Rubberkoeëls in Rustenburg afgevuur

Die polisie jaag die skare uiteen. Foto: ANA.

Die polisie in Noordwes moes rubberkoeëls gebruik om inwoners van die Popo Molefe-nedersetting naby Rustenburg uiteen te jaag.

Die inwoners het Woensdag na die Rustenburg-munisipaliteit gegaan om terugvoer te eis oor die memorandum wat hulle reeds 1 Februarie ingedien het. In dié memorandum eis hulle toegang tot water en elektrisiteit.

Hulle het hande omhoog gehou en gesing terwyl hulle na die munisipaliteit beweeg het.

Die polisie het egter probeer om hulle terug te hou van die munisipaliteit, maar die groep het vorentoe gebeur. Dit is toe dat rubberkoeëls deur die polisie afgevuur is.

Luvuyo Maqwane, gemeenskapsleier en voormalige wykraadslid, het gesê die optog was vreedsaam en dit was nie nodig vir rubberkoeëls nie.

“Ons het al talle versoeke aan die munisipaliteite gerig oor ons kwessies. Ons het nie hierheen gekom om te baklei nie, dit was ʼn vreedsame optog dié. Al wat ons wil hê, is om bygestaan te word in ons nood,” het hy gesê.

Volgens hom is daar nie eens toegang tot water waar hulle woon nie. “Ons moet sukkel om te oorleef. Hulle ken ons net as dit verkiesingstyd is.”

Volgens hom is dié nedersetting net oos van Rustenburg al 25 jaar lank sonder basiese infrastruktuur.

Die polisie jaag die skare uiteen. Foto: ANA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

pieterdp ·

Weer eens wys dit dat die ANC poliesie net kans sien vir die swakere met hande om hoog.

Eddie ·

Ek hoop net as hulle water en elektrisiteit kry dat hulle ook daarvoor gaan betaal soos elkeen in die dorp moet doen.

Willie ·

Ek wonder of die inwoners nie weer n toor dokter gaan sien het, en gedink het hulle is deursigtig? Die ANC is baie deursigtig..

Johann ·

Wil HE. MOET kry. SAL breek en brand en verwoes as als nie NOU en VERNIET is nie. Mag nie uiteen gejaag word nie…. Lekker in SA!

Hendrik ·

Groot probleem is die werkloosheid en saam met dit gaan misdaad. Instromingsbeheer seoos van oud is nodig maar ongelukkig gaan dit nie gebeur nie. Indien die mense gebly het vanwaar hulle kom, kon die staat hul welsynstoelae daar uit betaal het en sodoende sit die groter dorpe nie met die sosoale probleme nie. Daar moet werkskepping op die platteland plaasvind anders gaan S.A in totale verval soos beskrywe deur Frans Cronje van die Rasse Instituut.

Lollie ·

Die mense begin net iewers om makukus op te slaan en later glo hulle dit is iemand se plig om te sien dat daar water en krag moet wees! Waar het hulle voorheen gebly? Hou hulle net op sekere kolle en voorsien hulle dan. Indien hulle daar uit beweeg kry hulle nie sulke luukshede nie.

Koos1 ·

Wat my agterend se deksel is, is dievolgende:
1. Mense gaan plak op ‘n stuk grond (wat heel moontlik nie vir behuising geoormerk is nie) wat aan die staat behoort of in privaat besit is.
2. Hulle kry genoeg onwettige immigrante om daar te kom bly.
3. Hulle rig strukture op en dring dan aan op dienste. (Wie dink julle betaal daarvoor??)
Mnr. Malena, wat is dit anders as grond onteiening sonder vergoeding (met nog ekstras by!) of soos ‘n ander skrywer dit geatel het “wettige diefstal”.

PJC ·

Geen simpatie met hierdie lot. Hulle weet wat is die oplossing vir hul probleme. Hou op om vir die ANC te stem.

Balkie ·

Hulle het nagelaat om te noem dat dit regoor die laerskool was wat die geweld uitgebreek het.

cassie ·

Daar is nie op hulle memorandum gereageer nie en die optog was vreedsaam.As daar vir vyf en twintig jaar nie basiese dienste was nie behoort die inwoners gefrustreert te wees.Dit is in 1994 aan hulle belowe en nou,nou word hulle reaksie met geweld onderdruk.

GM ·

Cassie, wanneer het jy ‘n optog gesien wat vreedsaam gehou was? (En ons praat nou nie hier van die optog teen plaasmoorde nie). Daar word ORAL geplak, daar word net kind op kind gekry, en dan word daar verwag die belastingbetaler moet voorsien. Waar is hulle belastinggelde? Almal kan nie net wil hê nie, werk daarvoor.

RUKKIE ·

TOEMAAR MANNE een van die dae het julle almal plase en huise. Krag is verniet, water is verniet, riolering is verniet, kos is verniet, implemente is verniet, diere is verniet .. NOG net ‘n klein rukkie om te gaan dan kry julle ALLES< dan kan 50 miljoen mense 4 miljoen mense se goed GELYKOP verdeel .. KAAS DIT EN GENIET DIT ..

Bee ·

Hoekom moet als net gegee word dis omdat hul net huis opsit waar hul wil hukm mag ons wat R10000 + n maand betaal nie ook krag en water verniet kry nie. Dis van als verniet wil he en dan kry hul dit dat die land is en lyk soos hy tans doen

Willem ·

Dit is vir my so mooi, enigste manier wat die mense gaan leer. Hou so aan!

Casper Labuschagne ·

Is dit nie tog vreemd dat die gedagte nooit by ons gemarginaliseerde minderheid opgekom het, dat ons moet gaan klippe gooi en te eis dat ons “toegang kry tot water en elektrisiteit” nie. Inteendeel, sonder dat iemand dit ooit vir ons sê, gaan ons daagliks uit om te werk en geld te verdien sodat ons kan betaal vir water en elektrisiteit. En deur die bank het hierdie minderheid self die infrastruktuur vir water en elektrisiteit aangelê waar dit nog nie bestaan het nie.

Haibo ·

Weet jy wat die probleem is? Eerstens het ons ‘n sin vir verantwoordelikheid en ons weet dit wat ‘n mense vernietig moet weer reggemaak word (met ons belastinggeld). Tweedens het ons almal vaste adresse waar hulle ons kan opspoor en in hegtenis neem, ons bly nie in Blok B, straat 2 nie. Verder voel ons as opgevoede mense moet ons nie swak voorbeelde vir ons kinders stel nie en ten einde laaste is ons WITMENSE TE BANG om tronk toe te gaan. Eerstens word jy verinneweer in die tronk, want hulle gooi jou saam met moordenaars en verkragters in ‘n holding cell en daarna kry jy nooit weer ‘n werk as jy die binnekant van’n tronk gesien het nie. UNLIKE die parlementariers in SA wat dit as voorvereiste op hulle CV’s moet he nie.

Genoeg is GENOEG ·

Wat my BOOS maak, my dogtertjie van 6JAAR OUD is in daai skool en die arme kinders was vreesbevange. Sy was in TRANE gewees, van die kinders het onder hulle lessenaars weg gekruip. Sy het gedink hulle word dood gemaak.
Hel man, maak julle maak met groot mense en los die KINDERS UIT. Hulle VIKTIMISEER ons kinders laat hulle in VREES moet groot word.

Genoeg is Genoeg ·

Ja, moes seker by se. Die betoging was reg langs die Laerskool en van die betogers het tot binne de skool tot op die rugbyveld gegaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.