Rupert: ‘Ek het nie bedoel om aanstoot te gee nie’

Johann Rupert tydens die onderhoud. (Skermskoot uit die video)

Johann Rupert, die bekende Stellenbosse sakeman wat onder erge kritiek deurloop ná ʼn omstrede onderhoud op Power 98.7, het Woensdag gesê sy bedoeling was nooit om aanstoot te gee toe hy verwys het na jong mense wat in nagklubs rondhang en absurde bedrae geld spandeer nie.

Given Mkhari, voorsitter van die MSG Afrika Group, het die onderhoud Dinsdagaand met Rupert gevoer as deel van sy Chairman’s Conversation-program. Die onderhoud was langer as twee uur lank en talle uitsprake is gedurende die gesprek gemaak wat mense warm onder die kraag gelaat het.

Een hiervan was Rupert se reaksie op die “arm Afrikaner-vraagstuk” ná die Anglo-Boereoorlog. Mkhari het Rupert gevra of die onderdrukking van die Afrikaner deur die Engelse bygedra het tot die stigting en groei van Rembrandt. Rembrandt is in die 1940’s deur Anton Rupert op die been gebring en was die voorganger van Remgro.

“Dit wás die rede. Absoluut,” het Rupert geantwoord. Hy het verwys hoe gedrewe die Afrikaner was ná die oorlog. “Hulle was gedrewe en hulle het studeer – hulle het ongelooflik baie studeer en ongelooflik baie gespaar. Hulle het nie gegaan en BMW’s gekoop en heeltyd gaan rondhang in Taboo en The Sands nie,” het Rupert gesê.

Taboo en The Sands is nagklubs in Sandton, Johannesburg, wat bekend is dat sy kliëntebasis grootliks uit jong volwassenes bestaan wat baie geld daar bestee.

Rupert het verder gepraat oor Mkhari se generasie wat hy meen, anders as wyle oudpres. Nelson Mandela, nie bereid sal wees om jare lank in die tronk deur te bring vir iets waarin hulle glo nie. “Ek sien nie jou ouderdomsgroep tronk toe gaan vir twee of amper drie dekades nie. Nee, julle sal The Sands mis. So in ʼn mate, hê respek vir jul oudstes. By jou generasie het ek nog nie leierskap na vore sien kom nie. Onthou, ek het Steve Biko ontmoet toe hy in sy 20’s was. En hy sou nie daar in Taboo rondgehang het nie.”

Talle sosialemediagebruikers het dié stelling as beledigend en rassisties beskou, maar Rupert het Woensdag op sy Twitter-profiel gesê dit was nie sy bedoeling om hiermee aanstoot te gee nie. “Ek het eenvoudig net geantwoord op ʼn vraag oor hoe my ouers se generasie geleef en gespaar het. ‘Millennials’ wêreldwyd het verskillende leefwyses. En ek het genoem Steve Biko, wat ek geken het, sou nie dit gedoen het nie. Ek het altyd Studio 54 toe gegaan – kon nie Johnny Walker Blue bekostig nie,” het Rupert getwiet.

“Taboo en The Sands is twee baie duur klubs waar groot hoeveelhede duur Franse sjampanje en Johnny Walker Blue gedrink word. Die parkeerareas is vol Bentleys, Lamborghinis, ensovoorts. [Ek] het uitgewys dat Given se ouderdomsgroep – van alle kleure – anders optree as ʼn vorige generasie,” het hy in ʼn opvolg-twiet gesê.

Given Mkhari tydens die onderhoud. (Skermskoot uit die video)

‘Geheime organisasie’

Mkhari het in ʼn stadium aan Rupert gesê hy word deur talle gesien as die verpersoonliking van witmonopoliekapitaal. Daarna praat Mkhari oor die persepsies rakende die “Stellenbosch-mafia”.

