Rugby-skeidsregter doen regstappe na toeskouer hom aanrand

Die toeskouer het Nel met die vuis in die gesig geslaan. (Foto: Verskaf)

JP Nel, ’n onderwyser van Vanderbijlpark, is Saterdagoggend deur ’n rugby-toeskouer aangerand nadat hy as skeidsregter vir die o.12-rugbywedstryd tussen Brakpan en Boksburg se junior rugbyklubs in Springs geblaas het. Die toeskouer het hom met die vuis in die gesig geslaan.

Nel het Sondag by die Springs-polisiestasie ’n aanrandingsklag aanhangig gemaak.

Nel is direk ná die wedstryd na die kleedkamer om ander klere aan te trek. “Ek was nog besig om my trui oor my kop te trek, toe dié man met die blou hemp voor my staan. Hy het vir my gesê hy het gekom om houe uit te deel,” vertel Nel.

Nel het Dinsdagoggend aan Maroela Media gesê die toeskouer was glo ontsteld oor ’n strafdrie wat aan Boksburg toegeken is. Dié was reeds Boksburg se tweede drie en Boksburg het die wedstryd gewen.

“Net voordat hy my geslaan het, het hy gesê: Jy wil mos drieë vir Boksburg gee. En toe slaan hy my in die gesig,” vertel Nel.

Die toeskouer het net ná die voorval uit die kleedkamers gestorm en verdwyn.

Nel glo die toeskouer kan moontlik ’n ouer van die Brakpan-rugbyspan wees. “Net voor ek in die kleedkamer ingegaan het, het die man met die blou hemp langs die veld saam met ander Brakpan-ouers gestaan en skree.”

Die Brakpan Junior Rugbyklub het die voorval bevestig, maar weet nie wie die toeskouer is nie.

Volgens Nel was daar ʼn ooggetuie in die kleedkamer wat glo die voorval gesien het.

’n Beloning van R6 000 is deur Vereeniging, Kempton, Springs, Meyerton, Boksburg en Suikerbos se rugbyklubs uitgeloof vir enigeen wat meer inligting oor die man het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Anoniem ·

Hoop daar sal ‘n prokureur wees wat sy dienste gratis sal aanbied om hierdie lafhartige optrede stop te sit ! Wat ‘n skande !

Zettie ·

@Michael P – ek het nogal geweet my plasing gaan verwyder word. Die waarheid mag mos nie geuiter word nie. En ek het nie een vloekwoord eers gebruik nie! lol!!!!

Michael P ·

Ja Zettie. ek sien nou eers baie van my goed sit hulle nie eers op nie dit is waar wat jy se.

Rugby afrigter ·

Dis klaar moeilik genoeg om ouers te kry om hulle kinders by klubs in te skryf en nou hierdie “toeskouer” wat die skeidsregter slaan.

WP se skeidsregters het so ruk terug gestaak oor sulke mense.

Klub rugby is regtig ‘n goeie leerskool vir jong rugbyspelers, 99% van ons wedstryde word in baie goeie gees gespeel. Die idee is tog om die outjies speeltyd te gee in die sport wat hulle voor lief is.

Siener ·

Dis baie waar wat jy sê. Die klubs word al minder by die dag. Daar word baie rugby gespeel op skole vlak maar na-skool verdwyn hulle net. Die goeie spelers bypass klubrugby en gaan oorsee waar hulle opgemerk word vir die kwaliteit speler wat hy is. Ek aanvaar blasers moet ook leer soos rugby spelers en maak foute. Veral op skolevlak het die jong refs ” ‘n eie ek is reg” houding wat hy wil afdwing op jong spelers al maak hy verkeerde besluite. Dis waar ouers wat die reels beter as die ref ken hulle agterente wip. En glo my daar is toeskouers wat ook hulle geliefde sport se reel boekie oplees en leer netsoos refs.

