Rugbywêreldbeker: ‘SAUK ontneem Suid-Afrikaners van samehorigheid’

Foto: Argieffoto

Die VF Plus en die DA het hul misnoeë uitgespreek oor die SAUK se aankondiging vroeër vandeesweek dat hy nié die komende Wêreldbeker-rugbytoernooi op sy televisiekanale en radiostasies gaan uitsaai nie aangesien die openbare uitsaaier dit eenvoudig nie kan bekostig nie.

Heloïse Jordaan, die VF Plus se hoofwoordvoerder vir sport, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die departement van sport, kuns en kultuur se mandaat is om nasiebou te bevorder en dat die Wêreldbeker-rugbytoernooi ʼn gulde geleentheid is om juis dít te doen.

“Dit is jammer dat die SAUK se onvermoë om die Wêreldbeker-rugbytoernooi uit te saai miljoene Suid-Afrikaners die geleentheid gaan ontneem om te deel in die euforie en samehorigheid wat die toernooi vir almal in die land bring.

Volgens Jordaan is dit betreurenswaardig dat die SAUK nie die ekstra myl stap om in vennootskap met die regering te tree soos voorheen gedoen met Absa se sokkerpremierliga-reeks nie. “Al is dit net die wedstryde waarin Suid-Afrika betrokke is,” sê sy.

Maroela Media het vroeër berig dit sou die SAUK 28 miljoen Amerikaanse dollar kos om die televisieregte vir die Wêreldbeker-toernooi te bekom. Die uitsaairegte vir radio sou ʼn verdere $60 000 beloop en dit laat verdere produksiekoste van R900 000 buite berekening.

Die uitsaaier het die afgelope drie jaar ongeveer R3,8 miljard uitgegee aan uitsaairegte vir sportgeleenthede, maar kon nie daarin slaag om dit om te skakel in winste vir die SAUK nie.

Die DA het op sy beurt gesê hy is saam met Suid-Afrikaners teleurgesteld wat nie DStv kan bekostig nie en dus die Wêreldbeker gaan misloop.

Phumzile van Damme, nasionale woordvoerder van die DA, verduidelik in ʼn verklaring dat die party begrip daarvoor het dat die SAUK nie die uitsaairegte kan bekostig nie en dat dit dus voordelig vir Multichoice is. Die party glo wel Multichoice moet in die gees van nasiebou oorweeg om die wedstryde waarin die Springbokke gaan speel met die openbare uitsaaier te deel.

“Dit sal ʼn groot bydrae lewer tot die bewys van welwillendheid teenoor die mense van Suid-Afrika en ʼn bydrae lewer tot nasiebou. Die Wêreldbeker het in 1995 ʼn belangrike rol gespeel om Suid-Afrikaners op ʼn kritieke tydperk in ons demokrasie te verenig en in dié gees moet Multichoice dit ernstig oorweeg om verder by te dra tot daardie belangrike doelwit van ons demokrasie,” het van Damme gesê.

Luidens die verklaring wag die party nou op Multichoice se reaksie.

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop Vrydag in Japan af met die Springbokke wat Saterdag die stryd teen Nieu-Seeland in Yokohama gaan aanpak.

Suid-Afrikaners sal wel sekere wedstryde op groot skerms kan kyk onder meer by ’n toeskouerspark wat spesiaal in Hazelwood by The Club en die aangrensende Old East Precinct in Pretoria vir die kwarteindstryd-naweek van 19 tot 20 Oktober opgerig is.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Dries ·

Wie moet ons bedank die anc en die guptas die land is n sirkus

Stand for change ·

Dis nou weer om ‘n sekere groep rugbyondersteuners te straf. Verlede rugby wêreldbeker was daar munisipaliteite wat beurtkrag towgepas het tydens ‘n SA-wedstryd. Gelukkig is my huis nou op solar, so ek is nie oorgelaat aan die simpel munisipaliteite en regering se aalmoese nie. In die stede is daar heelwat sentrums wat groot screens het wat die rugby uitsaai. Gaan geniet die samehorigheid en moenie dat die simpel SABC dit bederf nie.

Gert van Wierdapark ·

Geld praat ongelukkig die hardste! SAUK het dit nie, en die betaal-kanaal sien homself nie as ‘n “weldoener” om die rugby-publiek “genadig” te wees nie!

Basjan ·

Gert, hulle (die SAUK) het die geld om sokkerwedstryde uit te saai, maar nie vir die rugby nie. Dit laat ‘n mens net wonder.

