Rugby: Bokke gaan niks verander nie

Jacques Nienaber. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die Springbokke het dalk drie agtereenvolgende naweke wedstryde verloor, maar hulle hou vol dat hulle niks aan die wedstrydplan gaan verander nie.

Afrigter Jacques Nienaber se antwoord op ʼn vraag of daar enige taktiese veranderinge gaan wees nadat die Bokke met 17-19 teen die All Blacks verloor het, was kort en kragtig: “Ek dink nie so nie.”

Kaptein Siya Kolisi was ook ferm in sy reaksie en het gesê hulle “gaan nooit enigiets verander nie”. “Dit is hoe ons weet om te speel en dit het nog altyd vir ons gewerk.”

Dit is die reaksie uit die Bok-kamp al is daar skerp kritiek teen die vervelige skopplan van die Wêreldkampioene. Nieu-Seelandse media beskou dit selfs as ʼn klad op rugby, want “wie wil nou na ʼn geskoppery kyk”. Dit is waarskynlik omdat hulle meeding vir kykers met rugbyliga-wedstryde waar hardlooprugby aan die orde van die dag is.

Al het die All Blacks die lugaanval van die Springbokke en veral Faf de Klerk verwag, was hulle steeds verbaas om te sien dat daardie taktiek gebruik word, selfs al was die Bokke in die Nieu-Seelanders se kwartgebied.

(Foto: Patrick HAMILTON/AFP)

“Ons het dit nie verwag nie. Dis vir seker ʼn ander manier om druk op te laai,” het All Blacks-hulpafrigter John Plumtree gesê. Hy sê die spelers was verbaas deur die woer-woer van die balle wat De Klerk geskop het en dit was moeilik om uit die lug te vang. Hulle sal beter voorberei daarop wees, want die All Blacks verwag dieselfde skopplan vir volgende Saterdag se wedstryd.

Plumtree reken daar is talle aspekte waarop die All Blacks moet verbeter.

“Ons spel by die afbreekpunte was nie naastenby op die standaard wat dit teen die Springbokke moet wees nie. Ons kon nie genoeg druk op hulle plaas nie, want daar was te veel omkeerbesit.”

Hy meen ook sy span het te vlak gespeel en dit het die Bokke se verdediging die geleentheid gegee om te oorheers.

Die Nieu-Seelanders het ook talle hanteerfoute gemaak en was nie op hulle beste in die lynstane nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Malan ·

“Dit het nog altyd vir ons gewerk” ?? Regtig? Ek dog mos al die tyd Kolisi is nie op die veld nie.

Politikus ·

Kolisi was die beste speler onder die Bokke gister op die veld. Die kwalik verskuilde rassisme van hierdie tipe opmerkings soos joune Malan, is ook misplaas, getuig nie van gebalanseerde insig nie en is opruiend. As daar dalk môre weer ‘n plaasmoord is sal jy seker weer kliphard tjank, maar gerieflik vergeet het van jou kwetsende opmerking vandag? Of is jy een van die Saners wat reeds weggehardloop het??

Werner ·

Politikus jy seker jy het nie na n sokker wedstryd gekyk nie.As hy een vd beste spelers was is dit geen wonder hulle verloor so nie

Harry ·

Sorry ou maar kolisi was nie die beste speler nie, hy was per ongeluk 1 of 2 keer op die regte plek om n tekkel te maak en dit was dit, hy is ook nie n kaptein se dinges werd nie, en niemand was rasisties hier nie, net jy wat weer die rasse kaart speel, spelers sois Bhutelezi van die Sharks, Mbonambi van WP, Ntobeni van WP ens is 100% beter kapteins as die ou.

Herman ·

As jy niks verander, gaan die telling ook nie verander. Dom.

annie ·

Al waarmee ek met nog ‘n span wat ook nou goud en groen dra ten spyte van hul landsvlag se rooi, wit en blou is dat SA se span nie meer hardlooprugby speel nie.

Johann ·

Arrogant! Verloor verloor veloor…maar gaan niks verander nie? Of is dit deel van die TRANSFORMARS span status?

piet ·

Dis die afrigter wat besluit watter patroon gespeel word, nie die kaptein nie. Rassie en Nienaber lyk nie na buigsame manne nie.

JohanR ·

Miskien moet Marco van Staden hierdie naweek in die ophardloop span wees. Hy het Saterdag baie energie gebring, Ek hou van hoe die Europa spanne speel soos Benneton, Glasgow Leinster ens, Vinnig vinnig vinnig en die voorspelers is soos agterspelers. Ons kan leer!

Skim ·

Ek wens ons kon ook ‘n skopper kry so goed pale toe skop soos daardie Australiër. Dan weet jy darem jy kan op hom staatmaak vir punte. Met Pollard weet jou nooit wat wag nie, gaan hy vandag goed skop of is dit sy afdag. En Nienaber laat my wonder oor sy aanstelling.

Politikus ·

Ons het een wat beter is as daardie Australiër. Sy naam is Morné Steyn.

Willem ·

All Blacks die wêreldkampioene en sal dit bly.Bokke is n span wat rassisme voorgooi as hul verloor!!!!!Kwotas die probleem.Ek sal nooit weer diezamvucks ondersteun nie eks n All Black supporter!!!!!!

