
(Foto: SA Police Service/Twitter)
Ses vermeende rowers is agter tralies nadat hulle eers ʼn Ackermans in die Johannesburgse middestad beroof het en daarna hul strooptog by ʼn Mr. Price-klerewinkel voortgesit het.
Kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê vyf verdagtes het die Ackermans in die stad ingekom en hul aanvanklik as klante voorgedoen. Hulle het wapens uitgepluk, die kassiere aangehou en met kontant en selfone gevlug.
“Hulle is uit dié winkel en na ʼn Mr. Price-winkel waar hulle ʼn ongespesifiseerde bedrag geld en selfone gebuit het.”
Die polisie en Johannesburgse metropolisie was egter blitsig op hul spoor en die bende is kort ná die voorvalle in hegtenis geneem. Een van die vermeende betrokkenes is ʼn taxibestuurder. Hy is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde items, nadat sommige van die selfone in sy minibussie gekry is, het Mbele gesê.
Die polisie het ook op die voertuig beslag gelê.
Die verdagtes verskyn later vandag in die Johannesburgse landdroshof. Hulle word aangekla van gewapende roof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en die besit van gesteelde selfone.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Mense wees versigtig in inkopie sentruns, parkeer areas en ander plekke. Van nou af gaan dit baie erger raak
Vat so skurke! Dit word mos nou weer fees seisoen en SA word die wilde weste!
Kyk hoe arrogant is die ‘rowers, somer van die een winkel na die volgende.
Sekerlik op tyd uit op R100 borg om hul krismis choppings te kan klaar maak.
Veels geluk aan die Polisie met hulle vinnige optrede. Ek sien dat hulle al klaar besig is om hulle “Kersinkopies” te doen, en dit op ‘n ander se onkoste!!!!
“”Koop”” solank kersgeskenke . . . . .