Konst. Gloria Maswanganye, polisiewoordvoerder van Krugersdorp, het gesê drie gewapende mans het Vrydag in die vroeë oggendure toegang deur ʼn badkamersvenster tot ʼn lodge gekry.
Die rowers het ʼn seun op die onderste verdieping aangetref en hom met skoenveters vasgebind. “Hulle is toe na die boonste vloer, waar ʼn ma en haar twee dogters, wat onderskeidelik 21 en 12 jaar oud is, geslaap het.”
Volgens Maswanganye het hulle die 21-jarige dogter verkrag. “Hulle het die 12-jarige se klere uitgetrek, maar sy het so erg geskree, dat hulle haar gelos het.” Die mans het met ʼn skootrekenaar, drie selfone en kontant gevlug en is steeds soek.
Volgens die private veiligheidsmaatskappy, Drift Reaction, is hul beamptes omstreeks 03:30 na die hoewe ontbied.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Netjies geskryf Nico Strydom. Jy het nie een keer die verpestlike woord ‘verdagtes’ gebruik nie.
Ek veroordeel ook hierdie afskuwelike misdaad en boewery ten sterkste. Ongelukkig lees.die misdadigers en boewe nie wat ons hier kommentaar en skryf. Daar moet weer wet en orde in SA herstel word, maar hoe? Die land beweeg al meer na anargie want daar is nie meer effektiewe regering nie. SA is nou die mees korrupte land ter wereld aldus die VN, maar gerieflik laat hulle die misdaad en vergrype teen onskuldige mense in stilte. Skandalig!!
The elements are not satisfied with just robbery but now are affecting our young women with Aids, they should be caught and charged with murder.
Nee hy sit mos nou veilig in sy ou huisie en was sy hande in onskuld oor als!
Aaklig! So bitter jammer vir die slagoffers. Wat n nagmerrieland leef ons nie in nie…