ons tot wie weet water tyd in die stad kon rondloop,en veilig was,want toe het ons n polisie en weermag gehad wat ander lande gevrees het. Kyk hierdie lafaards val bejaarde mense aan wat nog glo hul is veilig op sy plaas. Skande anc regering, bring die doodstraf terug. Die Here se in Sy woord n regering moet sy burgers beskerm

mimi engelbrecht ·

as hierdie volk aanhou om hulself te beroep op mense se hulp en beskerming gaan daar nooit verlossing uit hierdie ballingskap kom nie. As ons aanhou met ons afgodediens en afguns opmekaar sal ons nie bevry word nie. Lees Esegiel en jul sal verstaan hoekom Hy sy gramskap op ons laat uitwoed.

snip ·

maroela hoekom is julle bang om my kommentaar te plaas. ek se weer, dagvaar die MRK

marianna ·

Wat n hartseer storie…ons regering heg GEEN waarde aan lewe nie…dan sou daar al lankal meer drastiese optrede gewees het…misdaad…steel…moord…dis ongelukkig waarin ons pragtige land verval…sterkte aan hierdie familie

marie mouton ·

Dit is werklik tragies en so onnodig. Bid dat die Here ons land genadig sal wees.

SNEL ·

Johan, om die Here te ken vrywaar geen een van pyn en lyding nie, maar deur jou situasies kom jy makliker met die Here aan jou sy. Die Here sê, Sy denke is nie ons denke nie, niks sal ooit sin maak op aarde nie, maar dis snaaks dat die Here ons uit stof gemaak het en al die minerale en alles wat jy in grond kry, kry jy in jou liggaam, self goud. So ons Here lewe en ons fokus is op die ewigheid, nie op die aardse probleme nie, Hy sal ons deur elke situasie krag gee. Jy het n Maker of jy dit like of nie. Hy ken jou en bestaan, al dink jy Hy is n klug, omdat jy nie glo nie, gaan Hom nie laat verdwyn nie.

Therese van Schalkwyk ·

Ek deel Anet(hierbo) se frustrasie en ek sal verduidelik waarom:

Dit wemel van ontstoke kommentare onderaan die onophoudelike stroom grusame berigte van wrede moorde op veral weerlose bejaarde blankes. Toe die ideale geleentheid hom voordoen met die Rooi Oktober-veldtog 2013 om in honderdduisende die wêreld se aandag op die onregte te vestig, het ‘n paar honderd met hul rooi ballonne opgedaag. Die flou verskonings wissel van ‘n weersin in Hofmeyr en Bridges, tot ‘dis nie in die Afrikaner se aard om te protesteer nie’. Die mees belaglike een is egter die stelling dat alle mense onder geweld deurloop, want teen hierdie tempo loop blankes as ‘n minderheidsgroep in SA die gevaar om uit te sterf.

Afrikaanse media bv, RSG, Volksblad, Beeld, Die Burger, Landbouweekblad en instansies soos Solidariteit en Afriforum het die veldtog vooraf bloot ignoreer, en agterna as taamlik belaglik afgemaak. Suid-Afrikaners in die buiteland het meer entoesiasme getoon, maar ek glo dit sal in die toekoms afneem. Die saak is oënskynlik nog nie ernstig genoeg om voor die sleutelborde op te staan nie.

Hierdie is in skerp kontras met die meer as 2 miljoen Spanjaarde in die noorde van die land wat sopas opgeruk het om solidariteit te toon.

Therese van Schalkwyk ·

Terloops, huishulpe, wat hulself dikwels deel voel van ‘n huisgesin se lief en leed, is met ope arms by die optogte verwelkom

anet ·

Dankie Patat, mense lees net die eerste paar reels, en val ‘n mens aan. Ek het net soveel reg soos enige ander mens om my mening te lug

Alet, ek kyk na myself, en het ook voorkomende reelings getref om myself veilig te hou en te beskerm. Ek weet nie wat jy bedoel met Ja en Nee stem nie. Ek was nie in daardie tyd van die Ja en Nee stemme gebore nie. Ek sal dit waardeer as jy vir my kan verduidelik van die Ja en Nee stem senario

As iemand ongelukkig in hulle self voel haal hulle dit ongelukkig uit op ander mense

JR ·

@anet. Hoe oud is jy…. dat jy nie weet van die Ja/Nee stem nie ? Dit is waar al die bollie begin het wat maak dat ons sit waar ons sit.

Annemarie Basson ·

Ding is net, jy moenie diere beledig nie. Hierdie vuilgoed is baie erger.

Draakridder ·

Janee die moordenaars is nie eers werd om diere genoem te word nie, arme diere!! Ek dink moordenaars kry darem die ergste plek in die hel, ek dink die straf wat hulle eendag daar sal vind sal geen mens uit kan dink nie en hulle sal dit so verdien! :) Hulle sal op hulle tande kners van spyt oor die moord dade wat hulle gepleeg het. Die arme mensies wat vermoor is weet ons darem nou ken nie meer dinge soos moord nie, net vrede en blydskap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.