“So daar is ʼn prentjie. Jy, onder jou leierskap…. Donker kamers, mans kom saam en beplan hoe om die darkies buite aksie te hou en hoe om hierdie land te beheer, onder jou bestuur of leierskap, op een of ander manier. Dit is basies die konsep van die Stellenbosch-mafia. Ok, nou het hulle politieke mag en hulle hou die ekonomie tussen hulle. En manne, niemand moet hiervan weet nie. Dit is die prentjie,” het Mkhari aan Rupert gestel.

Rupert het hierop geantwoord: “Is jy ernstig? Is jy regtig ernstig? Glo jy ook in Kersvader? En dat Marilyn Monroe agter in my erf woon en Elvis vir Kersfees kom kuier? Ek bedoel, is jy nou regtig ernstig, Given?”

Mkhari het hierop gesê hy sal dit anders stel en het Rupert gevra of daar enige geheime operasie deur leiers van veral Afrikaner-sakeondernemings bestaan waar hulle saamkom om ʼn komplot te dryf.

Rupert het hierop geantwoord die Broederbond het destyds bestaan, maar hy was nog nooit ʼn lid daarvan of enige geheime organisasie nie. “En ek raak bekommerd oor die behoefte aan geheimhouding. Daar is geen so organisasie nie, regtigwaar. Sekerlik het dit wat ek al in my lewe gedoen het die bewerings weerlê dat ons die ‘darkies’ wil onder hou? Sekerlik, as jy kyk na hoe ek my lewe geleef het, [kan jy sien] dit is nie korrek nie? My swart Amerikaanse vriende in New York en die VSA sal dit baie snaaks vind.”

Given Mkhari praat met Johann Rupert. (Skermskoot uit die video)

‘Ons voel bedreig’

Mkhari het in die onderhoud gesê hy wil graag gesels oor tot water mate kultuur en identiteit ʼn dryfveer vir sake en politiek is en het Rupert gevra om oor Afrikaner nasionalisme te gesels. Rupert het ʼn oomblik stil gebly, gedink en toe geantwoord: “Ons het ook onderdruk gevoel en ons voel steeds in gevaar.”

“Voel julle bedreig? Soos die renoster?” vra Mkhari. “Ja,” antwoord Rupert.

Hy sê hy en Biko het reeds in die 1970’s ooreengekom dat daar nooit vrede in Suid-Afrika sal wees indien Afrikaner nasionalisme en Swart nasionalisme nie tot ʼn kompromie kan kom nie. “Dit was in ’73 of ’74. Ons sit nou in 2018. En ons beter nou daardie kompromie vind,” het Rupert gesê.

Die gesprek het daarna na die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding beweeg. Hieroor het Rupert gesê hy dink nie die kwessie moet grond wees nie, maar eerder eiendom. “Grond is ʼn baie gevoelige kwessie. En toe ek grootgeword het, is daar vir ons gesê die 87%-13% [grondeienaarskap-verhouding] is nie waar nie. Dit was 0%. Swart mense is nie toegelaat om enige grond op enige plek te besit nie. In die sogenaamde tuislande was dit die konings en die stamhoofde [wat die grond besit het] en dit was stamgrond.”

Hy het daarna verwys na verskillende lande se ontwikkeling en hoe sommige lande in die 1800’s ʼn nomadiese bestaanswyse gehandhaaf het, terwyl ander ʼn landbousamelewing op die been gebring het en met grondaktes en ʼn onafhanklike regbank. “En hierdie land het begin om vinniger te ontwikkel. En die mense wat gehou het by gemeenskaplike grond en geen oppergesag van die reg van toepassing gehad het nie, waar grond net weggevat kon word, het stadiger ontwikkel. En dit het niks te doen met swart of wit of pienk of pers nie,” het Rupert gesê.

“So die grondkwessie is baie emosioneel en dit is emosioneel vir swart mense en vir wit mense. Maar dit is voor die hand liggend dat daar ʼn regstelling moet wees. Maar as ons praat oor eiendom … waar dink jy is die waardevolste grond? Stede. Dorpe.”

