RTMC sê Paasnaweek-statistiek skok

Argieffoto

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het Sondag gesê die verkeerstatistiek vir die Paasnaweek skok nadat hy tot op daardie tydstip byna 20 000 boetes vir verskeie verkeersoortredings gedurende die naweek uitgereik het.

RTMC het gesê dié statistiek sluit nié Maandag (17 April) in nie.

Die organisasie het in ʼn verklaring gesê nagenoeg 800 mense is tussen Vrydag en Sondag in hegtenis geneem vir verskeie oortredings wat dronk- en roekelose bestuur insluit.

Daar is beslag gelê op sowat 500 voertuie wat vir openbare vervoer gebruik is, omdat hulle nie die nodige bedryfslisensies gehad het nie.

“ʼn Ontleding van statistieke wys dat spoed, die oorlading van goedere en bestuur sonder rybewyse of openbarevervoerpermitte die grootste oortredings gedurende hierdie tydperk blyk te wees,” het RTMC in ʼn verklaring gesê.

ʼn Somtotaal van 4 605 bestuurders is gevang vir spoed, 430 vir oorlading van goedere en 1 907 vir bestuur sonder rybewyse.

Nagenoeg 1 000 boetes is uitgereik vir voertuie met gladde bande en 845 vir foutiewe ligte.

Die RTMC sê verder dat motoriste uiters waaksaam moet wees aangesien die paaie ongelooflik besig is.

Meer as 2 000 voertuie ry elke uur deur die Mooi en Tugela Plaza, en meer as 1500 voertuie deur die Hoek Plaza op die N3.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hendrik van George ·

20 000 boetes – sal gelukkig wees as 500 daarvan betaal word….

Rainier ·

Suid Afrika moet so 100 Amerikaanse State Troopers op n uitruil basis laat kom. Dan sal jy ‘n ander storie sien.

PJ du Plessis ·

Werk die stelsel om bestuurders te toets en te kwalifiseer

CHRISTA ·

Dis die grootste grap!!! Daardie selfde onpadwaardige voertuie, bestuurders sonder rybewyse, voertuie sonder bedryfslisensies, ens, ens, is ELKE DAG op ons paaie – nie net gedurende Paasnaweek nie!!! Waarom word hulle nie die res van die jaar aangekeer nie? Of is Paasnaweek maar net ‘n geldmaaktydperk vir ons owerhede en stel hulle nie die res van die jaar belang in wetstoepassing nie?

M Steyn ·

Dis geen grap nie mense onder wie kinders is hul lewens kwyt. Dink aan die naasbestaandes

pbotha ·

Hendrik…dis hartseer. Bitter min boetes word fisies betaal. Te veel “kontakte” wat daarmee help. Spotfines vir sekere oortredings…spoed.. onverskilligheid…geen lisensies,ens. As jy nie kan betaal nie.. selle toe. Tans is dit egter n droomwereld met min gevolge vir oortreders

kobus ·

Ek dink ons president sal die verkeer deur die Hoek plaza as one thousand five thousand sê. Is daar een nul teveel of is die spasie verkeerd?

Robert Stoltz ·

My simpatie met die onskuldiges. (Hoe onskuldig is jy as jy sien die bestuurder is dronk of nie bevoeg om jou veilig by jou bestemming te kry nie en jy klim nog steeds in of vra hom nie om te stop en jou af te laai nie!?)
Wat vir my interessant is, is wanneer daar in die mynwese ‘n vooremmerlaaier(Front end loader) gevang word sonder ‘n “reverse hooter”, die myn gesluit word en geen verdere ontginning kan plaasvind nie totdat aan al die reëls en vereistes voldoen word. As iemand dood gaan, is die myn vir nog langer gesluit, en die verantwoordelike persoon kan in sy privaat hoedanigheid beboet en/of tronkstraf op gelê word. Die Minister doen sy werk. Oorgretig miskien en ook getrou aan hulle aard, word produksie gestop en iemand ly groot skade. Op paaie gaan mense DOOD, maar lisensies word steeds uitgegee sonder behoorlike kontrolering. Wetstoepassing word ook nie genoeg toegepas nie. Onpadwaardige voertuie word toegelaat op die paaie! Bestuurders van voertuie drink alkohol en verontagsaam padreëls, sperstrepe is vir die opgeleide, gedissiplineerde bestuurdes alleen. Kry die betrokke minister die selfde sallaris as die een wat die Myne so lam lê!!?
Ek vra maar net…

Johanna Botha ·

Dit is die situasie elke dag op die paaie en n perfekte weerspieeling van die weteloosheid en verval vat wet en orde deur die hele land wat die anc kweek ….kyk maar na die gewese hoof van die falke was se hy sal werk toe gaan vandag nadat die hof en minister anders se …geen respek vir die wet !

Venus ·

WAT SKOK JULLE?? Die meeste mense in SA het GEEN respek vir die reg nie, van die parlementslede tot onder op die grond in taxis. Hoeveel voertuie is oorlaai, hoeveel het geen sigbare ligte nie, hoeveel van hulle staan op die geelstreep op die hoofweg, sonder enige waarskuwingstekens, en hoeveel maak U draaie reg voor die metro polisie? Geen reels word meer nagekom nie, daar is geen gevolge vir mense wat die padreels DAAGLIKS oortree nie. Daar is nie meer dissipline onder mense nie, padwoede en onverdraagsaamheid is aan die orde van die dag. SWAK WETSTOEPASSING is die oorsaak. As jy deur die jaar toelaat dat die motors, vragmotors en taxis ry soos hulle wil, hoe wil jy hulle oor langnaweke beheer? Skryf nou vreeslike boetes uit, more staan daar weer 8 taxis in ‘n draai baan en ry reguit aan, en ry daar groot vragmotors in die vinnige lane, terwyl daar duidelik 80 agterop die vragmotor staan, en dit alles TEN AANSKOUE VAN DIE METROPOLISIE< dan is hulle verbaas as dieselfde voertuie ongelukkig op die hoofwee maak .. neewat .. steek hand in eie boesem.

Hennie Theart ·

Geen foutiewe voertuie gekonfiskeer nie? Hoe laat jy ‘n voertuig wat onpadwaardig is toe om verder te ry?

cor ·

Die sogenaamde blou lig brigade stel die voorbeeld van roekelose bestuur op die paaie, gister middag weer gesien ‘n FS registrasie Audi en ‘n SAPD regstrasie BMW boelie die motoriste op die N1 na die Vvrystaat en so ongeveer 300meter agter hulle ‘n minibus van Limpopo wat aan ‘n plaaslike munisipaliteit daar behoort en oorvol gelaai is doen dieselfde met geen verkeersbeampte in sig nie op die deelte in Gauteng.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.