Manie ·

Gaan betaal maar die duurste pakket by DStv dan kan julle rugby kyk. Ek sal maar n vleisie braai van die pakket geld

Anel ·

En nou wil hulle die TV lisensies verhoog! Laat die 7 miljoen roofkykers ook eers betaal. 2miljoen mense kan hulle nie dra nie. Niemand kyk eers meer SABC nie. Ek sal nie ‘n sent meer betaal nie.

Jaco ·

Anel ek het seker 8 jaar laas iets op n SAUK kanaal gekyk, het nie meer DSTV, kyk Netflix. Daar is nie n manier dat ek enige lisensie gelde aan n korrupte instansie sal betaal nie.

Uitverkoop ·

Dankie, nou kan ons mense se oë ook dalk oop gaan en sien, Rugby is die afgod waarvoor ons ons land weg gegee het. So, terwyl julle so kwaad is en nie kan rugby kyk nie, dink hier oor

Viss ·

Niemand het die land verkoop a.g.v. rugby nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,gaan lees eerder waaroor die werklike feite gaan voor jy en so baie ander die blaam wil lê by rugby. Ons is lief vir ons rugby,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,so What.

Haan ·

Ja Uitverkoop jy is reg. Ons het duur betaal vir daai pot lensiesop.

petrus harmse ·

Voel kalmer om te sien daar is mense wat my gevoel oor sport en veral professionele rugby deel. Vandat rugbyspelers enorme salarisse betaal word het ek dit n mis gegee. Dis asof dit n kultus geword het en baie keer op Maandae word ek begroet met die tellings van die naweek wat absoluut geen impak het op die wereld waarin ons leef nie. Ek het DSTV maar as dit kan sal ek die sport kanale verniet vir iemand gee. Hoekom moet mense lisensiegeld betaal vir uitsendings wat hulle nie nodig het nie? En wat van al die ander sepies, Tokse en kleure wat die kanale oordonder en vir DSTV hul kanale volmaak?

Willem ·

Dis wat gebeur as jy mense in bestuursposisies aanstel wat nie eens behoorlik kan lees en skryf nie.

NEELS KRUGER ·

Hulle kon gou genoeg geld kry om sokker uit te saai! Wonder hoeveel sokker ondersteuners betaal hul lisensie ?

Piet ·

Waar is die dae dat TopSport alles gewys het… Rugby, Krieket, Ghold, F1, ens. Ja SABC het talle en groot probleme, maar weereens is Multichoice eintlik die probleem. DSTV ontneem sport van 80% van die nasie. DSTV is onnodige belasting op goed soos Wêreldbeker sport geleenthede, wat soos in ’95, ons land se mense veronderstel is, om te verenig

Gemaskerde Sopbeen ·

Die uitsaaier het die afgelope 3 jaar…blah, blah, blah, blah, blah….”MAAR KON NIE DAARIN SLAAG OM DIT TE OMSKEP IN WINSTE VIR DIE SABC NIE!!” As jy nie begrip het van ‘n konsep nie, kan jy op jou kop staan en Sarie Marais deur jou…..fluit….SUKSES sal jou bly ontwyk. Slim mense is dom. Dom mense is slim want hulle besef hulle weet nie alles nie, maar is bereid om die regte vrae te vra om by die regte antwoorde uit te kom…..het André Ankiewicz altyd gesê.

JV ·

Einde September is ek weg van Mutichoice en gaan ook nie my TV lisensie betaal nie, Ons ander miljoene betaal nie en hul kan nog Sokker kyk. Hoekom moet ek vir hulle betaal maar Rugby word nie uit gesaai nie.

Mieliestronk ·

Die sokker span kan waar speel in Afrika daardie wedstryd word op TV uitgesaai SABC 1 Maar rugby is vir blankes dit sal nie uit gesaai word nie PUNT Verskoning geld BOG storie

Pieter ·

Daar gaan ons al weer reg vir kritiek terwyl al ons geld in die buiteland belé is kyk ons netflieks slaan ons skottels stukkend soms wonder ek wat soek die volk eintlik 48 jr was nogal lang soustrein!

Drieks ·

Multichoice het een wit man verban en nou het Multichoice duisende swart mense ook verban om rugby te kan kyk.. Sterk man wat daar aan bewind is.!

Wielspore ·

Die wêreldbeker rugby is tans ‘n ekslusiewe sport vir ryk mense. Ons het laas naweek na Springbok wêrelbeker klere vir ons kleinkinders gaan soek om te koop. Net sekere winkels het die produkte en die goedkoopste Springbok Wêreldbeker hemp wat ons vir ‘n 7 jarige kon kry was R399. Ons het toe maar die alternatief gekoop met die groen kleur en die naam Springbok op. R800 is net te veel vir ‘n geleentheid wat net eenkeer plaasvind.