Rupert sê daarna dit gaan oor die manier waarop grond onteien word en of daardie onteiening in openbare belang is. Hy sê aan Mkhari grondhervorming die afgelope tien jaar was ʼn fiasko, maar erken daar sal nie vrede in die land wees totdat daar ʼn behoorlike verdeling van eiendom is nie.

Talle ander onderwerpe het tydens die onderhoud ter sprake gekom. Kyk hier na die volledige onderhoud:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Ken ·

Daar was geen aanstoot nie, slegs die waarheid!! Ons Afrikaners moet leer om minder ordentlik te wees, en meer dinge te se soos dit is. Ek vind baie van ons probeer vreeslik ordentlik wees, en so verdwyn realiteit en die waarheid…… Veral deesdae, meer mense moet dit reguit se soos Johann Rupert.

Phillie ·

Dit maak my grensloos de kwaad waarom bly ons verskoning vra vir feite en waarheid
Die yuppies in nagklubs gaan gou iets anders soos nog ‘n dronk nag kry om oor te praat en dan bly die Afrikaner nog steeds ‘n idioot wat bly verskoon
Waar is ons ou garde met ruggraat

Marie ·

Mense is gewoonlik beledig as hulle die waarheid hoor.Ek stem saam met Mnr.Rupert oor die meeste punte.As iemand hom n rassis wil noem moet hulle dit bewys.

Wessel ·

As die waarheid seermaak, dan moet dit nou maar so wees, maar as iemand soos Johann Rupert nie opstaan en dit sê nie, wie anders sal?

Estelle ·

Ongelooflik hoe vinnig ons moet omverskoning vra vir feite wat genoem word en dan soos ‘n baadjie aan ras aangetrek word. Die feit van die saak is dat meeste van ons jonger generasie geen waardestelsel of etiek meer besit nie en dit geld vir alle jong mense. Dit is asof die verloor van ‘n sterk kultuur en manier van lewe eenvoudig verdwyn het en materialisme en oomblike gratifikasie die norm geword het. Niks wat waardevol is soos lewens, respek ek harde werk het meer waarde in die nuwe generasie nie. Dankie vir die eerlike onderhoud.

DEWET GREYLING ·

Estelle, Stem heelhartig met jou saam!? Elke mens jonk, middeljarig, oud, wit, swart, pienk of pers, moet verantwoordelikheid vat vir homself en ruimte skep vir die ander rodom hom! Leef en laat leef — of sterf alleen!?

Colleen ·

Johann Rupert hoef vir niks jammer te sê nie. Wel gedaan! Dit is tyd dat die waarheid versprei word.

Faan ·

Eerlike antwoorde van n gerespekteerde suksesvolle man…maar nie dit wat die meerderheid wil hoor nie. Hulle wil liewer heuning om die mond gesmeer word en vertel word dat dit alles apartheid en WMC se skuld is. “very convenient way of living”….dit is altyd iemand anders se skuld. Kan nie verantwoordelikheid neem nie . Lynreg teenoor dit wat Steve Biko voor gestaan het.

A ·

Die jong volwassenes het groot geword in die “kits-era”. Alles moet net gebeur en hulle moet die geld daarvoor kry. Daar is bitter min wat sal opstaan vir waarin hulle glo.
Mnr. Rupert – ek het baie respek vir jou, want jy het hard gewerk om jou besigheid op te bou.

LOL ·

Ek het na die onderhoud geluister en Johann Rupert het effektief beaam:
die massas wil nie werk nie, “entitlement” het ‘n beroep geword, oneerlike leiers is rolmodelle, tenderpreneurs leef volgens parfenu standaarde.

Die aanvalle op Rupert is die resultaat van die waarheid maak seer / as die skoen pas.

Nettie ·

Julle ken my as een wat hard en eerlik praat, soms té eerlik na MM se sin, en daarom word baie van my kommentare nie geplaas nie.

