Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die polisie se eenheid vir openbare orde moes ingeroep word om die situasie in bedwang te bring. Polisiebeamptes moes in ʼn stadium rubberkoeëls gebruik om betogers uitmekaar te jaag.
Teen die middag het die betoging uitgebrei en betogers het die pad tussen Elim en Malamulele met klippe afgesper, het Otto gesê. “Mense bestook steeds die polisie met klippe. Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak,” het sy gesê.
Die betogers is glo ongelukkig omdat hulle voortaan by die nuwe Malamulele-munisipaliteit ingesluit sal word. Hulle voel dat dit tot ʼn verswakking in openbare dienste sal lei. Die inwoners betoog al sedert 2015 oor hul insluiting by die munisipaliteit en eis dat hulle by die Makhado-munisipaliteit ingesluit word.
Intussen het betogers in Mahwelereng naby Mokopane ook Vrydagoggend die N11 met reusewatertenks afgesper. Volgens Otto is hulle ongelukkig oor die tekort aan water in die nedersetting. Motoriste is aangeraai om die gebied te vermy.
Rubber koeëls Regtig. Het julle niks beters nie?
Manie. Is jy dan van mening dat openbare dienste nié sal verswak sodra die inwoners by die Malamulele-munisipaliteit ingesluit word nie en dat hulle daarom geen rede het om te betoog nie, of hou jy net nie daarvan dat Swartmense minder apaties is as die meeste Witmense nie?
Nou wat is jou mening? Daar is oor die 300 geweldadige opstande elke jaar in SA. Dink jy dit is reg? Laaste verslag van Eskom het getoon dat amper niemand in Sowetho krag betaal. Dink jy net wittes moet krag betaal?
‘n Klip is darem ‘n wonderlike ding . . . altyd beskikbaar. Ook spanwerk tydens betogings waar swaar voorwerpe in ‘n ommesientjie verskuif word en dan ook sonder betaling.
In SA is daar altyd iets nuuts onder die son.
Gewelddadige betogings is maar deel van sekere lande se idee van demokrasie.