‘Rowers’ voortvlugtig ná skietery met die polisie

(Argieffoto: Maroela Media)

Die polisie in Mpumalanga is op soek na minstens drie verdagtes wat polisiebeamptes Maandagoggend aangeval het toe hulle reageer het op ʼn sakerooftog by Mabuza Bar Lounge in Tonga.

“Die polisie is na die toneel ontbied waar ʼn verdagte persoon omstreeks 01:00 op die perseel opgemerk is,” het brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Drie verdagtes, waarvan een met ʼn jaggeweer en die ander twee met pistole gewapen was, het verskeie skote op polisiebeamptes gevuur.” Die beamptes het teruggeskiet.

“Die verdagtes het ʼn paar minute later gevlug en toe beamptes toegang tot die perseel kon bekom, het hulle gesien is muur is oopgebreek.”

Van die toerusting wat vermoedelik tydens die rooftog gebruik is, is op die toneel gevind. Daar was ook bloedvlekke by die waghokkie waar die verdagtes teen die skote geskuil het. Bloedvlekke is ook opgemerk by die hek waardeur hulle gevlug het.

“Geen beampte is beseer nie. Een of meer van die verdagtes is vermoedelik tydens die skietery gewond.”

Die polisie versoek inligting van die publiek oor enigiemand wat in enige hospitaal moontlik vir ʼn skietwond behandel is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Hoekom word die Polisie so dikwels azngevsl in
Mpumalanga

Pablo

I think even the Italian Mafia will be scared to visit South Africa. The country has become a criminal haven since 1994.