‘RTIA-baas se reuseverhoging is skandelik’

Argieffoto

Die VF Plus het die verhoging van 96% wat die hoof van die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) gekry het vir die bestuur van ʼn “falende Aarto-stelsel” ten skerpste veroordeel, en laat hoor dat hulle ʼn klag by die Staatsdienskommissie gaan indien om te ondersoek of die salaris geregverdig is. Só het adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, gesê.

“Dít is boonop teen die agtergrond van die feit dat die agentskap se doeltreffendheid en gevolglik ook sy inkomste drasties afgeneem het in die 2016/17-boekjaar,” het Alberts bygevoeg.

Alberts meen in dié tyd het die RTIA se inkomste met 42% of sowat R100 miljoen afgeneem weens die feit dat 63,44% minder boetes uitgereik is. “Aarto-boetes is van 5,5 miljoen af tot slegs 2 miljoen.”

Alberts het gesê die agentskap het onlangs ook slae gekry in die Fines4-hofsaak waarin die regter bevind het dat hy nie sy eie wet nougeset nakom nie. “Daar hang steeds ʼn swaard van ʼn moontlike groepsgeding oor die RTIA se kop waar diegene wat Aarto-boetes betaal het, dit kan terugeis. Die effek van die hofsaak was dat alle Aarto-boetes wat onprosedureel uitgereik is, ongeldig is. Die eise wat dus ingestel kan word, sal ʼn enorme omvang aanneem,” het Alberts verduidelik.

“Dit lyk of dit die gebruik geraak het in Suid-Afrika om mense wat swak presteer, daarvoor te vergoed. Hierdie verhoging kan op geen manier geregverdig word nie en die Staatsdienskommissie sal antwoorde daarop moet gee,” het Alberts laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mielie ·

Sal graag wil sien dat mense ook daaroor betoog en afgaan oor die verhoging. 96%? Wie kry sulke verhogings? Mense staak en smeek en soebat om dubbel syfer verhogings te kry. Weereens nog n fatcat wat sy koffers volmaak. Sal interesant wees om te sien wat die ander mense in die dept se verhogings was. Hierdie is onaanvaarbaar en die mense moet saamstaan om dit ongeldig te laat verklaar en daar moet gevolge wees .

John ·

Daai R200-noot-drukkers van die Reserwebank, is hulle nog daar of staan hulle nou in die Prez se secretary se kantoor langs die stukkende fotostaatmasjien reg onder die foto van die super Afrika-prezzzzz, Mogabe?

marous ·

Dit is heel moontlik John . Dalk behoort daar ondersoek ingestel word , hoeveel note daar veronderstel om in sirkulasie te wees , en hoe word die vernietiging van ou note beheer.

MM ·

WAt si sy naam en van watter PAry is hy afkomstig – seker ANC – want 99% van hulle wat in hoe poste geplaas is – kan nie die werk doen nie – nou gehoor dat die parlement die nuwe OB gaan ondersoek om te kyk of sy geskik is vir haar werk – dit moes gedoen geword het voor sy aangestel is – maar seker weer een van zumpie se gunstelinge (ook sonder die nodige kwalifikasies) As die ou sy 96% verhoging kry dan moet ons almal STAAK oor die hoe petrol prys / belasting en alles wat ons betaal want sekerlik het die STAATY dan geen tekort aan geld nie – en het die finansie minister nie nodig om die persienmense se geld te VAT soner hulle toestemming vir Eskom nie – duidelik het AARTO genoeg geld om daar n lening toe te staan – SO MOEG VIR DIE KOMP KORRUPTE GOED WAT ONS LAND ENT VERDER IN DIE AFGROND AFBREEK – ZUMA EN KIE EN GUPTAS SE SKULD.

Adam ·

Adv Alberts het ‘n groot waarheid kwytgeraak toe hy daarop gewys het dat swak prestasie vergoed word. Ons het tot ons nadeel aanvaar dat swak prestasie die norm is en vrede daarmee gemaak. Geen wonder ons is die slagoffers van swak diens, swak prestasie, geweld, korrupsie ens. nie.

Nico ·

Hy weet dat hy sy alie gaan sien maar voor dit eers n bietjie skep sodat sy pakket meer kan wees

Jordaan ·

Hoekom sal hy sy alie sien? Nie terwyl sy gabba in die Uniegebou sit nie, en dit lyk nie of daar enige gevolge vir enige van die stropers van die staatskas is nie.

Pappot ·

Ongelooflik dat die plekke met wie dit die SLEGSTE gaan altyd die hoogste salarisverhogings en bonusse uitbetaal. Bedrae waarvan ek nog nooit in my lewe gehoor het nie, ons moet maar met 7 % verhoging tevrede wees die afgelope paar jaar, en hulle laat jou sommer gou verstaan as jy nie daarvan hou nie, gaan soek vir jou ‘n ander werk want jy weet jy gaan nie ‘n ander werk kry nie. Die hele land is korrup, en almal skep terwyl dit pap reen want ALMAL weet die pap gaan ophou val soos in Zimbabwe!

Marinda ·

Genade, toe ek gewerk het moes ons die staf se verhogings en ons eie motiveer. En dit moes ñ goeie motiveering wees anders kry jy of hulle dit nie. As jy 10% gekry het, was jy gelukkig. Altyd gewonder, hoe oorleef die staf op so ñ swak salaris? Lyk my ek was in die verkeerde beroep.

Morné ·

Dit is duidelik dat die verskil van 3.5 miljoen rand verlore inkomste vanuit Aarto nie beteken dat minder motoriste voorgekeer was of dat ons landsburgers nou eweskielik beter bestuurders is nie maar dat die bedrag gegaan het na die verkeersbeamptes se korrupte sakke vir “cho-cho” en KFC. In Pretoria alleen is meer as 1200 nuwe metro-polisie aangestel so hulle “chinese accounting” maak my siek..

Mamparra van der Brul ·

Adv Alberts moet ook nou begin besef dis Afrika hierdie en ons word deur ‘n Afrika regering regeer. So lank as wat ons Afrika aan Westerse en Europese standaarde en waardes meet, so lank gaan ons kwaad en gefrusteerd wees. Ons moet dit aanvaar of maar ‘n ander plan maak, maar ek weet ook nie wat die plan is nie. Miskien as ons kan begin saamwerk as ‘n volk en ophou om mekaar te verteer, sal dit al baie help

Hettie ·

Kan nogal glo dat die inkomste so gedaal het. Dis te danke aan al die korrupsie wat gepleeg word. Die omkoop geld gaan na die inspekteurs toe en nie na die regte plekke toe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.