Rugbyspeler breek nek: ‘Hy glo hy sal weer loop’

Cody Mulligan. Foto: Verskaf

Cody Mulligan. Foto: Verskaf

ʼn Kranige jong rugbyspeler van Lichtenburg se lewe het Saterdag onherroeplik verander nadat hy sy nek tydens ʼn wedstryd gebreek het.

Cody Mulligan (22) is verlam gelaat nadat hy tydens ʼn rugbywedstryd teen ʼn klub van Leeudoringstad met sy kop teen ʼn ander speler se bors vasgeduik, ʼn werwel in sy nek gebreek en sy ruggraat beseer het.

Woenie Viljoen, die president van die Lichtenburg-rugbyklub, het Maandag aan Maroela Media vertel Mulligan is nie net een van die spelers by die klub nie, maar ook ʼn IT-tegnikus by sy onderneming en ʼn vriend van sy dogter. “Ek was daar toe dit gebeur het. Cody het sy bewussyn verloor, maar het bygekom terwyl nooddienswerkers op die veld met hom besig was. Hy het dadelik gesê hy kan nie sy arms en bene voel nie,” het Viljoen gesê.

Mulligan is eers na ʼn plaaslike dokter geneem voordat hy na ʼn privaathospitaal in Rustenburg vervoer is. “Die neuroloog wat hom ondersoek het, het hard en reguit met my gepraat en gesê Cody sal permanent verlam wees. Hy het ook gesê die kans is goed hy sal dit nie maak nie, aangesien sy diafragma en die spiere wat hom help asemhaal, beseer is,” het Viljoen gesê.

“Hy het vir Cody ook gesê dat hy hom moet voorberei op die werklikheid en besef die vooruitsigte is nie positief nie.”

Mullighan is daarna na die Dr. George Mukhari-hospitaal, noord van Pretoria, oorgeplaas, waar hy Sondagoggend geopereer is om die werwels in sy nek reg te skuif en te heg. “Dit gaan nou goed met hom. Hy het steeds geen gevoel in sy ledemate nie, maar is baie positief,” het Villjoen gesê.

“Cody glo hy sal weer loop en hy weier om neerslagtig te wees. Hy het vir my gesê hy bid nie net die Here moet hom gesond maak nie, maar ook dat sy verhouding met die Here reg moet wees. Ek weet die Here is besig om met Cody te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jud's ·

Baie sterkte seun, dink aan jou en glo en vertrou ons Almagtige Vader sal jou bystaan, en behoed en bewaar op jou pad voorentoe. Mag jy net sterk staan in jou Geloof en Vertrou in Ons Redder, God Almagtige Vader.

Illa ·

Ai, hoe tragies! Sterkte Cody – by die Here is enigiets moontlik.

Suzette Ostmann ·

Baie sterkte vir die herstelproses. ‘n Positiewe gesindheid gaan jou baie ver bring.

se net ·

Daar is krag in gebed en glo niks is onmoontlik vir God nie.

MM ·

Ai Woenie baie sterkte weet jy wil net die beste vir hom he, dis hoe ek hou ken.

Maria van Dieweeck ·

vertrou op God Cody groter wonderwerke het al BAIE keer gebeur. Ek bid vir jou en familie.

Debbie Reynders ·

Cody baie sterk en positief wees die Here sorg. Hou net aan glo wonderwerke gebeur. Ons bid vir jou en het jou en jou familie in ons gebede.

AM ·

Baie sterkte Cody, God is en bly in beheer. Hou net aan Hom vas. Jy is in my gebede

Kandas ·

Onlangs was daar ‘n 11 jarige seun van Mpumalanga wat sy nek gebreek het en deur middel van stamseloorplanting wat ‘n plaaslike dr in Witrivier toegepas het, loop hy nou slegs met ‘n kruk. Die dae van wonderwerke is lank nie verby nie.

