Ruim pensioen vir Zuma en die mevroue Zuma goedgekeur

Jacob Zuma (Foto: ANA)

Die parlement het vanmiddag ‘n voorstel goedgekeur dat oudpres. Jacob Zuma sy lewe lank ‘n pensioen kry gelykstaande aan die salaris van ‘n president, en dat dit telkens aangepas word om tred te hou met die salaris van ‘n dienende president.

Die voorstel deur die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, is skerp teengestaan deur lede van opposisiepartye, maar is deur die ANC-meerderheid deurgedruk.

Die pensioen sal terugwerkend aan hom uitbetaal word vanaf die dag na sy bedanking in Februarie vanjaar, wat beteken hy sal binnekort ‘n stewige lompsom van meer as ‘n miljoen rand voor belasting ontvang.

Benewens die pensioen behou Zuma alle voordele en sy mediese fonds.

Dis nie waar dit ophou nie. Al vier die huidige mevroue Zuma kry, wanneer die president afsterf, ‘n pensioen gelykstaande aan die helfte van sy pensioen, aangepas by die salaris en byvoordele van die dienende president, soos dit van tyd tot tyd verhoog word.

Dit beteken in praktyk dat die belastingbetaler dubbeld die president se salaris moet uitbetaal as hy sterf, indien hy deur al vier die mevroue Zuma oorleef word.

Elkeen van die mevroue Zuma en elkeen van hul minderjarige kinders se mediese fonds word boonop deur die belastingbetaler gedra, in die geval van die mevroue Zuma tot hulle sterwe, en in geval van die kinders tot hulle meerderjarig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Snowball ·

En daai soustrein kry net nog waens by…. tjoef.. tjoef..voort, al op die rug van die uitgemergelde belastingbetaler. Dis om van siek te word.

pan ·

elke dag boet meer blankes hulle werk in. n oor 55 blanke man in die werksplek is al n rariteit. voor lank is die belasring betaler grootliks voorheen-benadeeldes! dis dan dat die anc haan maai wat hul nou so smaaklik saai .VIVA!!!

LB S ·

DIT is seker waaroor die geheime vergadering in Durban gegaan het. “Pay up, or else”!

Nelia van Zyl ·

Ek voel nou fisiek naar. Ek kan dit nie glo nie!! Wanneer hou hierdie snert eendag op?

Saartjie ·

En ek word geoudit op my belastingaanslag op ‘n skamele R2950 mediese uitgawes wat ek uit eie sak betaal het. Moet elke flippen slippie voorlê ter stawing.

gvol ·

Joune is peanuts teen myne. Ek word gedagvaar vir ñ 2000 btw opgawe. Wie hou dit vir 18 jaar. Hulle sê ek het nie betaal ek sê ek het wat nou. En dis nie klein geld nie

Anette Naude ·

Is dit nie vir die hof om te besluit nie.
Anc kan mos nie oor so n gewigtige saak besluit nie. Dit kom mos van staatsgeld of die belasting betaler betaal alweer.

Johann Holtzhausen ·

Dis ongelooflik! Hier sukkel ek op my oudag week vir week om geldjies bymekaar te kry om krag, kos en bietjie diesel te kan aankoop! Dis om van te braak!

Staak ·

En die land is gaande oor die Zuptas, wan waneer af is veelweiwery wettig in SA en van waneer af erken binnelandse sake meer as een huwelik?

Cherokee ·

Hierdie Staak, is ‘n gewigtige vraag. As dit jy sou wees, sou jy van veelwywery aangekla gewees het.

Spook ·

Veelwyvery is wettig van die ou testament se dae toe vader Abraham sy slavinne met seen swanger gemaak het.

Maggie ·

dit is n skande!!!, wat daarvan as hy skuldig bevind word aan alles wat by gedoen het????

Johann Holtzhausen ·

Hy sal NOOIT skuldig bevind word aan enigiets nie; daarvoor sal die ANC sorg! Niks wat hulle doen, maak ekonomiese sin nie! Ek is stomgeslaan……..

