Rugby-bakleiery: UV maak nie verslag bekend nie

Tydens die wedstryd op Shimla-park op 22 Februarie 2016. Foto: Twitter via @UFS_SRC

Tydens die wedstryd op Shimlapark op 22 Februarie 2016. Foto: Twitter via @UFS_SRC

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Donderdag gesê hy sal nie die verslag van die ondersoek na ʼn voorval in Februarie 2016, toe betogers tydens ʼn rugbywedstryd op Shimlapark op die veld gestorm het, bekendmaak nie.

Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê media wat oor die inhoud van die verslag berig het, het nie toestemming gehad om die dokument te gebruik nie. “ʼn Eksemplaar kan dus nie aan Maroela Media voorsien word nie aangesien die universiteitsbestuur nog nie daardeur gewerk het nie,” het sy gesê.

Loader het wel ʼn verklaring oor die verslag aan Maroela Media verskaf. Daarin bevestig die universiteit dat die verslag oor die ondersoek na die Shimlapark-voorval, asook ander verwante voorvalle voor, tydens en na afloop van die gebeure, op 2 Desember 2016 voor die raad gedien is. Die verslag is glo 90 bladsye lank.

Maroela Media het vroeër berig chaos het in Februarie by ʼn rugbywedstryd op die UV-kampus uitgebreek toe betogers op die veld gehardloop en die wedstryd ontwrig het. ʼn Geveg het uitgebreek en talle omstanders het glo ook op die veld gehardloop. Die betogers is van die veld verjaag en die polisie was oomblikke later daar. Van die betogers is glo ernstig in die bakleiery beseer.

Die UV het ná hierdie voorval ʼn paneel aangestel, onder leiding van ’n afgetrede regter van die konstitusionele hof, regter Johann van der Westhuizen, om die voorval en die gebeure voor en ná dit te ondersoek. Volgens Loader is verskeie bewyse ingewin, onder meer skriftelike voorleggings en ander dokumente, oudiovisuele opnames, terreininspeksies en verhore op die Bloemfontein-kampus.

Ian van der Merwe, voorsitter van die UV-raad, het gesê die raad aanvaar dat die verslag “’n goeie aanduiding is van wat onmiddellik voor, gedurende en na afloop van die Shimlapark-voorval gebeur het en waarom”.

Volgens die UV se verklaring behels die aanbevelings in die verslag onder meer dat openlike of verskuilde rassisme, opsetlik of andersins, sonder versuim deur die UV hanteer moet word. “Verder is deurlopende gesprek oor transformasie en begrip tussen studente en personeel van verskillende rasse en van verskillende agtergronde nodig om maatskaplike samehorigheid te bevorder. Die gebruik van ‘haatspraak’, of opruiende en kwetsende taal wat daaraan grens, moet vermy word,” lui die verklaring.

“Die aanbevelings [in die verslag] dui verder daarop dat almal by die UV daadwerklik daarna moet streef om groter begrip te kweek, byvoorbeeld begrip van wit studente vir die frustrasie en woede van swart studente, begrip van swart studente vir die vrees van wit studente en begrip van almal vir die lot van werkers, ensovoorts; alle pogings moet aangewend word om te voorkom dat enigeen op die UV-kampus gemarginaliseer, geïgnoreer of verneder voel; en protesleiers moet hulle uiterste bes doen om binne die grense te bly van die grondwetlik-gewaarborgde reg om vreedsaam te betoog.”

Die UV het gesê in die lig van die verslag het die UV-raad aan die universiteitsbestuur opdrag gegee om ’n transformasieplan in oorleg met alle belanghebbendes op te stel, waaronder die Studenteraad (SR), waarin die aanbevelings van sommige ander bestuursverslae oor die saak in ag geneem word.

