Rubberkoeëls vlieg ná oproer op N4

Verkeersopeenhopings op die N4. (Foto: Twitter)

Die N4 by Donkerhoek buite Pretoria is weer gedeeltelik oopgestel nadat betogers Woensdagoggend vir groot ontwrigting op die snelweg gesorg het.

Die R104 is egter in dié stadium nog gesluit, terwyl ongelukkige inwoners van wyk 100, waaronder Lethabong, Skierlik, Mooiplaats, Kopanong en Pienaarspoort, voortgaan met hul protesoptrede.

Die inwoners is volgens die polisie ongelukkig oor swak dienslewering.

Brandende buitebande en ander voorwerpe is gevolglik vanoggend gebruik om die N4 en R104 te versper, waarna verkeersopeenhopings gevolg het.

Verkeersopeenhopings op die N4. (Foto: Twitter)

Rubberkoeëls moes in ’n stadium gebruik word om die oproerige skare uiteen te jaag, het Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, vanmiddag aan Maroela Media gesê.

Mahamba het egter gesê die verkeer op die N4 vloei intussen weer nadat die situasie in bedwang gebring en een baan in albei rigtings oopgestel is.

“Die situasie word tans beheer. Die metropolisie is op die toneel en ons monitor die situasie.”

Volgens Mahamba het die betogers ’n memorandum aan die Stad Tshwane oorhandig. Die inhoud van die memorandum moet egter nog deurgegaan word, het hy verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Swerwer ·

Pragtig! Brand die bande dat die teer smelt, voeter alles op en onthou om volgende keer weer vir die ANC te stem.

Johann ·

En so word die land aan sy neus rondgtrek deur “betogers”. Gelukkig sien ek die polisie monitor hulle comrades….

Herman L ·

Hoekom mense wat ontevrede is oor dienslewering paaie versper, sal net hulle weet. As hulle wil betoog, waarom gaan doen hulle dit nie by die huise van die amptenare en raadslede wat verantwoordelik is vir die gebrek aan dienslewering nie? miskien is hulle bang dit werk.

Elize ·

Herman ek stem 100% saam met jou. Hulle hooggeplaastes sit lekker in hulle “mansions” en voel ‘n veer vir hulle. Wens net die grysstof wil bietjie geskud word sodat die goed vir ‘n slag kan dink maar is ek bevrees ek glo ook aan die tandemuis.

Pieter ·

Die meeste nie-blankes is maar bang om amok te maak, sulke optredes is ANC/EFF georkestreer om chaos te veroorsaak en sien hoe sterk hulle is om die appelkar om te gooi, nou en later. Die brand van bande beskadig die teer en dra bly tot lugbesoedeling aka klimaatsverandering. Dit alles word toegelaat alhoewel wetgewing in plek is om dit te verhoed. Dus klimaatsverandering is vir die voëls.

Magda ·

Julle stem dan ANC, EFF waaroor kla julle. Geen salf aan julle te smeer ni, en daar is ook ni pille vir dom mense ni. Stem reg Dan sal julle ni sonder dienslewering dit ni.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.