Rowers vlug met miljoene in Upington-rooftog

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Gewapende rowers het vermoedelik miljoene rande tydens ʼn transitorooftog naby die Kalahari Mall in Upington in die Noord-Kaap gebuit.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê vyf mans het Dinsdag omstreeks 06:00 in ʼn swart Toyota Avanza ʼn geldwa by die verkeersirkel naby die sentrum van die pad afgedwing. Die geldwa het tot stilstand gekom.

“Die mans het uit die motor geklim en die veiligheidswagte met vuurwapens gedreig,” sê Mathe.

“Hulle het met meer as R4,5 miljoen se kontant gevlug.”

Volgens Mathe is niemand tydens die rooftog beseer nie. Die polisie is op hoë gereedheidsgrondslag geplaas en ʼn grootskaalse soektog na die rowers is tans aan die gang.

“Enigiemand met inligting wat tot die rowers se inhegtenisneming kan lei, moet die polisie dadelik kontak.”

Mathe het die gemeenskap ook gewaarsku om nie self die rowers te konfronteer nie omdat hulle swaar gewapen is en as gevaarlik beskou word.

Die bestuur van die Kalahari Mall het die voorval aan Maroela Media bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Hester Wilhelmina ·

Ek dog dan nou die geldkaste kan nie oopgemaak word nie, en as dit nie reg oopgemaak word nie, word kleurstof oor al die geld gespuit…of so iets. En die voertuie is sterker as tenks…oor ‘n week word die wagte weer aangekeer….

Misky ·

Presies dieselfde gedagte by my opgekom Hester en dis ‘inside job” meeste van die tyd en die makkers ken tye van geld optel en roetes

Androclus ·

Daar was ook geen skietery nie,miskien lees ons later iets interessant raak.

Marius ·

Ons het dan sulke wetsgehoorsame burgers in die land , hoe gebeur dit dan ?? Miskien kan Me. Sisulu dit vir ons beantwoord ?? Vra maar net .

Pieter ·

Wie sit regtig agter hierdie transito rooftogte?
…..vereker nie jou gewone dief nie
…. Dalk swaar kanonne in politiek?

Anthony ·

Sou dit nie beter wees om met ongemerkte voertuie die geld te vervoer nie, en dan vanselfsprekend nie altyd dieselfde ongemerkte voertuie te gebruik nie. Die geldwa’s is mos n teiken & dien duidelik nie die doel van beskerming en ondeurdringbaarheid nie

Dup ·

Seker besig om fondse bymekaar te maak vir die volgende verkiesingsveldtog.

Genis ·

Ek ruik n rot…is die waens nie gepanser nie? Of ry hul in gewone voertuig, ongewapen met die geld rond?

Magda G ·

Hoe het hulle vd geldwa se roete gehoor.
Seker “inside info”. Hoekom word dit nie deegliker beplan met n helikopter wat die geldwaens begelei nie

JM ·

Waarom kan helikopters nie die geld vervoer en swaar gewapende wagte op die landingstrook geplaas word nie? Hoe moeilik kan dit wees om ‘n beter alternatief as die geldwaens uit te werk?

Stefaan ·

Die gepantserde wa is seker drie keer swaarder as die Avanza en kon sekerlik die Toyota uit die pad gestoot het tensy ————

Hennie ·

Hier waar ons bly in die buiteland, word geld afgelewer deur wagte wat NET met knuppels bewapen is. Viva Afrika, Viva! Viva ANC, Viva….

Keith ·

The strange thing here is that most reputable Security Company control rooms do not advise the driver of their destination, for drop off or pick ups , until they are on the road. That’s how they use to do it in the old days. Maybe things have changed, or the criminals are using the same radio frequencies and have figured out the coded destinations , or it’s an inside job.

Cindy ·

Avanza teen ‘n geldwa, en hy word van die pad af “gedruk” hmmmmm… Ek weet as dit ek was het ek daai Avanza vlenters gery met my klein tjor…

4ntj13 ·

Iemand moes geweet het die geldwa ry daardie tyd van daardie oggend, nog lank voor enige winkels oopmaak. En hoe dit nie nodig was om dit oop te ontplof soos gewoonlik elders nodig is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.