“Die denke agter hierdie besluit is dat ’n omvattende transformasieplan as bloudruk vir die verdere transformasie van die UV en die uitwissing van rassisme moet dien,” het Van der Merwe gesê. “Die raad het ook besluit dat oorweging geskenk moet word aan die totstandkoming van ’n transformasiekomitee wat regstreeks aan die raad verslag lewer en dat die transformasieplan vroeg in 2017 aan die raad voorgelê moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Danie ·

As mens die optrede wat hier voorgestel word vergelyk met, waar mense eintlik net hulle regte beskerm het (by ‘n byeenkoms van hulle keuse nogal) en die optrede teen die “feesmystfull “-veldtog skree dit “huigelaars”.

Heinrich ·

Wat van “ons moet verstaan dat beskaafde studente nou sê “NEE!!!” teen anargie as gevolg van transformasie en dat betogings volgende keer bestuur sal word om ander se menseregte ook te respekteer”?

Bekommerd ·

Ai, nog ‘n polities korrekte verslag……. dit voel ver verwyderd van hoe ek dit sien.

Lizelle ·

Hier is my vraag…waaroor is swart studente woedend en gefrustreerd? Hoekom dit kom uithaal op rugby spelers…besig met n game…en van wanneer af is die Afrikaanse studente bang…sorry…total hog-wash as jy my vra…en weer net n lang report oor niks eintlik…

Cherokee ·

Lizelle, jy plaas die vraag wat onmiddelik in my gedagtes was, op skrif. Waaroor is die swart sutudente woedend en gefrustreerd?
Middel verlede jaar het ek die deur van ‘n hysbak vir ‘n *swart dame oopgehou en ‘n swart jongeling het probeer voor haar instap. Ek het hom weggestoot, haar laat inklim en selfs voor hom ingeklim. In die hysbak het hy vir my gesê dat ek moet onthou dit is nie meer apartheidsjare nie. Toe ek hom vra wanneer hy gebore is en wat hy van apartheid af weet, het hy geen antwoord gehad nie want hy is gebore lank na 1994 en apartheid het nie bestaan vanaf ongeveer 1990. Sommige van die kommenators hier weet nie eens wat dit is (of was) nie.

Indien daar enige sin in hul sogenaamde woede sou wees, moes Afrikaners moerig gewees het met enige Engelsman en die Jode moes woedend gewees het vir al die Duitsers. En wanneer ek die woord ‘rassisme’ lees dui dit sonder uitsondering altyd op ‘n beskuldiging teen die blankes.

Flintstone ·

Stem Lizelle,”vrees van wit studente” klink eerder soos ‘n uitlating van iemand met ‘n minderwaardigheidskompleks wat nie die waarheid kan erken nie.Hierdie was ‘n duidelike voorbeeld van wat gebeur wanneer jy inmeng waar 2 groepe besig is om oor ‘n bal te baklei-jy steek eenvoudig nie jou kop daarin nie,hulle byt hom nou nou af!

Asjas ·

Cherokee, toe ek donkie jare terug begin werk het, was dit ook vir my snaaks dat mans (nie wit) altyd voor ‘n vrou by ‘n deur, vertrek of huisbak instap. Sello het toe vir my verduidelik dat dit eintlik ‘n teken van respek is in hul kultuur aangesien hy eers moet seker maak dat dit veilig is voor die vrou instap. Ek mag verkeerd wees of verkeerd verstaan het maar die jong klomp doen dit sommer uit moedswilligheid, rassisme en gebrek aan maniere. As hy jou nog kan stamp in die proses is sy dag gemaak!

Jopie ·

Niks vrese vir jou nie, donker broer. Verstaan dit tog. Dis ons kultuur om, wie ook al n rugbywedstryd onderbreek n pakslae te gee en van die veld te jaag.

Asjas ·

Presies!! In die goeie ou dae het 2 skole teen mekaar gespeel, die ander skool het nie die verloor so goed gevat nie en terwyl die wenspan besig was met gebed, onder hulle begin inklim. Die gebed is gestop, die fight is ge-fight en toe het die wenners (vir die tweede keer daardie dag) weer gebid. Almal op die veld, spelers, toeskouers, ouers, onderwysers, kinders en skeidsregters was almal wit.
As dit kom by Rugby, is sekere dinge net taboo en jy GAAN moeilikheid kry!!