Frank ·

Ja, onthou hier in die 90’s hoe lekker het ons Saterdag middae gesit en klub rugby kyk!

karen ·

Ek stem ook saam met jou. Baie skole se sport programme is so vol dat dit die seuns amper heel jaar besig hou. Daar is seuns wat net-net nie die “cut” by die skool se span maak nie en by die klub kry hierdie spelers dan ook waardevolle tyd om hulle harte uit te speel.
Hierdie insident van Saterdag doen groot skade aan (veral junior) klub rugby.
Ek hoop van harte die skuldige persoon word vasgetrek

Bakke ·

Dis regtig baie waar,
Soos ek is by 0/11 B span betrokke die jaar,
En ek het n klomp spelers gehad wat nie kans kry by laerskool rugby nie. Die rede het ek nie n idee nie.
Maar van daai latte het so baie ervaring opgetel en hulle het my so trots gehad maak nie saak hoeveel ste ons geiendig het nie.
Die skeidsregters in die algemeen was regtig baie goed en ek is bly om te sien dat hulle nie geintimiderd was deur ouers nie.
Ongelukkig sal jy een of 2 ouers kry, wat anders sal optree en daar voor word ongelukkig almal in die selfde kamp geskei.
Ek hoop regtig junior klub rugby gaan voort gaan volgende jaar en dat die sprake van junior klub Rugby nie gestaak gaan word nie.
Groete
Afrigter juniors

Helena. ·

Net soos politiek inmeng met sport so wil ouers ook inmeng met skole sport. Stop die euwel sommer nou..sit daai vark weg tot hy maniere geleer het. Arme kind met so n vieslike pa.

Morne ·

Ek wou al hoeveel kere n skeidregter aan rand. Maar ek besef jy stel jou kind in die virleenheid, ook as ouer moes ons n code of conduct teken dat ons ,ons moet gedra. Ook dit help nie om kwaad te word nie die ref se beslising is finaal en jy as ouer moet dit aanvaar. Leer erder die kinders om n verloor te vat en werk om hulle n wen span te maak. Sterkte vir daai skeidsregter en ek hoop hulle kry die man wat hom geslaan het want sulke mense hoort nie rugby waar kinders rugby speel te kyk nie.

Cobus Grobler ·

Volwasse uitkyk Morne. Meer mense soos jy nodig in die samelewing.

Siener ·

Stem saam Morne. Ek dink Rugby SA moet ook gedeeltelik pa staan vir sulke voorvalle. Swak skeidsregters word verkla by die Skeidsregter Vereenigings maar niks word daadwerklik gedoen om skeidsregters nog beter op te lei veral in moeilike situasies nie.
Swak skeidsregters wat kritieke foute maak wat die “Wen of Verloor” veroorsaak gaan net eenfoudig aan met swak beslissing week na week. Op die ou einde tree ‘n swak selfbeeld na vore as die ref die hele tyd verantwoordelik gehou word deur ouers en skeidsregter vereenigings dat hy op die ou einde selfs ophou blaas. Ek glo skeidsregters moet beter opgelei word selfs op skole vlak om op die ou einde beter ref te wees op wereld vlak. Om die reelboek op te swat en ‘n kort eksamen te skryf is nie goed genoeg om ‘n goeie ref te wees nie, self op skole vlak.

toy ·

Agnee mnr, watse voorbeeld is jy nou vir jou kind, nou gaan hy dink dit is hoe dit gedoen moet word, slaan alles reg. Dit is hoekom ons boelies kry in skole, die voorbeeld is die ouers. Leer jou kind vat ‘n verloor soos ‘n man ander dag dan wen hulle weer teen die wat hulle verloor het.

Theresa ·

Natuurlik is dit ‘n ouer. Dit kan nie SO moeilik wees om die buffel te identifiseer nie. Die ouers het ook almal gek geword. Dit wat vir die kinders lekker moet wees, word deur die ouers verwoes. Hierdie ongeskikte man moet aan die pen ry. Slegte voorbeeld wat hy vir kinders stel.

Erika ·

Mag hierdie onopgevoede toeskouer die res van sy lewe geskors word van enige rugby veld. Hy stel nie net sy kind,vrou in ‘n verleendheid nie, maar ook die skool. Jammer dat sulke mense toegelaat word om in ‘n kleedkamer van ‘n skeidsregter mag inbeweeg! Sekuriteit???

SjN ·

Leon se liedjie van die ref met die oogklappe aan, in Brakpan word jou ore gou oopgemaak.

Anoniem ·

Wonder of die man sy hande ook so maklik lig vir sy vrou en kinders?

Penellope Jones ·

Ai, was dit werklik die ”moeite” werd?
Sien leef en laat leef !