@LOL – jy praat die reine waarheid. Die “massas” stroom ongekend in oor ons – nee, húlle – land – se grense en “demand, demand, demand” net die hele tyd. Maak ‘n kind (of 4) by ‘n Suid-Afrikaanse vrou/het ‘n kind (of 4) by ‘n Suid-Afrikaanse man en siedaar! daar is jou paspoort na “Afrique du Sud – terre de lait et de miel” en trek SASSA-geld vir die volgende 18 jaar.

“Bottomline” is dat dr. Rupert NIKS gesê het wat NIE die waarheid is nie en die waarheid – dit maak ALTYD seer. Given Makhari en kie – sy tydgenote – kan maar gerus die skoen aantrek as dit pas. En ons probeer verkeerd bewys en van die teenoorgestelde probeer oortuig …..

Rupert Ashford ·

Stem saam met meeste wat Mnr Rupert gese het, behalwe die laaste paragraaf. Hier wil ek Pres Kruger parafraseer: Daar sal nie vrede wees na grootskaalse grondonteiening nie, want “julle” soek nie ons grond nie, julle wil ons siel en ons menswees vertrap en vernietig in julle rassistiese strewe na vergelding.

Spyker ·

Wow, het Pres Kruger dit werklik gesê? Indien wel, was hy definitief ‘n siener, want hy kon dit netsowel in hierdie dae en tye gesê het. Hy slaan die spyker op die kop!

Therese van Schalkwyk ·

Rupert, puik verwoord, stem saam.
En verder, wánneer besluit wié dat “behoorlike verdeling van eiendom” voltooi is en permanent gestaak kan word; of vlam die emosies voor elke verkiesing, en met elke ‘nuwe’ ANC-president weer op?

Terloops, News24 haal Rupert o.a. soos volg aan:
” … the big problem in this country … instead of people debating facts, they get personal, they attack individuals and attack their children and that’s a Donald Trump-type style”.

Van waar Gehasi? Niemand het klaarblyklik deesdae meer die vermoë om hulle punt te maak sonder om Donald Trump by te sleep nie. Dit doen sonder twyfel afbreek aan menige toesprake en artikels, al sal die meerderheid heel waarskynlik nie saam stem nie.

Thinus ·

Dis die waarheid en hy het nie polities korrek probeer wees nie. Hulle kla en kerm oor niks. Crybadies…. crybabies. Klink dit bekend?

Ek dink ·

Hoekom moet mense altyd verskoning vra vir hul menings? Baie van wat hy se, is die waarheid en as mense nie daarvan hou, is dit hul probleem. Ek is seker hulle het ook menings waarmee nie almal saamstem nie.

Hennie ·

Rupert het niemand beledig nie. ek hoop mense wat toegang tot hom het sal dit vir hom sê. ek dink daar is meer gewen as verloor tydens die onderhoud. hy het my hart warm laat klop toe hy plegtig verklaar hy is ‘n Afrikaner!

Amelia ·

Ek stem saam, die generasie voor ons het beslis baie harder gewerk en minder gejol.
Die jeug van vandag wil net jol, drugs, koop en suip.
Die hardwerkendes is mos nerds.

Johan H. ·

Mr rupert jy het nik verkeerd gese nie. Wens net jy kan meer wit mense op die been help met beurse. Jys n yster en skuld niemand niks nie. Van wanneer af moet n mens skuldig oel oor jou sukses?. Maar ja dis wat die kommunis jou wil laat voel!!!!

Aasvoël ·

Daar sal NOOIT vrede in die land wees nie, selfs al word AL die grond onteien. Dit sal net MEER verdeeldheid skep.

Eddie ·

Volg die Ruperts se voorbeeld ; onafhanklikheid kom deur harde werk en’n verantwoordelike en morele leefstyl !!

marco polo ·

Geen rede om verskoning te vra nie, hy het dit gese soos dit is. SA en ook die wereld is in die toestand wat dit is agv politieke korrektheid en die sensitiwiteit van die snuiters, wat nie wil werk nie, maar alles wil he.

