Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die huisroof het Dinsdag omstreeks 12:45 in Pongolastraat gebeur. “Daar word beweer dat twee gewapende mans die huis binnegegaan het, terwyl ʼn 15-jarige seun alleen by die huis was. Die mans het hom gedwing om op die grond te lê voordat hulle met elektriese toebehore op die vlug geslaan het,” het Moloto gesê.
Die seun kon daarin slaag om dadelik die huis se alarm te aktiveer en veiligheidswagte van Hi-Risk Unit-sekuriteitsdiens en lede van die Pretoriase blitspatrollie was vinnig op die toneel. Volgens Moloto het hulle gesien hoe ʼn Audi A4 van die toneel wegjaag en hulle het die voertuig agternagesit.
“ʼn Hoëspoedjaagtog het gevolg waartydens die verdagtes beheer oor hul voertuig naby Cussonialaan in die ooste van Pretoria verloor en teen ʼn betonmuur gebots het,” het Moloto gesê. “Een verdagte is dood en nog twee is in hegtenis geneem en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die gesteelde goedere is op die toneel teruggevind.”
Die verdagtes is almal tussen 25 en 40 jaar oud.
Moloto het gesê die verdagtes sal in die Pretoria-landdroshof verskyn sodra hulle uit die hospitaal ontslaan is. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.
Whoop whoop! Happy days!!
Pragtig! Die blinde sambok het gepraat…
Hoe moet ons die kinders veilig hou by die huis, terwyl ons moet werk.
Welgedaan!!!!!!!!!!! High Five vir die Flukse seun. Make my days
Goed gedoen jongman. jammer vir die trauma wat jou oorgekom het. sterkte !
Pragtig seun – trots op jou!!!
Baie bly dat jy niks oorgekom ht nie!!!
Dit was nou blitsvinnig welgedaan !!!! Ek kom agter rooftogte raak al hoe meer die tyd van die jaar!!!!! So bly die seun is veilig !!!
Maroela, waar is die like knoppie ???
Like
million likes
Ja ne’ , die diewe werk nou vir hul Chrismas bonusse
Great!!! Ek is so bly dat hulle gevang word. Dink hulle kan heeltyd net wegkom. Sterkte aan die trauma wat die seun nou moet verwerk.
Dapper kind, wel gedaan, hierdie is net weereens ‘n bewys dat misdaad in SA nie deur armoede aangevoer word nie, maar deur gierigheid, die weg kom motor is ‘n relatiewe nuwe Audi.
Hierdie soort oortredings vedien die swaarste straf.
Baie beslis ‘n gesteelde Audi.
Mooi mooi, laat dit ‘n les wees vir hulle…. Mooi seun trots op jou…….net bly jy is okay……
Vat so vabond!
Is dit nie rasse haat nie?
3 swartes het ‘n 15 jarige witseun seun aan.
Dankie tog boeta! Ek weet dit was ‘n massiewe slegte ondervinding, maar jy is sterk, want jy het vining gedink. Goeie werk.
Hoe kan dit n vermeende rower wees as die gesteelde goed in hulle besit gekry is dis dan mos roof.
Vermeende rowers???????
Baie goeie werk seun, en baie sterkte vir jou verder.
onthou net altyd om ons hemelse vader te dank vir sy hand van beskerming.
Vat so jou kat vis.
Baie goed gedaan seun, Hi-Risk Sekuriteit en Pretoria Blitspatrollie.
Dis nou ‘n kind wat opgelet het toe daar aan hom verduidelik is wat om te doen as die nood druk. Ou grote, jou ouers kan baie trots wees op jou! Ek is doodseker hulle sal jou ook nou bystaan, maar jy is ‘n yster, ek weet jy is nog te jong vir ‘n Bell’s, maar vat solank ‘n blikkie koeldrank!
Johan, daar kan nie n ‘like’ knoppie wees, sou jy hom druk sal jy voor die gelykheidshof vir rassisme aangekla word
Uiters onverantwoordelike berig wat ‘n boodskap stuur aan rowers waar hulle planne skeef geloop het.
Sjoe…..jy is n mannetjie van staal! Trots en jou ouers mag maar trots wees. Darem bly jy ongedeerd is. Mooi skoot!
well done my boy
Vermeende rowers?
1. Hul is onwettig in n huis
2. Seun word gedwing om op vloer te le
3. Elektriese toebehore word gesteel
4. Vlug en seun druk alarm
5. Jaagtog en die boewe maak ongeluk, waarin een sterf en ander 2 gehospitaliseer is
6. Al die gesteelde goeder word by ongelukstoneel gevind
AL DIE BEWYSE IS DAAR DAT HULLE SKULDIG IS, MAAR DAAR WORS GESE VERMEENDE ROWERS???? EK VERSTAAN NIE SO LEKKER OOR DAARDIE ‘BEGRIP’ NIE. HUL IS ROWERS EN DIS DIT!
Dagsê Shrekie
As ‘n nuuswebwerf kan ons nie na verdagtes as skuldig verwys voordat hulle in ‘n hof skuldig bevind is nie.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Die betonmuur het ook ‘n 33,33% suksesvolle werkie gedoen, jammer van die ander 66,67% wat nou in luuksheid behandel word sodat hulle binnekort weer met hul werk kan voortgaan.
Nuwe mobiele hof in elke voorstad nodig. Met so ‘n geval, moet hul direk na die toneel om onmiddellik die skuldiges skuldig te bevind. In ‘n gesteelde motor, ens. ens. dus geen twyfel oor skuld nie. En los tog die hospitaalbehandeling vir sulke mense. Hul was waar hul nie hoort nie en doen wat hul nie mag nie. As hul seerkry – wel, hul soek duidelik na aksie…
Wil liewer nie meer kommentaar lewer nie, want myne verdwyn net; sensor se moses!
Dankie tog die seun het niks oorgekom nie. Ons land is voorwaar in die moeilikheid…
Ek weet nie of ek my verbeel nie, maar in die laaste paar weke is daar heelwat kriminele wat vasgevat of doodgeskiet word tydens inbrake, poging tot moord, vekragtings ens. Almal is toe nie so “untouchable” nie. Dis ‘n goeie ding en gee mens weer bietjie moed. Ons moet aanhou bid dat dit meer gebeur. God slaap nie.
hoop da sy vir alty in die tronk sal blyf
Wonder wie se kar is dit?
15-jarige – YSTER is jy. Weet jy sal OK wees. Trots op jou!!