Tannie ·

Mens kry hierdie ouers orals by skoolsport. Het dit al persoonlik beleef van judo tot skaak. Hulle weet altyd beter, en wil inmeng as hul kind aan die verloorkant is. En dis nie altyd nie pappas nie… Dis kan nogal heel vermaaklik wees! Wens net hulle wil besef hul kinders skaam hul oge uit hul oogkaste hiervoor.

Iemand soek aandag ·

Sjoe maar jy soek darem maar baie aandag op die verkeerde plek… jy niks beter om te doen as om soveel gemors te praat nie? Gaan sit eerder in die hoekie en bly stil jy maak ‘n gat van jouself.
Miskien het die aanvaller geen maniere nie en is nie goed opgevoed nie sou ek sê, klink vir my jy val dalk in dieselfde klas as hy…

@Jessica ·

Julle wat so op en af spring oor die kamera voorstel, dink bietjie buite die box. Dit kan op ‘n strategiese ligging wees wat slegs verkeer in en uit die kamer opneem.

Obserweer ·

Nee wat nou het ek als gehoor ????????????. Jammer Mr. Ref my aanbevelling sal wees om n krieket helmet voor tydens en na afloop van die wedstryd te dra. Skole rugby is nie meer wat dit was nie.

Siener ·

Laat ek raai, Jy is ‘n Springbok ondersteuner met sulke mooi woorde.
“n Munt het twee kante. Ek dink die Brakpan ref het gekry wat hom toekom. Hy het seker geblaas met oogklappe aan. Gaan leer eerder jou rugby reels as jy saam met die groot mense wil praat.

Attie ·

Drank het seker weer al Vrydagaand begin vloei. Naweek-kapperjolle in SA…naweke, drank en rugby. Die somtotaal van sommige se bestaan.

OnsWasOokDaar ·

Dit is regtigwaar ‘n verskrikking. Ons is elke Saterdag langs die rugbyveld. Ek leer my seun soos die Bybel se, “Respekteer jou ouers” dit sluit ook in die Skeidsregter! Sy besluite is finaal!! Finnish en Klaar!

Rugby Supporter ·

Die ref het baie goed geblaas en was een van die beste op die dag. Die Straf drie was gegee omdat Boksburg se speler hoog gevat was oppad doel lyn toe. Niemand anders om die aanvallende speler te stop nie. As ek die reels ken is dit beslis n straf drie.

Louis ·

Dit is uiters swak van n persoon om ander aan te rand omdat jou mening verskil
Die alles om te wen sindroom vernietig die gedagte van deelname om jouself uit te leef en te geniet waarvan jy hou
Ongelukkig gaan daar altyd hierdie tipe mense met ons wees wat dinge wil reg slaan wanneer dit nie gaan na hul siening nie

Joke! ·

Oe jinne wee..Tussen brakpan en boksburg gaan jy paneel klop geword.

Rina ·

Ou Sienertjie, ek is ook ‘n groot Springbok ondersteuner – wat het dit met die prys van eiers te doen?? Ek dink jy moet regtig net stilbly en “sien” wat jy sê………. miskien moet jy vir jou ‘n ander skuilnaam kry of net heeltemal van die kommentare af weg bly. Voel regtig baie jammer vir jou – jy is een van daardie mense wat altyd reg is en almal om jou is verkeerd.

AB ·

Praat verseker nie die toeskouer se gedrag goed nie, maar het self al gewonder waar sommige van die skeidsregters hulle gidshonde of wit kieries bêre terwyl hulle die game blaas?

Siener ·

@KG. Ek dink die aanranding van refs sal nie stop nie. Al waneer dit sal stop is as ‘n Skeidsregter Vereenigings en Wereld Rugby begin om skeidsregters verantwoordelik te hou vir hulle beslisssings op die veld. Sekere skeidsregters het selfs op wereld vlak ‘n reputasie om spanne voor te trek. As die publiek sien dat skeidsregters ook verantwoording moet doen vir sy aksies op die veld sal dit stop. Ek het al baie gesien hoe skeidsregters kinders te na kom deur hulle verkeerdelik aanhoudend te straf net omdat hy die ref is met mag. Kinders het al ophou rugby speel oor swak skeidsregters.
Wat in die kleedkamer gebeur het tussen die ref en ouer is onbekend. Om ‘n skole ref aan te rand wat nog leer is verkeerd. Die regte stap is om om te verkla by die Provinsiale Skeidsregters Vereeninging wat hom moet evalueer.

