‘Rowers’ vasgetrek ná rooftog misluk

polisie-sapd

Argieffoto: SAPD/Facebook

Vyf gewapende rowers is vasgetrek oomblikke nadat hul poging om ʼn juwelierswinkel by ʼn winkelsentrum in Kaapstad te beroof, misluk het.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die vyf verdagtes het omstreeks 10:00 op die winkel in Claremont toegeslaan. “Hulle het die personeel met ʼn vuurwapen aangehou en die vertoonkaste stukkend geslaan, wat die alarm laat afgaan het. In hul paniek het die verdagtes met leë hande gevlug,” het Traut gesê.

Die verdagtes het deur die winkelsentrum gehardloop en ʼn veiligheidswag kon daarin slaag om een van hulle aan te keer. “Die polisie was vinnig op die toneel en het die ander vier verdagtes vasgetrek en op ʼn onwettige vuurwapen beslag gelê,” het Traut gesê.

Hy het gesê die polisie het ook op die verdagtes se VW Polo beslag gelê. Verdere ondersoek het getoon die Polo is omstreeks 21:00 gisteraand in Strandfontein gekaap en die 39-jarige bestuurder is doodgeskiet.

“Die verdagtes, tussen 23 en 32 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot gewapende roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Raymond Bastone ·

Baie mooi trap hulle vas en sterkte aan die polisie

Cherokee ·

Dit was nou êppies wat nooit hul vaktoets sal slaag nie.

Annie ·

Wel gedaan – nou wie het die sneller getrek toe hulle die kar gesteel het – want daai een moet mos nou vir moord ook aangekla word,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.