Dubbeldruk ·

Wielspore ek stem saam die prys vir wereldbeker Springboktruie is veels te duur. Ek kan nie verstaan hoekom nie. Ek sien die einde van ons Springbokspan. Kan nie meer kyk as dit wereldstryd is nie. So hoe ondersteun n mens jou span. Om due waarheid te se wereld rugby gaan ook nie meer dieselfde wees sonder Springbokspan. TV wys min genoeg dan as hulle so n belangrike gebeurtenis behoort te wys dan is daar kamstig nie geld. Tragies dat so iets gebeur. Jy betaal vir n klomp gemors op TV. Hulle vat alles weg. Asof hulle punt wil wys.

H.A. ·

As die bokke die wereldbeker kan wen, sal die anc seker heel voor hardloop om al die erkenning te kry. Die parasiete!

Anoniem ·

Ek betaal my lisensie en kyk nie sabc nie maar ek kan ook verstaan hoekom daar baie blankes is wat nie betaal nie want die programme op sabc is vir die swart mense. Als in SA word afgedwing in ons blankes se keel. Ons is nie vry soos wat hulle kamtig se nie. Sien jy blanke kinders speel in die parke, sien jy nog huise sonder omheinings. Nee ons kinders het geen vryheid moet in die huis sit en tv speletjies speel agter geslote vensters en deure en dit is waarvoor ek tv lisensie moet betaal.

SkaamteLOOS ·

jip als word op afgedwing want ons is mos die verantwoordelike ras.
Ons weet tussen reg en verkeerd.
Dis waarom SA ‘n goue land was voor 1994

Andrle ·

Ag shame nou kan Steve nie die rugby kyk nie sy decoder is stukkend

AndrewL ·

Nee wat Andrie, teen amper 1,000 per maand kon hy seker ook al beter tegnologie aanskaf en regte HD ook nog te sien.

Losbal ·

En as die Bokke nie more wen nie…….. en as die Bokke nie in die finaal speel nie…….. en as dieselfde gebeur as wat met die krieketspan gebeur het…… Suid Afrikaners dink mos altyd hul span is die beste…….. tot die groot oomblik aanbreek……. soos die vorige keer by die wereldbeker teen Japan en Italie……

AndrewL ·

Losbal, dit gaan oor regte balle en rugby. Almal is nie SA eerste behep nie.

Lood Kurkprop ·

….
.
..ek kyk alles op die planeet oor die internet…wanneer ek wil…wat ek wil…of iets ge”ban” is of nie….kos my net my internet koste….betaal nie eers n tv lisensie nie….ek het nie dstv of enige ander vorm van tv nie, net internet….viva www.
.
.
..

KaterinaKat ·

Ek ook, ons het wifi en Netflix. Die tv word gebruik vir ons seun se PS4. Ons kyk van 2012 al nie meer TV nie. Al wat ek graag sou wou gekyk het is die reeks “Die Spreeus”. Maar ek kan regtig nie kla nie, ek het meer oulike interressante kykgoed / luistergoed as wat ek tyd het om te kyk. Ek luister ook graag spookstories op Youtube terwyl ek digitale kuns maak en dinge doen op ander webwerwe. Daar is n hele wereld van vermaak op Youtube.

Leon ·

Niemand wil meer op die SAUK adverteer nie. Die oorgrote meerderheid betaal nie TV lisensies. 5% van die land se kykers moet vir alles betaal.

Hendrik van George ·

“Pummie” van die DA wys haar en haar party se ware kleure… Waarom moet Multichoice enigiets met enigiemand deel? Begin al meer soos ‘n sosialistiese staat te klink.

LK ·

Nee verander liewer die straatname!!! Ontneem ons, ons trots. As hulle nie hulle beste lewer nie moenie vrae vra nie???

AndrewL ·

Dalk moet SARU verduidelik hoe kwotas bevoordeel word en jong kwotaspelers kan lok sodat hulle kan sien wat rugby is.

GL ·

Hulle moet daai groot skerms mooi oppas anders is hulle weg voor die wereld beker.

marous ·

Hulle gaan blykbaar ‘n groot poppe kas maak en dan met marionette demonstreer . Dit gaan net elf en dertig miljoen kos …

Cobus ·

Multichoice . Dit is julle kans om goedgesindheid by miljoene Afrikaners te wen, maar julle sal liewer Steve Hofmeyer tackle want dit is baie goedkoper. Ek dink net julle resultate vir nasiebou sal op hierdie manier baie beter wees as julle Afrikaners toelaat om hulle toetse te kyk en so hulle verenig. Ek dink nie julle sal hierdie uitdaging vat nie want eintlik gaan dit maar net oor julle vol sakke.