John ·

Skynbaar is die ANC trots op Zuma en al sy mannewales. Daar gaan absoluut niks met hom en sy jnr gebeur nie, ook nie met die Guptas en die res nie. Hierdie sitting oor staatskaping is ‘n erge mors van geld. Ons landjie is ‘n duur grap…

Hoc est bellum ·

Dis seker die prys wat ons moet betaal en die ooreenkoms wat tussen JZ en CR bereik is sodat Jacob Zuma sonder geweld vervang kan word. Hierdie Zuma ‘legacy’ gaan nog honderde jare (finansieël) met ons wees.

Lana ·

Geen wonder dat hierdie land in so ‘n gemors is nie!!!
Dit na alles wat Zuma aan die land gedoen het!!!

Klein Boer ·

En my een vrou kry net 50% van my pensioen as ek sterf, met 45 jaar diens vir die staat.

Jannie ·

Uit watter fonds word sy pensioen betaal?
Dra ń staatspresident by tot die staatspensioen fonds?
Dit wil my ook voorkom of daar tydens die onderhandelinge om van hom ontslae te raak meer gekonsentreer is op sy geldelike welstand as enige iets anders.
Ek is ń staatsamptenaar en slegs een van my vroue indien ek meer as een het is geregtig op die helfte van my maandelikse pensioen indien ek te sterwe sou kom.

Antionette ·

Dit word uit belasting betalers sse sakke geruk en glo my dis hoekom tax op als in SA so belaglik raak… Suid Afrika mag jy my nooit weer sien. Land van ANC…..

Mrs H ·

Well…well…well… En toe IS daar n boom waar ons SA’ners TOG geld van kan pluk ne?! Ek glo dit sal nog n stappie nader aan minder vertroue in ons land sit. Absurte “wetigge” diefstal!

Frans ·

Dit is nou die regering se reaksie vir SA. Daar is geen gewetenswroeging vanaf die regering dat die belastingbetalers van SA vir al die korrupsie gevolge moet opdok sodat zuma en sy familie deur SA se belastingbetalers finansieël versorg word nie. Ons regering weerspieël geen morele waardes dat die armes nog verder verarm word deurdat fondse toegeken word om die zuma-familie te bevoordeel ten koste van die wat onder die broodlyn leef. Belastinggeld kan net tot ‘n punt gebruik word, waarna dit onmoontlik raak om meer te spandeer as wat ingevorder word. Mense wat belasting betaal verloor hulle werk en die resultaat is dus minder belasting wat ingevorder word, maar die geldgierigheid word steeds groter. Ons het verseker nie ‘n “rolmodel” as ‘n regering nie. Die fontein van geld gaan binnekort opdroog en dan gaan die armes die “beloftes” van rykdom by dié eis wat dit aan hulle beloof het. Hoop húlle het daaraan gedink toe hulle al die beloftes gemaak het.

Emma ·

Hy moet liewer inbetaal met wat hy als al gevat het. Skande!!

Helen ·

Dis waaroor die geheime meeting was tussen Zuma en die ander ANC lede!! Nou weet ons!!

pieter ·

Dis nou tyd vir ‘n belastingboikot as vorm van burgerlike ongehoorsaamheid.

AW ·

For those who are not really interested read the book:
Understanding Organised Crime And Corruption In South Africa (Don Sipho); and then things will fall into place as to the current and past happenings within South Africa !

Wilma ·

Sou iemand bedank is hy mos sy maandelikse pensioen kwyt maar die Anc regering gaan aan asof geld van erens uit die nuut verskyn. Sal seker soos zimbabwe doen in mugabe tyd om meer geld te druk. Hahaha

M ·

en dan is daar duisende mense asook meestal kinders sonder kos in ons land.. dis n skande!

Liz ·

En sy onderdane moet ure sit en wag v powerw mediese hulp in staatshospitale. As hulle maar net tot d besef wil kom en opstaan teen d regering en terug wil veg. Maar keer op keer op keer stem hulle weer ANC. Besef hulle nie hul regering sorg nét v hulself nie! Mens kan stik!

Emma ·

En my doktors vriend werk al sy 2de maand in ‘n staats hospitaal en wag nog vir sy 1ste maand se salaris.

