Rowers vinnig ná aanval aangekeer

Argieffoto

Twee verdagtes is vinnig aangekeer ná ʼn aanval in Kirkwood in die Oos-Kaap waar vyf gewapende mans op ʼn huis toegeslaan het.

“Vyf mans, gewapen met messe, het vanoggend omstreeks 09:00 toegeslaan op ʼn huis naby R335 in Kirkwood,” het sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die aanvallers het ʼn vrou met messe gedreig en haar vasgebind voor hulle die huis geplunder en eiendom ter waarde van R15 000 gebuit het. Hulle het daarna in ʼn wit Ford Tracer, sonder nommerplate, gevlug.”

Die vrou kon haarself bevry en het die polisie ontbied. “Die polisie het vinnig reageer en leidrade opgevolg. Addo-polisie het die voertuig op die R335 opgemerk en hulle agternagesit,” het Nkohli bygevoeg. “Die motor het stilgehou en vyf mans het in die bosse ingevlug. Polisiebeamptes het twee persone in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag gelê op die gesteelde eiendom en ʼn motor wat tydens die huisroof gebruik is.”

Nkohli het gesê nog inhegtenisnemings sal na verwagting binnekort volg.

Die twee mans, onderskeidelik 28 en 30 jaar oud, sal Donderdag in die Kirkwood-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Dis wonderlik om te lees dat daar wel van ons polisie is wat hulle plig doen en nie net daar is vir ‘n maandelikse salaris nie!! Ek haal my hoed vir julle af!!

Boet Fasie ·

Pragtig SAP, hoop die andet dorpe en stede gaan julle goeie voorbeeld volg.

Christo ·

Doen so voort! Tyd dat al die vrot appels verwyder word uit die SAPD en die ware polisiebeamptes weer beheer neem. Al is minder maar beter en eerlike polisiebeamptes ons voorland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.