Rubberkoeëls gevuur op betogende KZN-studente

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Traangas en rubberkoeëls moes Woensdag gebruik word om ongeveer 600 betogende studente by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Pietermaritzburg-kampus uitmekaar te jaag.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Dinsdagaand ontbied om die situasie op die kampus te monitor. Die betogers was uiters gewelddadig en petrolbomme, klippe, bottels en ander voorwerpe is na die polisie geslinger.

“Die skare het baie aggressief geraak en vier petrolbomme na die polisie gegooi. Dié het toe rubberkoeëls en traangas gebruik om hulle uitmekaar te jaag,” het Naicker gesê.

ʼn Bus en ’n motor is ook tydens die betoging aan die brand gesteek. Die skare is uitmekaar gejaag, maar niemand is in hegtenis geneem nie.

Die universiteit het Maandag sy Westville-kampus gesluit weens die gewelddadige betogings, maar was van plan om Woensdag weer die kampus te heropen. Dinsdagmiddag laat het die universiteit egter aangekondig dat al sy kampusse tot verdere kennisgewing gesluit sal wees.

Dr. Albert van Jaarsveld, visekanselier van die universiteit, het Dinsdag op ʼn mediakonferensie gesê die universiteit sal probeer om met die studenteleiers te vergader, maar dit is nie duidelik wat die studente se eise is nie. Hy het gesê een persoon is in hegtenis geneem in verband met die betoging op die Westville-kampus waar talle motors aan die brand gesteek is en die administrasiegebou beskadig is toe dit met ʼn petrolbom bestook is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

RSA ·

Hierdie is terroriste man, waar het jy gesien jy gooi polisie met petrolbomme?
Trek maar die skerp-punt ammo nader en maak n voorbeeld van die klomp

fourie ·

RSA Ek stem saam Die land is in chaos en zuma lag al die pad Wat n useless regering en prez. Stem Gebruik lewendige ammo Gouste wat jy wet en orde gaan kry. Die goed hoort in die bos en nie op university!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.