Ivana ·

Ek stem saam – verslag saamgestel volgens hulle wette. Hoekom is rassisme altyd n eenrigting ding. Dit werk nooit andersom nie en as hulle kwaad is hoekom moet als opgeneuk, afgebreek en afgebrand word? Die woord hier is beskaafd want ons is veronderstel om in die beskawing te bly. Laat die wat wll leer/werk dit doen dan kan die ongelukkige siele hulself by die huis jammer kry en o ja – moenie vergeet nie – al die beurse se geld is eintlik bedoel vir jul studies en nie vir sigarette, drank en klere nie.

Connie ·

Die betogers moes in die eerste plek nie op die rugbyveld gegaan het nie. Period. Toe hulle slae kry huil hulle…… Shame. O en ons sissie bang nie. Is julle wat bang is.

Kaapseknoop ·

Videomateriaal is beskikbaar wat toon hoe ‘n betoger ‘n blanke damesstudent deur die gesig slaan met ‘n (groundshout) luidspreker. dit het oa aanleiding gegee tot die onderonsies. Waarskynlik sal niks daarvan gese word nie, maar die “aktiviste se menseregte is geskend”

Ammie ·

Frustasie en woede van swart studente? Ag asseblief, ek is nou al so dik vir hierdie storie! Die swart studente van vandag weet nie eers wat apartheid is nie, hulle is eers daarna gebore!

Rus in Vrede Rugby SA ·

What the hell? Hoekom is dit altyd WOEDE en FRUSTRASIE van swartes en VREES en BEGRIP Van wittes? Wat van die BEGRIP van swartes en WOEDE en FRUSTRASIE van wittes, wat gaan julle daarmee doen? TRANSFORMASIE is ‘n euwel, want dit is 22 jaar NA ‘n Demokratiese oorgang, so hoekom word dit nog in almal se kele afgedruk? As spanne op PRESTASIE gekies word MAG kleur nie ‘n rol speel nie, nie wit nie maar ook nie swart nie. dit is hoekom ALLE GOEIE WITTES oorsee speel vir klubs en SA rugby in die SKOKKENDE toestand is wat dit is. INMENGING VAN POLITIEK IN RUGBY HET SPRINGBOKRUGBY geKILL!!

Flintstone ·

Hierdie is ‘n eeu-oue verskynsel.Iemand met ‘n skoorsoekende geaardheid sal bly moeilikheid soek totdat iemand hom ‘n ordentlike afransel gee,dan is hy stil vir ‘n ruk.Nie lank dan begin die skoorsoekery van voor af.Hierdie is ‘n kopding,niks anders nie.

gerbrandt ·

Hulle wil nie die verslag bekend maak nie want die moeilikheidmakers was donker van kleur. Dit is wat. Indien die moeiliheidmakers wit was, was dit op al die voorblaaie van al wat ‘n koerant was geplaas.

Ronnie ·

Ek het die hele verslag in media24 gelees, en ek was sommer naar op die krop van my maag. Sowat van partydigheid het ek nog min gesien. Die enigste reaksie waaraan ek kan dink, is bla bla bla.

Frans C ·

Gaan na Netwerk24 en tik in die soekarea in :’Geweld by Kovsies:Hier is die redes ‘en jy behoort ‘n goeie indruk van die inhoud van die verslag te verkry.

Baie duidelik ‘n verslag wat poog om die gedrag van veral swart studente te verduidelik.
So word die afbreek van die standbeeld van C R Swart as ‘n simboliese oorwinning beskou en gelykgestel aan die verwydering van Saddam Hussein.

Rupert Ashford ·

Danksy ou Jonnitin is Kovsies nou ook geskiedenis met net ‘n paar hendsoppers en joiners wat nog die skip probeer op koers hou. Maar dis goed so, dan kan Afrikaners die ware kleure sien en hoe langer hoe meer plekke soos Akademia ondersteun. Sela.

groenewaldt ·

Jy is reg Rupert! Jy is so reg!!
Die hensoppers en rugraatlose lot tussen ons moet van ons geskei word. Skei die kaf van die koring sodat ons kan aangaan sonder hulle. Hulle weet wie hulle is.

