Rugbyspeler vermoor toe hy probeer help

Foto: Verskaf

ʼn Jong rugbyspeler (21) is wreed vermoor toe hy ʼn dief wat by bure se voertuig wou inbreek, verjaag het. Hy is in die hart gesteek.

Christian le Roux – Jacques le Roux, oftewel Elsies soos sy vriende hom genoem het – se broer het aan Maroela Media gesê die voorval het Sondag ná 23:00 plaasgevind.

“Hy het by die huis gestop so net ná 23:00 en die hekke oopgemaak soos altyd. Jy moet so langs die hekke half verbyry tot agter in die parkeerterrein. Toe hy daar stop, het hy die man gesien wat aan’t inbreek was by ʼn buurman se voertuig. Hy het die toeter gedruk en my ma het uitgehardloop. Sy het sy motor gesien wat oopstaan en luier. Hy het agter die dief aangehardloop in die pad af,” het Christian vertel.

“Op die sekuriteitskameras kan gesien word hoe hy die man tot in Voortrekkerlaan jaag. Daar het toe ʼn struweling ontstaan en hy is in die hart gesteek.” Jacques is op die toneel dood. Sy ma, Beatrix, het agternagehardloop en sy liggaam daar gekry.

Jacques het alleen saam met sy ma gebly. “Ons was twee boeties en twee sussies. Ek het al die jare by my ma gebly, maar ek het uitgetrek en vir hom gesê hy moet in my kamer kom bly. My ma sê nou sy het hom die laaste rukkie vir haarself gehad,” het Christian gesê.

“Hy het altyd so lekker gepraat, sommer met enigiemand oor enigiets. Hy sou jou altyd wou laat lag.”

Jacques was ʼn kranige rugbyspeler en het vir die eerste span van Goodwood-rugbyklub uitgedraf. Hester Hale, sy afrigter se vrou en sekretaresse van die klub, het aan Maroela Media gesê hulle sal hom baie mis. “Hy was ongelooflik,” het Hale gesê.

Die Goodwood-rugbyklub het ter nagedagtenis van hom op hul Facebook-blad geskryf:

“Hy was ʼn bondel energie wat vir niks en niemand teruggestaan het nie. Sy respek vir sy medemens sal ons almal altyd bybly. En sy glimlag, wat altyd oorgegaan het na ʼn lekker lag, sal ons ook altyd onthou. Hy laat ʼn groot leemte, nie net in die eerste span nie, maar in al sy familie en vriende se harte en lewens. Elsies, ons eer jou nagedagtenis en sal vashou aan al die mooi herinneringe wat jy gelaat het. Alle simpatie aan sy ouers, familie en vriende … ons sal hom nooit vergeet nie. Rus sag, liewe Elsies.”

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn saak van moord is aanhangig gemaak. “Die voorval het in Voortrekkerlaan in Vasco Estate in Goodwood plaasgevind,” het Rwexana gesê.

Geen verdagtes is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Christian het gesê Jacques sal Maandag begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

cs ·

Wat ‘n pragtige seun wat met ‘n heldedaad sy lewe opgeoffer het. Baie sterkte aan sy gesin!

dewaLT AKA POMPIE ·

SORRY OM TE HOOR EK GAAN JO MIS MY MAAT SPEEL DAAR BO VIR DIE WEN SPAN MY MAAT ILL SEE U AGAIN SOME DAY

Beatrix ·

Aan Hierdie” Ma… my hart gaan uit na jou, in jou Hart is daar nou n leemte wat niemand ooit kan vul.. Alle sterkte en God se Genade..

Sommer net tjank ·

Ek wil sommer net tjank, dit is sooo hartseer, so onregverdig. Sterkte vir hierdie gesin.

Ai ·

Sjoe dis hartseer! Sterkte aan sy familie wat nou deur die moeilike tyd gaan. Julle is in my gebede.

Mielie ·

Ai die arme gesin….sterkte vir die familie en vriende. Wat gaan aan in die wereld dat dit so maklik is om te moor?

Jaco ·

Sjoe, verskriklik! Baie sterkte aan die ma en almal betrokke. Dis tragies dat ‘n pragtige jong man se lewe so tot ‘n einde moet kom. Ek hoop hulle kry die boosdoener en dat reg sal geskied.

amvi ·

Hy is nie ‘n boosdoender nie. Ons almal weet wat hy is maar ons mag dit nie se nie. So ons se maar hy is ‘n Bose element!!

