Rugby-unies moet saamsmelt; só lyk nuwe truie

Die voorgestelde trui vir die nuwe span, die Red Bulls (Grafika: Lilanie Greyling)

Die voorgestelde trui vir die nuwe span, die Red Bulls (Grafika: Lilanie Greyling)

Hierdie berig is nie die waarheid nie. Maroela Media het die sommer vir die lekkerkry as deel van Aprilgekkedag opgelaai om ons lesers om die bos te probeer lei. Klik hier om te sien watter ander berigte wolhaarstories was.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyraad (Saru) het Woensdag bespiegelinge bevestig van nog ʼn herstrukturering, dié keer van al ses die unies wat vanaf volgende jaar franchisespanne in die Superrugbyreeks het.

Die herstrukturering raak die samesmelting van die ses franchisespanne in drie nuwe eenhede. Die besonderhede is reeds met Sanzar, die beheerliggaam van Superrugby, bespreek en die indeling van die beoogde Super18 in 2016 sal nou aangepas word. Besonderhede daaroor is nog nie bekend nie.

Die samesmelting van die franchises sal soos volg gebeur:

  • die Lions en Bulls vorm een franchise, met die voor-die-hand-liggende voorgestelde naam, die Red Bulls. Die energiedrankie met ʼn soortgelyke naam sal na verwagting ʼn groot borg wees;
  • die Stormers en Kings word die Coastal Kings; en
  • die Sharks en Cheetahs word die Sea Lions.

Die herstrukturering is genoodsaak deur veral die kontantvloeiprobleme, en selfs in twee gevalle dreigende insolvensie, van die ses betrokke unies. Dít is hoofsaaklik die gevolg van die immer-groterwordende salarisrekenings om die voorste spelers te probeer behou.

Dáárvoor moet die yslike oorsese aanbiedings die skuld dra waar SA spelers tot byna ʼn miljoen rand per wedstryd verdien.

Die voorgestelde trui vir die nuwe span, die Sea Lions Grafika: Lilanie Greyling

Die voorgestelde trui vir die nuwe span, die Sea Lions Grafika: Lilanie Greyling

Daar is ook verneem dat daar tot die stap oorgegaan is oor die swak vertoning van Suid-Afrikaanse spanne in die onderskeie Superreekse sedert 1996, met slegs drie SA oorwinnings (al drie deur die Bulls) in die dusver 19 jaar van die kompetisie.

Die nuwe Saru-riglyne wat betref die insluiting van gekleurde spelers sal met die nuwe stelsel ook makliker nagekom kan word omdat daar genoeg swart spelers van gehalte vir drie franchises is.

ʼn Negatiewe gevolg van die herstrukturering is natuurlik dat daar nou slegs spelers van drie spanne op internasionale spanvlak beroepsrugby sal speel. ʼn Hele klomp van hulle sal nou werkloos en tot Vodacom- en Curriebekerrugby gedoem wees.

Omdat dit die swakker spelers is wat uit die huidige ses spanne weggelaat sal word, sal hulle nouliks oorsee goeie kontrakte kan beding.

Dié inligting is op 1 April van ʼn betroubare en ingeligte bron in rugbykringe verkry. Die amptelike aankondiging sal stellig later gedoen word en die media is reeds na “ʼn belangrike aankondiging” genooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anoniem ·

Ek het weer gehoor dat die Blou Bulle voortaan as die Nguni Bulle bekend sal staan. Bruin truie met wit kolle. Dit sal die diversiteit van die nasie weerspieel.

Piet Pompies ·

Die rugby ondersteuners is op en wakker…….kan hulle nie maklik uitvang…… April grappie…. hie hie

leonard fox ·

Dis wel ‘n april fool’s grap, maar ek sou baie daarvan hou as die sharks verander na die sea lions met die belaglike logo. Darem lekker gelag daarvoor, maar helaas kan mens net droom. Dalk eendag word hulle wel eendag die sea lions.

Sannie Pompies ·

Well I never, kannie wag vd eerste games. Party Blou bulle sal hul huise se kleure en karre se kleur moet verander, pricy storie. Shame

piet parra ·

Aag nee, ek het geweet so iets gaan gebeur. Net soos daar met die span keuses van die kriekit met die semi’s ingemeng was, word daar nou met rugby ingemeng. Waar gaan dit tog eindig? Ons land en rugby is in hulle mo@r in. Wat is volgende? Sokker?

Andries Erwee ·

Dit is jammer dat so n sinvolle voorstel net n April gek voorstel is. Minder en beter rugby is die enigste pad vorentoe.

Oom Uncle ·

Julle het my nou lekker gekry..was al klaar so omgeally toe ek hier instap..toe nog dit ook

marius ·

Ek sien dit via facebook, die 2de April 22:00 uur in die aand na n lang dag. Die redbulls het my sopas 10 jaar van my lewe gekos. Ek is nou so deurmekaar depressief ontsteld gewees dat ek self moet wonder wie my span is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.