Chantelle ·

Hierdie man het my kind bygestaan toe hy sy rug gebreek het (en die bete mediese sorg onmiddelik toegedien), hom na die tyd in die hospitaal besoek en by die skool bygestaan. As dit nie vir sy kundigheid was nie kon my seun vandag verlam gewees het. Hy verdien dit glad nie. Wat ‘n puik onderwyser, hy sal letterlik alles vir kinders doen en opoffer.

Soek regverdigheid ·

My seun het hierdie jaar aan die IPT toernooi in Alberton deelgeneem. Die standaard van skeidsregters was om die minste te se “shocking”. Wedstryde het buite beheer geraak omdat skeidsregters swak beslissings maak. Op die einde van die dag sit ouers in hospitale met beseerde kinders en die swak hantering van die wedstryd deur skeidsregters word nie aangespreek nie

Stan ·

My mening is dat daar te veel druk op kinders geplaas word van jongs af om te presteer…… Mense moet hul kinders van kleins af leer, die lewe is nie altyd regverdig nie, vat hom op die ken en speel die volgende wedstryd net harder!! Mnr die Ref, jy weet mos jy kan nie daai area sonder n sambreel ingaan nie, die klappe gaan val…..

Dirk ·

Komaan mense, doen die regte ding en wys die man uit! Mense wat so optree het verseker vyande. Nou’s dit jou beurt..

Karin ·

Het vir baie jare die noodhulpdienste langs rugbyvelde gedoen en bestuur, van laerskole tot senior provinsiale vlak, en nog nooit meer onbeskofte toeskouers en ouers gevind as langs ‘n rugbyveld nie. Ek het boek vol daaroor geskryf. En nee…ons is NIE die pynpolisie nie, het almal professionele opleiding en akkreditasie.

Ook Een ·

Hou op kla oor skeidsregters. Indien jy meer weet as die skeidsregter, raak n skeidsregter! Maklik man, maklik.

Danie ·

Ek skors so ouer vir ewig jammer ek was nie daar nie!!!. Dis nie van klappe uitdeel nie hy gaan net die verkeerde persoon aanrand. daar is te veel ouers wat nie reels ken nie en dink hulle weet, meskien moet die ouers ook n Ref kurses gaan doen onderleiding van die klub bestuur in die begin van n seisoen en dan sal baie probleme opgelos word.

Rugby afrigter ·

Danie dit is makliker gesê as gedaan. Jy kry nie eers genoeg ouers by belangrike vergaderings nie, gaan hulle nog minder by ‘n kurses kry. Het ook al gekry dat afrigters nie die reels ken nie en dan die ouers op hol jaag, en die afrigter is ‘n gekwalifiseerde ref.

Maar nou ja, hulle sê mos jy kry 2 soorte mense. Rugby kenners en dan die mense wat die reels ken, die probleem is daar is te veel rugby kenners en te min wat die reels ken

ES ·

Die skole of rugbyklubs moet net ‘n reeling begin toepas wat dit duidelik stel dat geen ouer of ondersteuner langs die veld mag skree nie – enige en elke ouer moet op die pawiljoen wees en as hul nie hulself kan gedra nie, moet hul verbied word om enige rugby wedstryd by te woon.

Wat sou dit nou in elke geval help om ‘n skeidsregter by te dam? Maak eerder ‘n formele klagte!

Swak selfbeheersing en swak voorbeeld vir jou kinders – jy behoort jou te skaam, wie ookal jy is!

Rugby afrigter ·

Ek verstaan wat jy sê, maar jy kan nie skree langs die veld verban nie, jy gaan niks ondersteunders langs die veld he nie en dan ook niks spelers nie. Die probleem wat die persoon skree.

B ·

Dis maar hoe ons agteruit boer – mees neerhalende taalgebruik op sosiale media, en vuishoue in werklikheid. Treurig :(

Heksie ·

Brakpan se rugby ondersteuners is maar bekend vir hul swak gedrag en die vrouens se kru taal langs die veld.

tw ·

Onder 12’s, nee wragtig, dit is te erg. Hierdie kleintjies moet eintlik nog net speel vir die genot daarvan, nie wen en verloor nie. Ek wed jou hierdie “pappa” en nooit enige sukses self behaal met rugby nie.