Tanya ·

Reg sal nooit geskied nie Jaco want die doodstraf is weg…

Eps ·

Dit is baie tragies. Ek dink die verdagte sou al lankal vasgetrek gewees het as dit ‘n wit man was wat ‘n swart man doid gesteek het. Daar sou dan ‘n rasse ondertoon gewees het, maar as ‘n swarte ‘n witte dood maak dan is dit maar net gewone misdaad. Dit raak al moeiliker om in die land in harmonie te leef.

Anton ·

…RIP…maar judge Judy sou gevra het: “Hoekom het jy agter hom aangehardloop”…jou lewe beteken meer vir jou en jou familie as jou of ander se eiendom…en n heldedaad vir my is, wanneer jy n persoon of n dier…iets wat asem haal, in n noodsituasie red…maar eiendom…aikona…

Kollie ·

Ek sou ook probeer het om hom te vang as ek ‘n fikse, jongman van 21 was.

Anton ek stem. ·

Dit is baie baie hartseer.
Hy moes maar eerder die skelm laat gaan het.
Dit IS IMMERS NET N KAR…
Vreeslik tragies

Dellaq ·

Wat ‘n pragtige jong man. So jammer jy moes so vining en onnodig uit die lewe geruk word. Sterkte aan jou familie in hierdie hartseer tyd.

charmaine ·

Kan President Zuma asb sy familie besoek? Baie sterkte aan die familie.

Tannie ·

Ai dit is baie sad. Hy was ‘n pragtige seun sy ma kon net altyd trots wees op hom. Sterkte ek glo en vertrou hy is baie gelukkig waar hy is. En Jacques dankie vir al my drukkies het dit altyd baie waardeer. Rus in Vrede Seun.

Geraldine ·

Baie sterkte aan Tannie Beatrix en Oom Attie en die res van die gesin, hy was ‘n oulike seun en ja ‘n bondel energie van kleins af. RIV Jacqii,, jy los ‘n leemte in baie mense se harte.. Liefde & Sterkte

Ria Fourie -Namibia ·

Sjoe…dit is erg. My hart gaan uit na die familie…om jou kind te verloor op so ‘n wrede wyse moet hartverskeurend wees. Julle is in ons harte en gebede!

Mev ·

Sick and tired of the crime in Parow.
It has become a day and night crime hotspot , even at our schools .
The SAP does not come out when you report a crime , never van’s available .
My heart goes out to the family and also the lady who was robbed at the Parow School on the 22nd of May while parents and children were outside in Van Eyssen Str.

Mara Badenhorst ·

Ek het hom nie geken nie maar baie van sy sukses verhale gelees en gevolg. Meegevoel aan familie en vriende. Ek glo hy was ń goeie en gerespekteerde mens.

Lodie ·

Ons demokrasie is ‘n grap. Niemand het meer die reg op ‘n veilige lewe nie, behalwe die wat slagoffers was en nou in vrede “slaap”.

Wilhelm ·

Ek was saam met jacques in skool, saam matriek geskryf. Hy was n awesome persoon.

Ek bid vir die familie en ek hoop die Here sal julle help deur die moeilike tyd.

Simi ·

Ai jaqi ek mis jou al klaar vreeslik jy sal altyd onthou word as die goeie mens wat jy was en altyd n smiley op jou dial gehad het ek moet se jy het diep spore getrao en dit raak my erg trane le vlak en sal nog lank do wees ek en ons neem maandag afskuit van jou en dit gaan so moeilik wees wens ons kon n laaste gesprek gehou het ek sal jou nooit vergeet nie sag rus jaqi xx

Lynette ·

So dis wat hy kry net omdat hy wou help. Dis ‘n siek, patetiese land waarin ons bly. Mens se lewe is niks meer werd nie. Die dief is natuurlik nie gevang nie, en is natuurlik weer besig om sy volgende “target” te soek. Hoeveel mense moet nog wreed vermoor word voordat iemand ingryp? Here help ons!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek klink nou soos ‘n kitaar met net een snaar: SO KAN DIT NIE AANHOU NIE.

Alta Huisamen ·

Dit is so hartseer sterkte aan sy familie weet nie meer wat in ons land aangaan nie dit is net moord en dood is ons nog ooit veilig. So hartseer

Tina du Toit ·

Ai, dis so tragies en hartseer. Kan absoluut nie my trane keer nie. My hart is in stukke oor die jongman. Baie sterkte aan sy geliefdes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.