Karel Kraai ·

Moet mens dan deesdae sê wat die mense WIL hoor as hulle jou vra: “Wat is jou opinie?”.

Jean van Rensburg ·

Ek verstaan ook nie waarom daarVerskoning gevra moet word nie..mnr Rupert het nie gese mense moet opgekap word en die land uitgedryf word nie.Hyt n eerlike mening gegee,ek verstaan glad nie waar kom die rassigheid in nie..dis absurd.

Bid ·

Ek bid dat ons rasiste net vir een week almal kan verdwyn van SA dan kyk ons wat gebeur met die mense wat ons brandmerk dat ons rasiste is oor ons vel kleur.

Nelia van Zyl ·

Baie geluk, Mnr. Rupert. Eesteklas onderhoud. Die onderhoudvoerder is egter die een wat voor rassisme swik – nie die gas nie. Kom ons wees eerder opreg Mnr.Makhari, sonder verskuilde agendas.

Koos ·

Johann, jy is deur Zuma en Malema as rassis gebrandmerk. Nou kom hierdie ou ook met die selfde trant. Dit is reeds op rekord dat die term “wit monopolie kapitaal” geskep is in Engeland, maar die EFF tokkel nogsteeds daai snaar, want hulle kitaar het net die een snaar.
Ek is jammer maar ek aanvaar nie jou verskoning nie. Jy kan nie verskoning aanbied vir iets wat jy nie verkeerd gedoen of gesê het nie, behalwe dat jy jammer is dat jy ‘n wit man is wat herd gewerk het om sukses te bereik.

Daan ·

Puik onderhoud. Puik sakkeman. Waar is die ander Afrikaner sakeleiers. Is dit net Mnr Rupert wat die moed het.

Allie ·

Almal vergeet die gekiedkundige feit..Alle oorloe beging oor grond.

koos ·

Allie, meer oorloë in die wêreld gekiedenis is oor gelowe as grond begin. Grond is dan die betaalmiddel aan die einde van ‘n oorlog.

GP ·

Geen verskoning nodig nie. Plaas mense leer uit wat hy se is hulle so sensitief dat hulle altyd een of ander belediging sien in wat gese word.

Jan Alleman ·

Die SA projek is in as. Die gestryery is basies maar nietig. Jy kan nie ‘n verbrande as weer vervorm na wat dit was nie.

thys swart ·

Pragtig en goed gedaan mnr Rupert.
Sal graag wil weet wat Maleme en sy mense sal se oor wat hulle als al opgebou het in die land. Nie veel nie , korrupsie aaneen ,swak paaie swak diensste oral veral munisipaliteite. So kan ons voortgaan om op te noem hoe dinge agteruitgaan in ons land . Noem vir my wat hulle opgebou het in 20 jaar van regeer?

Henk ·

Met verskeie dinge van Rupert stem ek nie saam nie. Maar een ding kan hy weet, hy gaan gekruisig word omdat hy wit is en die waarheid gepraat het. Selfs nou in tye waar die witman weereens vertrap en geroof wprd, is hy besig om skouer aan die wiel te sit terwyl die res alles verniet wil he

Faan ·

Kyk n tweede keer na die program…..dan word dit duidelik dat die negatiewe reaksie georkestreer en vooraf beplan was. Luister na die aangeplakte handeklap vir die twee here….duidelik van ‘n paar individue, totaal oordrewe en beslis doelbewus geplant. Die oorgrote meerderheid van die gehoor is waarderend en is met die regte gesindheid daar.
Dankie Johann Rupert. Dit was eerlik en opreg.