Sê maar net ·

‘n Wedstryd tussen Brakpan en Boksburg, daar le die probleem…

Lc ·

Was by n prys uitdeling waar die MC n ou Currie bekker Span dokter was, hy het dit nogal goed opgesom, daar is ouers wat Wil he hulle kinders moet tops wees maak nie saak of dit tenkoste van die kind se gesondheid ( roids ens) i, en of die kind dit Geniet of nie, sy mening is hierdie kinders moet nou die ouers se droom uitleef , want Pa en Ma Kon dit nie self in sport gemaak het toe hulle jonk was nie.Nou moet boetie n Springbok wees .
Ek glo gee die kinders ruimte om hul self te Geniet.
Onthou ons kinders leer ons gewoontes aan so kom Ons wees n voorbeeld vir hulle.

Rugby afrigter ·

Dit is baie waar wat jy sê, daar is baie sulke ouers.

Daar is ook ouers wat nooit die geleenthede gehad het nie, wat alles sal doen om hulle kinders die geleentheid te gee om suksesvol te wees. Ja, wees hard op jou kind en dis reg om hom te druk, maar jy moet ook hulle perke ken. Aan die ander kant is daar ook baie kinders wat potensiaal het, maar dit nie gebruik nie. Jy ken jou kind en, as jy redelik is, weer jy waartoe hy in staat is.

Probleem met baie kinders is hulle wil NOU rugby speel en die ster in die span wees. Eerste wedstryd kom hy agter dis bietjie moeiliker as wat dit op tv lyk. Wil nie oefening insit om te verbeter nie en los dan rugby. More wil hy NOU krieket speel en die ster in die span wees. Eerste wedstryd word hy deur ‘n vinnige bouler op die bobeen rakgeboul. Ook nie meer lekker nie. Volgende dag wil hy NOU sokker speel en die ster in die span word, weereens is hy nie die beste nie en hou daarmee ook op. En so aan. Die kinders wil nie meer vir iets werk nie. Pappa koop rugby bal = seun springbok, nee wat dit werk nie so nie

Rugby Pa ·

Baie ouers doen boksmart wat die reels uit een sit as jy n afrigter wil word. Ons speel in dieselfde liga as Boksburg en Brakpan, en sjoe ja. Baie, nie almal nie, van die skeidsregters laat veel te wense oor as dit kom by die blaaas van n wedstryd. Bv 2 seiesoen terug (O/10) teen boksburg is een van ons kleiner spelers na die fluitjie geblaas het geslaan vir n aanslaan deur 1 vd boksburg kinders voor die skeidsregter geslaan laat hy op geindig het met harsinskuding. Geen na gevolge vd speker en skeidsregter. Skeidsregter se repliek was dit breek die kinders af om hulle af te stuur met n geel of rooi kaart. Tot op hede het die VRU nog nie opgetree teen oor die skeidsregter nie. So ja, die kinders word al van jonk af geleer om vuil te speel met geen nagevolge…

pieter ·

Daar dal atyd comon mense wrrs, nie baie tussen ore, of sy pa het dieselfde aan hom gedoen.

Annoniem ·

Mense raak asb net vir my rustig. Ek is n ouer van 2 seuns en die een seun van my kry die glad nie speeltyd by die skool nie, moet altyd op die bank sit en dis waar dit bly. Die seun van my speel al vir 5 jaar lank klub rugby en geniet elke oomblik want daar oordeel niemand nie, hy kry die geleentheid wat hy nie by die skool kry nie, skole het hopeloos te veel politiek of ouers is nie ryk genoeg nie of kind is nie goed genoeg nie. Klub rugby het my kind gemaak en geleer vir wat hy vandag is en daarvoor sal ek ewig dankbaar wees. Ek dink mense vergeet waaroor dit gaan die liefde van sport en nie wen of verloor nie, rugby in ons land is besig om verlore te gaan juis omdat mense net wil kompiteer die heeltyd. Ek self is betrokke by n klub en sal dit vir niks veruil nie, persoonlik dink ek dissipliene en n paar verbeurdere reels moet in plek gestel word. Wat die Refs aan betref as jy die reels gedoen het ja lewer komitaar ma anders hou jou mond, refs maak ook voute net soos mense en aanvaar hulle besluite. Daar is net n hand vol van hulle oor en sonder refs het ons nie games nie, so kom ons staan saam en hou asb Klub rugby se naam hoog, Die kinders verdien ook hulle geluk!!!!!!!!!!!!!!!!! in RUGBY en LEFDE DAARVOOR

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.