Jong fotograaf beken skuld oor kinderporno

Rudolph Coetzee

Rudolph Coetzee. Foto: SAPD

Rudolph Coetzee (23), ʼn fotograaf van Kimberley, het in die Noord-Kaapse hooggeregshof skuld beken op 45 aanklagte waaronder verkragting en kinderpornografie.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Coetzee het Maandag skuld beken op vyf aanklagte van verkragting, twee van poging tot verkragting, 22 aanklagte van die misbruik van kinders vir die vervaardiging van kinderpornografie en 16 aanklagte van onsedelike aanranding.

Volgens Naidu moet Coetzee weer op 22 Junie in die hof verskyn wanneer ʼn sielkundige verslag na verwagting aan die hof voorgelê sal word.

Die Diamond Fields Advertiser het vroeër berig dat Coetzee in Junie 2014 by sy huis in Heuwelsig, Kimberley, in hegtenis geneem is. Daar is volgende die berig duisende pornografiese foto’s in die huis gevind. Coetzee se beweerde slagoffers was seuns en meisies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eliza-beth

Ag liewe hemel – waar is die dae van soveel houe met ‘n kats en dan sommer nog tronkstraf ook. Mens voel so ‘n ding moet seerkry! Ek dink allerhande lelike goed uit vir sulke skepsels, ek kan dit nie help nie. Ek verag sulke misbaksels.

Ai tog

23 Jaar en sy kop is so vol gemors kan hy gerehabiliteer word want hy het ‘n lank pad om te stap voor sy kop skon kan kom.

sproetjies

Genade! Red my siel! Wat gaan in so ‘n mens se siekbrein aan? Hoekom kinders se lewens so verwoes moet word gaan my gesonde verstand te bowe. Sluit toe en gooi die sleutes weg. Is daar ooit enige straf wat hierdie mens se denke en dade in ‘n positiewe rigting kan verander?

nig

45 aanklagte – hoe gaan iets so ver voor so ding uitgevang word. Mense leer jul kinders van speenoud niemand mag aan sekere dele van jou liggaam vat nie en al sê wie wat dan VERTEL julle vir iemand. Kleertjies dra ons want ons lyfies behoort net aan ons en niemand mag sommer net foto’s ooit van ons neem nie… ek weet nie wat nog nie, wragtig want ek verstaan net nie hoe kom so ding so ver voor iemand weet nie. Hoe kry so ding dit reg??Maak jul kinders paraat, dis al wat mens kan probeer doen. En hou… Lees meer »

Theresa

Doodstraf !!!