V ·

Die lafharte sal nooit opstaan en se :” ek is die rugsteker” nie! Weet die swart nie hoe woedend en frustreerd ons is nie? Transformasie is die grootse rassisme in die land! Hulle kry nou al meer as 22 jaar die beste hulpbronne, maar kan niks daarmee doen nie. Meriete is die antwoord, nie opheffing! Ek was in aparteid gebore en as jy nie goed genoeg was vir die span nie, dan is jy `n VERDOMDE ONDERSTEUNER!!!! Maar dit motifeer jou ook om beter te doen en harder te werk. Solank as wat als op `n skinkbord gegee word, sal dit op `n skinkbord verwag word!

Jan maak n Plan ·

Net een vraag gou gou. Hoekom het die polisie eers toe die “wit” studente op die veld hardloop om die betogers te verjaag op ge tree. Hoekom het hulle nie al opgetree toe die betogers deur die het gebreek het en ‘n vrou geslaan het nie. Ek dink die wit studente van vandag is n klomp lamsakke en sal my slsgs verkeerd bewys, as hulle betogers wat amok maak op kampusse verdryf.

Maria Van Dieweeck ·

Die vrees van wit studente?! Eks bevrees ek verstaan nie!

Anton ·

Die volksblad het dan gister volledig hieroor ‘n berig geplaas. Waar kry hulle die volledige berig?

Wouter ·

Ek was daar daardie aand en ou Jonathan het vir die sekuriteit persoonlik gese hulle mag nie aan die studente raak nie. Maar toe ons op die veld storm om daai klomp te verjaag toe mag hulle eweskielik inmeng. Ons het self n paar houe ingekry. En as jy by Kovsies werk en jy rek jou bek is jy uit op straat. Dit het niks met pap broek of lamsakkigheid te doen nie.

Piet ·

Nee Jan hier moet ek toegee dat Wouter reg is. As dit nie vir manne soos Wouter was nie het hulle die meisie wat hulle so geslaan het dalk nog verkrag ook. Daar was nie lamsakke tussen die manne nie. Ek weet nie of ek sou betrokke raak nie want ek is dalk een van die lamsakke waarna jy verwys. Ek (of ek ken n ou) het al my werk verloor en ook n draai gemaak in die tronk. Om die regte ding te doen is soms moeilik, mens moet begrip daarvoor he.

AKellerman ·

Ek verstaan nie die redenasie dat betogers die reg het om” vreedsaam “n wedstryd te ontwrig nie.Maar wat v d regte v d spelers,borge,toeskouers?Net so verstaan ek nie hoe betogers n openbare pad mag blok nie.Wat v d regte v die motoris?Of v d studente wat wil klas loop of eksamen skryf?Troef sekere regte dan die van ander?

helene ·

Og! ek is so moeg vir hierdie getjommel. Wat is dit met die mense wat nie kan besef dat dit maar weereens n manier is om teen die blanke te diskrimineer nie. Ek kyk maar net daagliks hoe my kleinkind met maatjies van ander kleur speel. Hierdie kinders het nie n benul wat aangaan nie maar ek voel dit is gebelgde ouers wat hierdie dinge by hul kinders aanwakker. Hulle stry en baklei maar op die ou end is hulle weer maatjies en die grootmense nog steeds haaks. Hierdie is opsweping in die ergste graad. Dit help nie eers meer reels en wette word gemaak nie – die kwaadstokers is verhewe en maak nes hul wil. Ek is siek dat blankes vir alles verantwoordelik gehou moet word. En “ons IS NIE BANG NIE!” ons is net ordentlik DANKIE!

m ·

Is julle nou bang of wat, julle was tog so gou om dit te ondersoek. Toe ons wil weet ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.