MissDemeanor ·

Ja, prys die wetenskap, want sonder dit kan wonderwerke nie gebeur nie. Sterkte jong man, jou positiewe houding gaan baie bydra tot jou herstel. Mens moet aanhou veg en nie opgee nie. Hou moed.

Stefanie ·

Ons was self Saterdag by die rugby en het gesien toe dit gebeur, Cody is al vir baie jare ‘n vriend van my seun, Marnus Venter, wat ook in die selfde span speel. Cody, jy is heeltyd in ons gedagtes en ons sal nie ophou bid en glo nie… Die Here is goed en groot…

Past. Herman ·

Bly positief! Spandeer nou tyd met die Here. Jys ‘n Wonderwerk wat wag om te gebeur! Daarna het SA jou getuienis nodig!

Xa ·

Hovel Afrikaanse seuns en mans nog sal verlam, dood of lewenslange beserings kry! Die volk aanbid rugby as n nuwe God in plaas van om op ander belangriker dinge te fokus, en dit dra by tot die val van die Afrikaner.

Xa ·

Rugby is ongelukkig n te gevaarlike sport en te veel skole le te veel klem daarop in plaas van om kinders se ander talente te ontwikkel.

Lee-Ann Viljoen ·

Google asseblief die neuroloog, Dr Carolina Leaf, sy is n Suid Afrikaner wat in Kanada woon en werk. Ek weet sy sal bydra kan lewer in Cody se geval. Sterkte en seën.

Alete Muller ·

Dis tragies wat met Cody gebeur het en net deur gebed en genade kan sy situasie verander word. Wees asb versigtig om sy ouers te verwys na Dr Caroline Leaf. Reeds in 2013 het Dr C Edward Pitt haar bewerings bevraagteken. Sy maak baie staat op navorsing wat in 1979 gedoen was. Dis nou al 3 dekades later en baie van haar stellings het nou al verander met wetenskaplike navorsing. Sy het o.a. die boek “Switch on your Brain” geskryf . Deel daarvan is die behandeling van die 7 intelligensies. Daar is intussen bevind dat daar eintlik 8 is.

Jan Jordaan ·

Baie tragiese ongeluk, maar die gebede van gelowiges is kragtig. Cody, glo net en hou vas aan die beloftes van die Skepper van Hemel en aarde, wat trou bly tot in ewigheid en nooit laat vaar die werke van Sy hande nie. Ons lê jou aan Sy voete, sterkte en vrede…..

Hannelie ·

Baie sterkte Cody. Hou vas aan jou geloof, by ons Groot Geneser is niks onmoontlik. Jy is in ons gebede.

Gesiggie ·

Cody… met so n positiewe gebaar en Geloof sal jy oorwin, jy sal weer herstel, maak nie saak wat… met God as jou leidsman sal jy weer bo uitkom…. so jammer dat dit moes gebeur”’ hou vas aan God se kleed, Hy sal jou aanraak… meskien wag daar vir jou n lang pad op herstel… maar solank jy vashou aan jou Geloof… sal dit weer beter gaan..Met God is als moontlik… . Sterkte aan jou en aan jou Familie… hoop om gou weer van jou beterskap te verneem.

ina ·

my kleinseun het verlede jaar in maar took sy nek gebreek en die cord seergemaak. hy kan nou al sy arm oplig skouers beweeg, maar… sy hande en bene nognie. dit ruk die hele familie, dit veroorsaak dat de pa op anderplekke moet gaan werk om skuld te betaal. Dit is baie erge ding wat met ouers kan gebeur, so ook die hele familie

ANRE ·

Die dokter wat stemsel oorplantings doen is Dr Hein van Wyk sy praktyk is in Witrivier
013 751 2700

Boerin ·

Cody, sterk wees. Dit gaan nie altyd maklik wees nie, maar met n houding soos joune het die Here n doel met jou lewe vorentoe. So bly my seun speel nie die jaar rugby nie – my senuwees hou dit nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.