Rowers teiken broodlorrie  

(Argieffoto bloot ter illustrasie)

Vier gewapende rowers het Dinsdag op ’n vragmotor wat brood vervoer in Kamesh in die Oos-Kaap toegeslaan.

Plaaslike polisiebeamptes het die rowers op heterdaad betrap en twee verdagtes in hegtenis geneem nadat dié te voet probeer vlug het. Die verdagtes is onderskeidelik 24 en 30 jaar oud.

Nóg twee het in ’n swart Ford Fiesta gespring en weggejaag. Dit is nie duidelik of hulle met gesteelde goedere gevlug het nie.

Volgens kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het die verdagtes wat aangekeer is ook geld in hul besit gehad wat vermoedelik tydens die rooftog gesteel is.

Die wapens en gereedskap wat gebruik is om die rooftog mee uit te voer, is ook nou in besit van die polisie.

Die polisie het egter nie aangedui watter wapens en gereedskap gebruik is nie.

Die mans sal na verwagting Woensdag in die Kariega-landdroshof op aanklag van gewapende roof verskyn.

Die soektog na die ander twee verdagtes duur intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nozi ·

Hul gaan loskom met die verskoning dat hul honger was en dan sal daar ook ‘n hof bevel wees dat ‘n jaar se brood voorraad aan die families geskenk word op ‘n daaglikse basis. LOL, lekker in die nuwe suid africa!!

Waarnemer ·

Was hulle nie dalk regtig honger nie?Wie weet wanneer laas hulle iets te ete gehad het danksy die ANC se hulp om werkloosheid te verseker in ons land.Die enigste land in die wereld waar die regering hul belofte nakom om jou te guarantee dat jy sal werkloos wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.