Rowers teiken glo kleuterskole in Centurion, Pta-Oos

(Foto: Gautam Arora/pixabay)

Die veiligheidsmaatskappy Fidelity ADT waarsku ouers wat hul kinders by kleuterskole in Centurion en Pretoria-Oos op- en aflaai om bedag te wees op rowers wat dit as ʼn kans sien om toe te slaan.

Leon Muller, distriksbestuurder van Fidelity ADT, sê in ʼn onlangse voorval het ouers buite ʼn kleuterskool gewag toe ʼn verdagte motor langs hulle stilgehou het.

ʼn Groep mans het uit die motor gespring en die handsakke van verskeie niksvermoedende ouers gegryp en van die toneel gevlug.

“Dit is opportunistiese misdadigers wat handsakke, selfone en ander waardevolle artikels steel,” sê Muller.

“’As enige ouer vermoed dat hulle deur sulke rowers geteiken word, moet hulle nie die rowers konfronteer nie, maar die polisie se noodnommer of ’n sekuriteitsmaatskappy kontak.”

Muller gee die volgende veiligheidswenke:

  • Wees ten alle tye waaksaam. Kyk wat in die omgewing gebeur en of daar mense in die straat stap.
  • Moenie buite ʼn hek wag tot dit oopgaan nie.
  • Moenie waardevolle items sigbaar vertoon nie.
  • Sluit handsakke, skootrekenaars en waardevolle items in die motor se bagasiebak toe.
  • Let op hoe die rowers(s) of hul motor lyk sodat jy ʼn volledige beskrywing vir die polisie kan gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Phillip ·

My suen se selfoon is ook op so n manier gegryp maar Auto & Geneeral se ek is nie lank genoeg by hulle nie en gaan moontlik die eis afkeer

Jolanda ·

Gee hulle aan by die Ombudsman vir korttermyn versekering indien die eis afgewys/gerepudieer word.

Ovelia ·

Is daar nie n ou v d taakmag wat kan toesig hou nie of een van diprivaat ouens wt in daai omgewing patrolie ry ni. Ek besef daar is kinders in di omtrek daarom kan hul nie net skiet nie. Wragtig iewers mut hoed en kie n plan maak of ons mut maar di rasse kaart op on wittes gooi

Tino ·

Lag ek nou lekker, bel die polisie se nood nommer… Regtig? Woon julle in Suid Afrika?

Die sekuriteits maatskappy is werklik ‘n bron van hoop wel

Lesly ·

Kry ‘n goedkoop handsak en plaas honde poef daarin. Laat dit opsigtelik op die sitplek. ‘n Beter opsie is natuurlik ‘n swart mamba

Francois ·

Ek weet jy grap, maar moet eerder nie onodige aandag na jouself trek nie. Net daardie dag besluit hulle, hulle is uit vir bloed, en nie net, selfone en handsakke nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.