Jong fotograaf beken skuld oor kinderporno

Rudolph Coetzee

Rudolph Coetzee. Foto: SAPD

Rudolph Coetzee (23), ʼn fotograaf van Kimberley, het in die Noord-Kaapse hooggeregshof skuld beken op 45 aanklagte waaronder verkragting en kinderpornografie.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Coetzee het Maandag skuld beken op vyf aanklagte van verkragting, twee van poging tot verkragting, 22 aanklagte van die misbruik van kinders vir die vervaardiging van kinderpornografie en 16 aanklagte van onsedelike aanranding.

Volgens Naidu moet Coetzee weer op 22 Junie in die hof verskyn wanneer ʼn sielkundige verslag na verwagting aan die hof voorgelê sal word.

Die Diamond Fields Advertiser het vroeër berig dat Coetzee in Junie 2014 by sy huis in Heuwelsig, Kimberley, in hegtenis geneem is. Daar is volgende die berig duisende pornografiese foto’s in die huis gevind. Coetzee se beweerde slagoffers was seuns en meisies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eliza-beth ·

Ag liewe hemel – waar is die dae van soveel houe met ‘n kats en dan sommer nog tronkstraf ook. Mens voel so ‘n ding moet seerkry! Ek dink allerhande lelike goed uit vir sulke skepsels, ek kan dit nie help nie. Ek verag sulke misbaksels.

Ai tog ·

23 Jaar en sy kop is so vol gemors kan hy gerehabiliteer word want hy het ‘n lank pad om te stap voor sy kop skon kan kom.

sproetjies ·

Genade! Red my siel! Wat gaan in so ‘n mens se siekbrein aan? Hoekom kinders se lewens so verwoes moet word gaan my gesonde verstand te bowe. Sluit toe en gooi die sleutes weg. Is daar ooit enige straf wat hierdie mens se denke en dade in ‘n positiewe rigting kan verander?

nig ·

45 aanklagte – hoe gaan iets so ver voor so ding uitgevang word. Mense leer jul kinders van speenoud niemand mag aan sekere dele van jou liggaam vat nie en al sê wie wat dan VERTEL julle vir iemand. Kleertjies dra ons want ons lyfies behoort net aan ons en niemand mag sommer net foto’s ooit van ons neem nie… ek weet nie wat nog nie, wragtig want ek verstaan net nie hoe kom so ding so ver voor iemand weet nie. Hoe kry so ding dit reg??Maak jul kinders paraat, dis al wat mens kan probeer doen. En hou jul oë en ore oop…

CHRISTA ·

Hier kom dit weer na vore!! Hoe het hy met sy idees begin? PORNOGRAFIE!!! Waarom dink julle koop en lees hulle sulke gemors? Dit is net om hulleself te stimuleer. Later is pornotrafie van volwassenes nie meer voldoende nie – dan gaan hulle oor na kinderpornografie. Jy kan nie Satan en sy streke as wettig toelaat en dink die HERE gaan jou en jou kinders steeds beskerm nie. As jy Satan kies, draai jy van die HERE af weg en is jy ‘n openlike teiken vir Satan en sy trawante. En onthou: hy val nie net vir jou aan nie, maar ook jou kinders!!

Penelope ·

Theresa, Ek is met jou 100% DOODSTRAF en niks minder as dit sal ooit kan regverdig word nie as dit een van my kinders was, was ek ook nou in die tronk vir moord!!!!! op a 23 jarige sielsiek mansmens.

Elfie ·

Wonder of hy homself nie “sielsiek” gaan hou net om straf vry te spring nie… Walglik!

Amanda ·

Maak vas en kry ‘n paar honger rotte…. Dit kan knaag aan alles wat pla. Hoe lok ‘n kind enige grootmens uit tot so daad. Verkragtig dieselfde !! Raak skoon $%^&*() en siek as ek lees van sielkundigeverslag . Hy is groot en oud genoeg om die probleem te kon hanteer met hulp van die regte mense. GEEN GENADE VIR ENIGE EEN WAT KINDERS TE NAKOM. NIKS!!!!!

CR ·

Wonder waste tipe opvoeding (indien enige) het die ding gehad.

pop ·

Die sielkundige “crap” moet end kry. Daars miljoene mense wat deur erge dinge in hulle jong lewetjies is en hulle hol nie almal en doen presies dieselfde aan ander onskuldiges nie. Elke mens het n eie keuse oor hoe jy gaan optree. Nou kom sulke gedrogte weg met die verskoning hulle het sielkundige hulp nodig.

Plaasvrou ·

Met ons dokters wat voorbladnuus wêreldwyd behaal vir die besonderse fyn operasie wat hulle suksesvol voltooi het….

Met hierdie tipe luis wat kinders vermink en lewenslank skaad…..

As ons net die regte regters kan vind, sal die oes groot wees en die dokters genoeg skenkings ontvang….

Ra ·

Waar is die ouers..of voogde…jy leen nie jou kar uit nie..maar is tog te gewillig om jou kinders uit te leen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.