Alida Engelbrecht ·

Mnr Rupert hoef werklik vir niemand om verskoning te vra rakende die gesprek nie. Mense moenie altyd so liggeraak wees nie. Ek glo wel dat daar baie mense is wat vir mnr Rupert om verskoning behoort te vra.

jakes ·

Die joernalis het die onderhoud gevoer om Rupert uit te lok sodat hy erken dat die witmense alleen verantwoordelik is vir die power situasie in SA. Mandela was verhoor en gevonnis op n aanklag van hoogverraad nes die Boeremaglede tans tronkstraf uitdien. Nie almal dink dat Mandela n held was nie. Ek skroom nie om my mening te lug nie want witmense het geen toekoms in SA nie. Ek sal geen verskoning aanbied vir die verlede nie.

E.K. die eerste ·

Mnr Rupet: Hou op om verskoning vra. Ignoreer kritici en sê net “no comment”. Waddehel?? Dis vryheid van spraak asook die absolute WAARHEID.

M ·

Skenk eerder geld aan Orania en Afriforum. Hou op die ander finansier …

Dries du Toit ·

SIESTOG FERIAL HAFAJEE……lees KOMMENTAAR op N24 . as jou OU Bokke tog NET BETER verkoop het,DAN WAS jy nou dalk……WEL….NIKS……….

Bennie ·

Anton hoef vir niks en niemand verskoning te vra nie. Sekere welgesteldes en hulle kinders sal aanstoot neem oor die waarheid.

Boerseun ·

Geluk Mnr Johann Rupert. U is geen verskoning verskuldig nie. Rassisme werk op dieselfde beginsels as skinderpraatjies. Selde of ooit sal ‘n persoon skinder oor iemand van benede sy eie status, op enige gebied of onderwerp. Maar, sal skinder oor indiwidue met gelyke of hoër status as sy eie, wanneer so ‘n persoon gesien word as ‘n bedreiging. Opbouende kritiek is nie skinder nie. Vir dieselfde redes sal ‘n persoon wat ‘n ander ‘n rassis noem te kenne gee dat hy jou as ‘n bedreiging sien en dat hy minderwaardig voel teenoor jou. As Christen Afrikaner het ek nog nooit ‘n ander persoon ‘n rassis genoem nie, omdat dit nie nodig was nie. Baie dikwels egter was ek as ‘n rassis beskou en daarvoor uitgekryt. Met elkeen van die “verdoemende” aantuigings het ek dit beskou as ‘n kompliment, vereering en erkenning van die aantuiger se minderwaardigheid jeens my status. Dit is die rede waarom nie net Malema nie, maar ook die internasionale mening, so gretig is om die Afrikaner volk te brandmerk as rassiste. Hulle vrees die Christen Afrikaner volk en is jaloers op ons Gelofte met God.

Schalk ·

Given? Wat het jy gegee in die lewe om so verkleinerende aanval te loods op iemand wat wel ” Gegiven het vir die land? Wou jy dat Meneer Rubert jou en die res van die benadeeldes om verskoning vra? Ek voorspel dat jy opgehits en aangespoor was en jou vrae sorgvuldig gekeur en gekies was om tot die punt te kom waar jy gaan eindig NIKS!

Nel ·

Mnr Rupert jy hoef beslis nie vir die waarheid om verskoning te vra nie. Punt As sekeres wil aanstoot neem daaroor laat hulle maar gerus die skoen aantrek.

charmaine ·

Ek stem hoekom moet ons altyd se Jammer of ek wou nie aanstoot gee nie of op toontjies trap nie?? Ons tree slapgat op en dis wat hulle wil sien Mnr Rupert is 100% reg. Daar is wit en swart wat rojaal leef in die moeilike tye(wel vir arm wit en swart mense). Kyk hoe loop kinders vandag met selfone en IPads rond, kry motors nog voor hulle n behoorlik kan bestuur. Kinders gaan op Matriek vakansies, ons weet en het nie meer genoeg geld om te spaar nie ons bekommer ons oor ons aftredes wat nog te se van ons kinders se toekoms en aftrede eendag gaan hulle genoeg spaar gaan kinders nog wil leer en n beter lewe wil ly? Kyk hoeveel miljoene is gespandeer op black Friday? het iemand nou iets om te wys van daardie oorywerige kopery? Ons almal is skuldig daaraan om soms geld te mors op stokperdjies, partytjies, klere ens…maar iewers moet ons ook volwasse optree en briek aandraai.

honourable member ·

Jy het nie nodig oor om enige iets verskoning te vra nie. Mense hou maar net nie daarvan om met die waarheid en realiteite gekonfronteer te word nie.