Martie ·

Ek is totaal en al stomgeslaan. Dit is duidelik dat die ANC SA se swak ekonomie nie begryp nie, en hulle voel vere vir die armes en die belastingbetalers. Boonop is Zuma nie SA se enigste parasiet nie. Ek was lanklaas so naar soos nou.

Vryheid ·

Daar is geen salf aan te smeer nie. Die anc se pad na verwoesting is in volle swang, op die ou einde sal armoede en die ineenstorting van als hulle voorland wees.

Ian ·

Julle moet verstaan dat al die ANC parlementslede hier werk met ‘n plan deur dit goed te keur. Hiermee skep hulle ‘n presedent [sic] wat in die toekoms ook op hulle van toepassing kan wees. En julle dink hulle is stupid!

Anoniem ·

Zuma weet iets wat ons nie weet en dit is al hoe Cyril hom kan gelukkig en stil hou.

Nel ·

Zuma kaap nogsteeds die ANC en so sal dit bly, want daar’s te veel geraamtes in die ANC-kas wat ten alle koste weggesteek moet bly anders stort die hele kaartehuis inmekaar.

Joshua ·

Hy moenie pensioen kry nie, hy moet tronkstraf kry want hy is n misdadiger-Enemy of the people.

Andre ·

Maklik befonds met die verhogings in die petrolprys. Belastingbetalers betaal hiervoor. Het die geagte heer nie twintig of meer vrouens nie? Dit is hoe ek dit het.

Petrus ·

Liewe hemel het hy nie al genoeg die staatskas uitgemelk nie en hom self verryk nie, en intussen sit hy met korrubsie aanklagte teen hom en nog steeds bevoordeel hulle hom, hoe de hel verstaan mens dit. Arm mense gaan tronk toe vir diefstal en gesiene en rykmense kry net nog meer.

Willie ·

Ek is geskok… het die man nie genoeg skade aangerig nie… Ek kan my kop op n blok sit, hy is nog inbewind!

Sp ·

Hy steek die ANC in die rug en ondermyn hul, dan maak hy die land bankrot.
Dan is die ANC nog steeds skoothondjies van hom.
Besef hul nie dat voordat ñ leier magshonger raak, sy vlerkies geknip word

Cherokee ·

Hierdie besluit van hulle beteken in effek dat daar nie beoog word om hom te vervolg vir meedoening aan staatskaping.

marous ·

Die verotting van hierdie mense het geen gelyke in die geskiedenis van die wereld nie .

Anoniem ·

En wat nog !!! Gaan lekker in Suid-Afrika wyl ander in hongersnood verkeer ?

Krimpvarkie ·

Dis mos n lekker land maak net wat hulle wil
die regering is min gespin oor armoede in ons land en werk hulle sorg net vir die regering families te hel met die res

kallie ·

Die soustrein se wiele moet eendag tot stilstand knars maar nie voor SA soos ‘n woestyn lyk nie,die pot stukkend in die put geval het nie, en die malers nie meer maal nie. Eers wanneer ons deur die spieel in ‘n raaisel kyk sal ons die verpletterende waarheid weet ,wie sal dan nog omgee?

albert ·

Kry mnr. Mbeki bv. ook hierdie voordele of is dit net hierdie staatskaper se voorreg? Niemand van ons kry ‘n volle salaris nadat ons met pensioen is nie. Ons krepeer bv op ons skamele pensioen. Ook geen voordele soos medies nie! Die anc en almal wat vir hulle stem, behoort hul koppe te laat lees.

Esther ·

Wat van di ouderdomspensioen kan dit ni vir n slag behoorlik verhoog word ni

Avra ·

Van wanneer kry n staatsamptenaar pensioen na bedanking? En wie het die die reëls van die pensioenfonds verander.

Andre ·

Hy kry klaar sy pensioen wat al sy medipligtige staat kaping diewe aan hom terug betaal.

Jan Alleman ·

Gaan hy darem nou aftree en iewers uit die kollig bly? Die vet weet die ou maak net moeilikheid waar hy gaan…. Verkieslik is sy eindbestemming ‘n stewige tronk sel van 2 x 2 meter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.