Rugbybaas by vulstasie beroof

rugbybal-3.jpg

Argieffoto.

André Rademan, die pasaangestelde rugbypresident van die Oostelike Provinsie Rugbyunie, is Maandag deur rowers by sy vulstasie in Port Elizabeth aangehou en beroof.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het gesê Rademan het die oggend pas by sy vulstasie in Struandale aangekom toe twee gewapende mans hom oorval het.

“Meer verdagtes het by hulle aangesluit. Daar was sowat vyf of ses van hulle. Party was in die vulstasie se winkel en het hulself as kliënte voorgedoen en ander was buite,” het Janse van Rensburg gesê.

Rademan en sy werkers is met vuurwapens gedreig en gedwing om die kluis oop te maak. Die verdagtes het op Rademan se bakkie se sleutels en kontant aangedring. Hulle het met Rademan se bakkie en ʼn bedrag geld en van die toneel gevlug.

Die bakkie is later verlate in Kwazakhele opgespoor. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê kobus4e,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Liewe Maroela ·

Enige kans dat Maroela Media dalk kan berig oor die uitlatings wat die Ekhuruleni Burgemeester gisteraand kwyt geraak het tydens n Chris Hani memorial?

Skokkende artikel oor die uitlatings op News24

Dankie

Janie Monsieur ·

Dagsê Liewe Maroela,

Dankie vir jou kommenataar. Ek stuur dit aan die betrokke nuusredakteur vir oorweging.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Penellope Jones ·

Enige plek, enige tyd, enige manier, solank hulle net iets by iemand kan vat, verkieslik deur erge geweld.

Scalla ·

Ek reken Andre en ondersoekspan moet maar by sy eie werkers begin, inside job, jul verwys na hom as rugby baas, volgens my het n hond n baas, in die berig praat jul dan van president. Sterkte aan hulle en hoop hul word gekry en gestraf.

amvi ·

Niks fout met rugbybaas. Bekommer maar oor watter sport jy ookal geniet, en los die rugby. ‘n Hond het ook nie ‘n baas nie, hy het ‘n eienaar of eintlik ‘n gesin. Daar is natuurlik sekere mense wat glo hulle is diere se base. Maar ek stem wel dat hierdie sekerlik soos gewoonlik ‘n “inside job” is.

Trots Afrikaans ·

Kan iemand nie die boewe laat weet dat al ons geld lê al reeds in Nkandla nie. Hulle kan dit daar loop roof.

Ek dink daar is oor twee honderd en sewentig duisend en vier miljoen en dertig duisend en tien en so iets…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.