Pieter Schoombee ·

Maak nie saak wat Johann Rupert gesê het nie, daardie kaders sou hom steeds beswadder en beledig het.

Jacobus Krynauw ·

Ek stem heelhartig saam met die koor van stemme wat Johann Rupert ondersteun. Diegene wat aanstoot neem oor sy uitlatings is kleinserig, om dit sagkens te stel. Ek dink maar net Johann het nie tyd om doekies om te draai nie. Hy is in die kol met sy opmerkings (miskien eerder feite?)

Hans ·

Maak nie saak wat jy se nie dit sal in elk geval teen jou gehou word.

Dirk Breytenbach ·

Dr Rupert wel gedaan jy het jou man gestaan teen ‘n oormag van haat en jaloesie. Ekonomiese beginsels kan nie geignoreer word nie en jou geskiedenis bewys weereens hoe sukses behaal word dmv harde werk, beplanning en aandag aan detail, regte produk vir die mark ens. Ekonomiese sukses, ingesluit boerdery, kan nie deur manipulasie van wette en handveste toegang tot die vrye mark verkry word nie bdie drakoniese BBBEE wette wat gelyke uitkomste wil beheer ipv gelyke kanse nie. “White guilt” kan nie ‘n ekonomie en ‘n land bou nie, ons almal het die vergrype van die verlede reeds erken (en is nie trots daarop nie) en wil nou bou aan ‘n nuwe normaal en ons gaan nie ons toekoms op die verlede bou nie. Ons is ook Afrikane en gaan nerens heen nie ons bly hier. Mense verwar partykeer selfvertroue met arrogansie, Dr Rupert dankie dat jy jou man kan staan en nie polities korrek wil wees nie.

Dankie Dr Rupert daar is nou ‘n lyn in die sand getrek waarop ons kan voortbou.

AMS ·

Hier is ‘n man wat weet waarvan hy praat en nog steeds sal daar stiksienige mense wees wat dink hulle weet beter. Daar is geen rede dat Rupert jammer moet sê vir die waarheid nie. Ons land het ‘n plek geword waar niemand die waarheid in die oë wil kyk nie en as dit gespreek word moet jy ‘n “skuus tog ek leef”-houding inslaan om die wat niks verstaan ter wille te wees.

ChrisE ·

Ek het ‘n deel van die onderhoud gesien. Help my reg, ek is ‘n persoon wat my eie foute raaksien en sal verkoning aanbied as ek verkeerd bewys word. Die blanke vermoënde persoon (alle blankes) word identifiseer as White Monopoly Capitalists ( WMC). Ons word verguis en beskuldig van arrogansie en wat ook al. Wanneer die “paw paw die fan” slaan en daar word geld gesoek vir borge ens, wie word gevra? Die WMC. Geen verskoning of askies sal ons van enige aanslag kan verskoon nie.

Jandre ·

Goed nadink, voor jy iets doen. Wees gerus filantropies, maar doen dit anoniem, zonder om jouself, in die oe van andere ,te vehewe.

Frikkie Frederick Botes ·

Jesus het aanstoot gegee vir die waarheid. Jesus het nooit omverskoning gevra daarvoor nie, net swakkelinge vra om verskoning vir die waarheid. SA moet vernietig word om dit te suiwer van alle euwel en euwel volgelinge

HPV ·

Alle sukses wat die Afrikaner behaal of behaal het gee aanstoot vir die anc regime en hul meelopers. Hulle is steeds vasgevang in die verlede en die blaam speletjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.