Doen my deel ·

Dis omdat net ek en jy TV Lisensies betaal wat daar te min geld is om vir uitsaai dienste te betaal. Ons bietjie geld wat hulle uit ons wurg kan onmoontlik nie alles dra nie. As al die hordes in die plakkerskampe waar skottels oral pryk OOK BETAAL SOOS HULL E MOET dan sal daar nie so n probleem wees nie. Waarom betaal hulle nie ook nie?????

GeeNieOmWatEkSeNie ·

Ok in daardie geval – ‘n opebrief aan die SAUK ek ontneem julle van my TV lisensie geld elke jaar.
Ek gebruik geen van julle CRAP kanale nie. Daarvoor het ek internet en facebook help met die nuus. Ek kan my R275 by ‘n kroeg gaan geniet saam geselige mense om die RUGBY te kyk.
Dankie so moenie volgende jaar my geld verwag nie.

Jacques ·

Was dit sokker het die land gebrand want hulle word ontneem van hulle sport . Nou moedig die regering mense nog aan om die rugby in n kroeg te gaan kyk , maar daar word dan te veel alchol gebruik in SA ?

Nettie ·

Man, as jy wil kyk, moet jy betaal. Al kyk ek nie die SABC-kanale nie, betaal ek jaarliks my TV-lisensie. WANT: DIS DIE REGTE DING OM TE DOEN. En: ek betaal maar getrou elke maand die sowat R809.00 vir die Dstv Premium pakket, want – aangesien SABC-kanale se programinhoud so swak is – kyk ek maar wat Multichoice bied, al vertrap hulle my taal so en diskrimineer hulle teen blankes op die ergste denkbare manier.

Erika ·

WEEREENS moet mense wat swaarkry gestraf word oor diefstal van SAUK amptenare en aanstellings deur die ANC regering… Ek dink die publiek moet bietjie by daardie skelms se huise gaan rugby kyk!!

Kokkie ·

Ek wonder wie glo regtig die opvatting dat die S.A.-span se deelname en beeldsending van die WB-rugbytoernooi (wen of verloor) nasiebou en samehorigheid vir ‘miljoene Suid-Afrikaners’ gaan ‘bevorder’. Dit is myns insiens ‘n hersenskim, ‘n blatante leuen. Suid-Afrikaners is tans meer verdeeld as ooit tevore. Ons land lê aan skerwe en in puin. Om nou te beweer dat die WB-toernooi Suid -Afrikaners gaan verenig, is myns insiens suiwer bog. Die gedagte is om Suid-Afrikaners koek te voer terwyl Rome brand. Maar as die laaste eindfluitjie geblaas het , brand Suid-Afrika steeds. Die land is steeds bankrot agv die Guptas se plundering. Staatsinstellings is tot niet. Malema wil steeds die witmense dood maak. Die bendes regeer steeds die woonbuurte en maai onskuldige mense af. Vragmotors word steeds uitgebrand. Plaasmoorde gaan steeds voort. Verdeling van grond sonder vergoeding gaan steeds voort. En die ergste van alles is dat die korrupte ANC steeds aan bewind is en maak net soos hulle wil. Wanneer die WB – koek lankal opgeeet is, brand Suid-Afrika steeds. Cry my beloved country !

Adam ·

Dit was die korrekte besluit om nie die rugby uit te saai nie. Daar het meer as genoeg geld in ‘n bodemplose put verdwyn en dit is tyd om nou die rieme dunner te sny. Jy kan immers nie koop as jy nie toegang tot geld of krediet het nie. Die SAUK is bloot ‘n duur ANC propagandamasjien en hul posisie is so benard dat dit nooit in sy huidige vorm omgedraai kan word tot ‘n winsgewende onderneming nie.

Pieter Schoombee ·

In dieselfde gesindheid waarin Van Damme wil hê Multichoice moet bates wat hy ten duurste aangekoop het, verniet weggee aan die SABC, behoort Van Damme die helfte van haar salaris aan die SABC te skenk.

Elize ·

Se maar net,
Ek verstaan dat dit nie eers op radio uitgesaai word nie, al betaal ek my lisensie vir die radio wat ek luister. Ek val ook onder die wat vir ander ook moet dra. As dit tyd word vir jou lisensie is hul op jou blaaie en knaend. Ek kyk vir jare nie meer SAUK TV nie want hul programme wat hul uitsaai onderskat mens se intelligensie en ja sokker word uitgesaai…….ons almal weet hoekom. Ek het ook nie DSTV nie, maar SAUK wil seker dit kosteloos he ……. soos die dame se

.

Attie. ·

Die Bokke bly my span behalwe teen die Iere en Walliesers…weet julle hoekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.