‘Rowers’ tydens rooftog in kluis toegesluit

(Foto: SA Police Service/Twitter)

Twee vermeende gewapende rowers is die afgelope naweek ʼn inloopkluis vasgekeer nadat hulle ʼn groot bedrag geld by ʼn supermark in die Sky City Mall in Vereeniging geroof het.

Kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn werker by die supermark het tydens die rooftog kop gehou en die twee mans Sondagaand in die kluis toegesluit.

Die twee mans het agtergebly nadat hul makkers gevlug het met die kontant wat hulle uit die kasregisters geneem het.

Die twee verdagtes het onsuksesvol hulle pad uit die kluis probeer oopskiet, het Dlamini gesê.

“Lede van die honde-eenheid, die blitspatrollie en plaaslike polisielede het die plek omsingel toe hulle hoor dat die verdagtes in die kluis vasgekeer is. Hulle het die perseel binnegegaan en die verdagtes in hegtenis geneem,” het Dlamini gesê.

“Die polisie het ook beslag gelê op ʼn vuurwapen wat die verdagtes na bewering gebruik het om die kluisdeur mee te probeer oop skiet.”

Die twee is lig beseer tydens die inhegtenisneming en is onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die polisie soek na die res van die bende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kobus

Bravo dit will gedoen wees. Wel gedaan hoop hy kry Bonus

Vonkprop

Hulle is lig beseer tydens die inhegtenisneming?
Speurder: “konstabel, wat het gebeur?”
Konstabel: “elf van ons het die kluis omsingel. Ons het die deur oopgeruk, en met die vors het hulle vooroor geval en ons het met ons vuiste gekeer dat hulle val. Ons het gemis en hulle het vooroor geval teen die grond vas. Dit is hoekom hulle gebreekte ribbes, arms en uit tande het.”

Piet Nel

Goeie werk verdien ‘n bonus

Neels

Praat van ‘n geslote geveg ……..

SjN

Dom verby, laat hul sing met hul makkers se name