Aries ·

Kan iemand wat weet van rugby afrigting ASSEBLIEFTOG net vir Nienaber reghelp dat hy n springbokspan moet afrig en NIE n “sokkerspan” nie- Nienaber se afrigting gee die opponente geen slapelose nagte nie want hulle weet hulle hoef hulle NOOIT te bekommer oor die Bokke se agterlyn nie want die Bokke se agterlyn kry byna nooit meer die bal om aan te val nie.

Politikus ·

Die Bokke het die Alll Blacks van hul voete gespeel. Al wat hulle moet doen is om die bal in die hande te hou en nie te skop nie tussen die 10m en doellyn van die opponente. Met daardie klein verstelling sou die telling gister gemaklik 31-19 in die Bokke se guns gewees het. Ek is glad nie bekommerd oor die Bokke se 3 verlore nie, twee daarvan was net ongelukkig. Slegs die 30-17 teen die Aussies was ‘n swak vertoning.

KB ·

Die Springbokke kort ‘n Jannie de Beer of ‘n Naas Botha…puntemasjiene. Nie skoppende skrumskakeltjies nie, maar ‘n Joost wat kan dink, ‘n gaping kan slaan, en ‘n Jonah Lomu in sy spore kan stuit.
Die bestuur moet gaan huiswerk doen. Julle is maar tweederangs.

piet ·

Wel, dit het nou ten minste 4-keer nie gewerk nie, 1 keer teen die Leeus, 2 keer teen Aus en 1 keer (wat 2 keer gaan word) teen NZ.

KB ·

Ja, en die radiostasies is stil. Dis net supersport wat mos alle regte het…so sterf rugby vir Jan Publiek.
Sê dankie aan dstv se supersport en die minister dat jul pawiljoene so leeg geword het. Moenie kom geld vra nie, julle het ons gefaal. “Goeienag ou Grote”, sou Zandberg Jansen gesê het.

piet ·

Ons beste spelers is “transformasie spelers”, wat’s jou probleem? Raak eerder ontslae van useless spelers soos Pollard en Le Roux.

piet ·

Ons het nou 50% van vanjaar se toetse gewen (ek tel nie Georgie nie) en ons het net 2 wedstryde van die agt wat ons gespeel het, teen goeie teenstanders gewen. Dit lyk nie vir my asof dit werk nie.

Kokkie ·

Nienaber se vasbeslotenheid om te volhard met die bal-wegskopplan en kaptein Kolisi se ferm reaksie dat hulle NOOIT iets gaan verander nie omdat dit is hoe hulle weet om te speel en omdat dit altyd vir hulle werk (behalwe natuurlik nou vir die laaste drie agtereenvolgende wedstryde), is om die minste daarvan te sê domastrant. Na gister se wedstryd, was Kolisi teleurgesteld en kon hy nie verstaan wat vir hulle verkeerd geloop het nie. Afrigters en kapteins met sulke argaïese benaderings is myns insiens nie geskik vir hulle verantwoordelike posisies in die hedendaagse baie kompeterende toetsarena nie. ‘n Laerskoolrugbyspeler sal vir hulle kan sê dat ‘n mens nie rugbywedstryde wen deur alle (goeie) besit doelloos weg te skop nie.

piet ·

Al die spelers het blykbaar “ingekoop” by die wedstrydplan. Ouens soos Pollard en Vermeulen was ook al bale uitgesproke en verdedigend oor die wedstrydplan. Geen speler sal dit openlik kritiseer nie.

Boon ·

skop en storml. wat ‘n pateaties oppotunistiese spelpetroon.

piet ·

Dis definitief opportunisties en jou kanse om die bal terug te wen is minder en hang omtrent heeltemal af daarvan dat die opponent ‘n fout maak. Ek het iewers gelees dat die statistieke wys dat jou kanse om die bal terug te wen na so ‘n hoe skop, is minder as 30%. Dis dus ‘n swak opsie.

SjN ·

Die score gaan ook nie verander nie, en dit word logika genoem.

Anoniem ·

Die volgende wereldbeker is om die draai en met hierdie ou spelpatroon en spelers gaan ons weer teen Japan verloor. Viva bokke viva bwahaha wat ʼn grap. “From hero to zero” in 3 wedstryde.

Hanru ·

Bokke het baie beter gespeel – voorspelers het spelpeil drasties gelig en goeie uitvoering gegee aan wedstrydplan deur vaste fasette te oorheers en te kompeteer by afbreekpunte. Die goeie strategie het egter skipbreuk gely agv swak besluitneming op taktiese vlak. Nommer 9, 10 en 15 het 36 keer bal-in-hand weggeskop, teenoor AB’s se 11. Hoekom skop jy ‘n “uppie” in opponente se kwartgebied as jy op die aanval is en jy weet jy het ‘n sterk pak voorspelers wat sal ondersteun by afbreekpunte en heel moontlik ‘n strafskop, of 2, sal melk???

SlinkseKoljander ·

Ek kyk nie meer die gemors nie, te veel politiek en BEE aanstelling.
Dit is altyd die B of C span wat op die veld draf sodat “ons mense” ook `n kaans kry.

Daan ·

Rassie en kie het Vrysstaat rugby so op gemors en nou mors hul Springbok rugby ook so op. Dit is omdat hul nie n behoorlike wedstryd plan kan uit werk nie. Maar aan die ander kant kort ons ook behoorlike senters en n heel agter wat van beter gehalte is .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.