RSR wil Prasa se veiligheidspermit opskort

Prasa (Foto verskaf deur Untu)

Pendelaars sal moontlik alternatiewe reëlings vir treinvervoer moet tref as die veiligheidsreguleerder voortgaan met sy besluit om die Passasierspooragentskap in Suid-Afrika (Prasa) se veiligheidspermit op te skort.

Die Spoorwegveiligheidsreguleerder (RSR) het Prasa Vrydag skriftelik in kennis gestel dat hy van voornemens is om die permit op te skort en het die organisasie slegs twee ure gegee om te verduidelik waarom dit nie moet gebeur nie. Prasa kon nie die RSR se spertyd haal nie, aangesien ondersoeke oor die jongste treinongeluk steeds voortduur.

Die United National Transport Union (UNTU) het intussen in ʼn verklaring gesê hy is dankbaar oor RSR se besluit.

“Ons is dankbaar dat die RSR die erns van hierdie toestand van ons passasierspoorweë in Vervoermaand besef deur die veiligheidspermit op te skort – wat nooit aan die einde van Augustus vir nog ʼn jaar uitgereik moes word nie,” het Sonja Carstens, woordvoerder van Untu, gesê.

“Die opskorting van die veiligheidspermit sal ʼn verwoestende impak hê op die groter ekonomie en op die armstes van die armes wat op Metrorail, ʼn afdeling van Prasa, staat maak om na en van werk te reis.”

Sy het gesê dit dwing pres. Cyril Ramaphosa en die res van die regering om uiteindelik in te gryp en oplossings te vind vir die “haglike toestand” van Metrorail.

Volgens haar dui voorvalle die afgelope vyf weke daarop dat die RSR en die departement van vervoer mislei is deur Prasa oor die werklike omstandighede op die grond. Prasa se infrastruktuur is besig om uitmekaar te val en die staatsonderneming het soveel noodsaaklike vakante poste dat hy nie meer die vaardigheid en kennis het om dit om te draai nie, het Carstens bygevoeg.

Dit volg ná ʼn trein, wat handgedrewe magtiging gehad het, Vrydagmiddag by die Knights-stasie in Germiston aan die Oos-Rand ontspoor het. Volgens Carstens het die beheerkantoor die treindrywer in kennis gestel dat die punte reg opgestel is en dat dit veilig is om voort te gaan. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Minstens 300 pendelaars is Donderdag beseer toe ʼn trein ʼn stilstaande trein naby die Van Riebeeckpark-stasie tussen Pretoria en Johannesburg getref het. Die stilstaande trein het onklaar geraak. Een van die passasiers is in ʼn kritieke toestand.

Carstens het gesê die vakbond glo die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, moet aangestel word as die minister wat oorsigtelik optree oor alle staatsondernemings, insluitend Prasa en die RSR moet steeds aan die minister van vervoer dr. Blade Nzimande rapporteer om aanspreeklikheid en nakoming te verseker.

“Minister Nzimando kan dan ʼn imbizo hou, nie net oor vervoer in die algemeen nie, maar ook spesifiek oor passasierspoorweë en almal wat ʼn waardevolle bydrae hieroor kan lewer om Prasa se uitdagings op te los, moet uitgenooi word.”

Prasa het nog nie ontvangs erken van RSR se brief nie en ook nog nie bedrywighede opgeskort nie.

“Untu sal ons lede Maandag in kennis stel oor die pad vorentoe wat betref treinbedrywighede,” het Carstens gesê.

Lees alle vorige berigte oor Prasa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hansmyt.eeiskoud ·

Wie se wensdenkery is dit dat Cyril en sy klomp despotiese volgelinge kan ingryp en opssings kry? Hy en sy kategorie IS die probleem!

Hannetjie ·

Wonderlik!! daardie besluit moes lankal geneem gewees het.Te veel treinongelukke..en geen waarborg dat burgers wat van die treine gebruik maak..weer vanaand hul geliefdes sal sien nie.

Swannie ·

Dit was die hoofrede van my bedanking destyds uit bedryf. Ek kon nie voortgaan om met onbevoegde personeel `n veilige treindiens te administreer nie. Kla jy die personeel aan, word daar gevra of jy nie kan regkom met anderskleuriges nie.
`n Treinbeheerampenaar was dronk aan diens (ook `n bottel brandewyn in sy kajuit gevind) , vas aan die slaap EN hy het `n lid van die publiek (vrou) onthaal – alles strafbare oortredings – MAAR hy was onskuldig bevind deur die Tugkomitee se voorsitter wat GEEN benul gehad het van Bedryfsregulasies nie !

SO KRY VIR JULLE – Wat ek voorspel het, het al lankal waar geword.

Realis ·

Die hele Suid- Afrika se veiligheid moet opgeskort word!!!!!

Harry ·

Geen dienste moet opgeskort word nie – laat hul vootgaan en wys hoe bevoeg hul is wanneer hulle in beheer is. Hul taxi’s is nog erger, maar dit word nie opgeskort nie!

lewies ·

BEE : skiet julle self maar in die voet. Die ANC se wetgewing is stadig maar seker besig om stelselmatig te boemerang!! Te gou te veel.

PJC ·

Al wat moet opgeskort word om die probleem op te los is die BEE.

Dafer ·

Nou wie dink julle gaan hierdie opskortings-bevel afdwing op ‘the powers that are’? Wie is die verantwoordelike persone? Wie gaan verantwoordelikheid aan toegedeel word?

Henk ·

Hahaha, Dafer, jy laat my nou aan ń snaakse ding dink… is dit nie dalk: “the powers that B.E.E” nie?

Schalk ·

Almal se oë word toegedruk dink Wie word bevoordeel as staats vervoer tot einde kom.Net een groep vervoer dan mense,word wakker dink wat Sal volg.

SjN ·

Waar is die dae van hoe ry die Kimberley se trein? Alles verval.

jan ·

hoe dom kan n mens wees om te dink die diens moet opgeskort word agv die treine. die probleem is by die onbevoegde mense wat verantwoordelik is die spoor beheer sinjale ens. asook vir die instandhouding daarvan.GVB n stelsel wat daar gestel was om alles automaties te beheer ……… siestog

verstom ·

“Haglike toestand”? Wat help dit nuwe treine word ontplooi net om verbrand of verniel te word? Dis ‘n bodemlose put.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.