Rugby-moord: Vier weer in die hof

Blayne en Kyle Shepard, Andries van der Merwe en Dustin van Wyk tydens 'n vorige hofverskyning Foto: enca.com

Blayne en Kyle Shepard, Andries van der Merwe en Dustin van Wyk tydens ‘n vorige hofverskyning Foto: enca.com

Vier mans wat daarvan aangekla word dat hulle ʼn rugby-ondersteuner buite Durban se Kings Park-stadion doodgeslaan het, sal na verwagting Maandag in die Durbanse streekshof verskyn.

“Die saak is van 10 tot 14 Maart geskeduleer,” het Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), verlede jaar ná ʼn hofverskyning van die vier gesê.

Die broers Blayne en Kyle Shepard, Andries van der Merwe en Dustin van Wyk staar elk ʼn aanklag van moord, drie van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig en een van crimen injuria in die gesig.

Ramkisson-Kara het gesê die aanklagte teen ʼn vyfde beskuldigde, Grant Cramer, is laat vaar weens ʼn gebrek aan getuienis wat hom aan die misdaad kon koppel. Hy staar een klag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig in die gesig.

Die voormalige seesoldaat Brett Williams is op 23 Maart 2013 by ʼn Super XV-wedstryd doodgeslaan. Die vier beskuldigdes is op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Staatsaanklaer Krishen Shah het in Junie 2013 tydens die hofverrigtinge gesê Williams en Cramer het vroeër die aand buite die stadion ʼn onderonsie gehad. Cramer het Williams in ʼn wurggreep gehad en hy het sy bewussyn verloor, het Shah verduidelik. Paramedici het hom bygebring, maar die ander vier het hom later die aand geskop en geslaan tydens ʼn tweede onderonsie. Paramedici kon hom nie weer bybring nie. Hy is op die toneel dood verklaar. -SAPA

Lees ook:
Rugby-moord: Verhoordatum bekend
Rugby-moord: Seesoldaat het glo vroeër ook baklei
Rugby-moord: Verdagtes se name bekend gemaak
Rugby-moord: Vier hoop vir borg
Rugby-moord: Mense vir uitkenningsparade gesoek
Rugby-moord: Verdagte kry borg; name weerhou
Rugby-moord: Vier gee hulself oor
Rugby-moord: Vyf sal hulself glo oorgee
Rugby-moord: Slagoffer se naam bekendgemaak
Brit sterf in geveg ná Super15-stryd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.