Rupert, Motlanthe, De Klerk waarsku oor ras

Johann Rupert (2004) Foto: Szekszter (eie werk) via  Wikimedia Commons

Johann Rupert (2004) Foto: Szekszter (eie werk) via Wikimedia Commons

Ras verdeel Suid-Afrika en vryheid van spraak moet bevorder word vir ʼn vrye openbare diskoers op soek na gemeenskaplike begrip, het twee voormalige presidente en die sakemagnaat Johann Rupert Dinsdag in Kaapstad gesê.

“Vryheid van spraak het onder skoot gekom,” het Rupert aan konferensiegangers gesê.

Die FW de Klerk-stigting het die konferensie gereël om die voormalige president se ontbanning van die vryheidsbeweging 25 jaar gelede, te vier.

“Ek bedoel, Zelda la Grange is nie ʼn rassis nie; sy het dalk ʼn faux pas begaan, maar sy is nie ʼn rassis nie,” het Rupert gesê. As ons in hierdie land nie met iemand saamstem nie, dan is daardie persoon sommer ʼn rassis.” Hy sê dit is dadelik die reaksie van die regering teenoor kritiek; net soos die apartheidsregering almal wat hom teengestaan het, uitgekryt het as kommuniste en vyande van die staat.

Hy het bygevoeg sy grootste kommer is dat mense fokus op wie iets gesê het, in plaas van wat gesê is. Hy het ook in sy toespraak gesê die oppergesag van die reg, boere en voedselsekuriteit en die voorvereistes vir ekonomiese groei word bedreig.

Hy het geskerts dat sy woorde dalk beskou sal word deur die prisma van sy rykdom en het hierop gesê: “Waarom kan ons nie vrye debat voer nie? Ek is bereid om saam met [leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters] mnr. [Julius] Malema te vergader. As hy reg is, dan moet ek verander. Maar ons moet ʼn openlike debat hê, ʼn totale openlike debat.”

Oudpresident Kgalema Motlanthe het op sy beurt sy misnoeë uitgespreek dat Suid-Afrikaners die land se “swart regering” kritiseer en gesê dit is ʼn politieke mistasting, aangesien die regering demokraties verkies is, en dit is ʼn teken van verdeeldheid. “Om die regering ‘swart’ te noem, sê meer oor hul denke as enigiets wat hulle probeer uitdruk. Die gevolg is ʼn waningeligte en misleidende diskoers wat maatskaplike stereotipes verskans en ʼn gevoel van vervreemding aanwakker.

Motlanthe het gesê dit is duidelik in die rasseherrie wat die afgelope paar weke op sosiale media gewoed het. “As daar een plek is wat ʼn doeltreffende indeks vir rasseverhoudings in die land bied, is dit sosiale media,” het hy gesê. “Sosiale media het onlangs ʼn stroom rassistiese vergrype regoor die maatskaplike spektrum beleef wat openlik die biologiese, historiese, ekonomiese en maatskaplike konstruk van ras as die organiserende beginsel in menslike sake aanmoedig.”

Motlanthe het bygevoeg dit is betreurenswaardig dat hierdie openlike manifestasie van rassevyandigheid ʼn verlammende effek het op dit wat ons probeer bou, “ʼn nasie wat verenig is in sy diversiteit”.

Hy het gesê die enigste vertroosting wat hy in die diskoers ervaar is dat dit as ʼn barometer dien vir die staat van maatskaplike kohesie, maar hy blameer dan maatskaplike ongelykheid. Hy het gesê 25 jaar ná De Klerk die ontbanning van die vryheidsbeweging aangekondig het, is ongelykheid nou groter as op 2 Februarie 1990. Hy het gesê dit verdeel die nasie en ondermyn Nelson Mandela se ideaal van nie-rassisme. “Mense is meer ontvanklik vir hoë ideale soos nie-rassisme en nasionale eenheid wanneer hul mae vol is. Hulle sal eerder saamstem dat ons ʼn gedeelde toekoms het, as hulle ʼn betaalde werk het.”

Motlanthe het bygevoeg die verdeeldheid is gekleurd en word vererger deur die feit dat Suid-Afrika “ʼn samelewing is met diep wortels van rasse- en etniese selfbewustheid”.

Die konferensie kom minder as ʼn maand nadat pres. Jacob Zuma tydens ʼn ANC-fondsinsamelingsveldtog gesê het “al die moeilikheid het begin” in 1652 toe die Hollandse kolonialis Jan van Riebeeck in die Kaap aangeland het. La Grange het heftig hierop reageer en sy is as ʼn rassis uitgekryt. Sy het om verskoning gevra vir haar uitbarsting.

Motlanthe het egter Zuma se reg om oor apartheid te praat, verdedig. “Om van apartheid en kolonialisme te praat, is eintlik om ʼn onregverdige stelsel te bespreek in die vervaardiging, verspreiding en verbruik van hulpbronne,” het hy aan die hoofsaaklik wit gehoor gesê. “Eenheid en maatskaplike kohesie is soos bome, hulle het wortels nodig om te groei en sterk te wees. Dit is opgesluit in maatskaplike geregtigheid.”

Hy stem egter nie met Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu, se teenstand saam om Tafelbaairylaan na De Klerk te vernoem nie, aangesien ʼn verhindering van vryspraak die land op ʼn “glybaan” na sensuur sal plaas. Mense soos Tony Ehrenreich moet ʼn plek kan hê om hulself te kan uitdruk. As hulle verkeerd is, dan is hulle verkeerd.”

Rupert het in ʼn gevolglike gesprek gesê dit is kommerwekkend dat diegene wat rassistiese uitsprake op Twitter maak, genoeg opvoeding ontvang het om te kan lees en ryk genoeg is om tegnologie te kan bekostig.

Rupert verwerp die idee dat die verspreiding van rykdom ʼn wondermiddel is teen ongelykheid. Hy het gesê toestande om welvaart te skep, moet eerder beskikbaar gemaak word.

De Klerk het aan die forum gesê hy is oortuig dat “dit wat ons nou het, is baie beter as dit wat ons gehad het”, maar dat kommer oor die toekoms nog altyd ʼn sentrale karaktereienskap van Suid-Afrikaners was. Hy het gewaarsku dat die gevaar bestaan dat die land die grondwet kan verraai indien geregtigheid selektief toegepas word en die ideaal van nie-diskriminasie ondermyn word. “Ons moet almal werk om seker te maak dat diegene wat toegewyd is aan liefde, sal seëvier oor diegene wat wil terugval op ou patrone van haat.”

De Klerk het op 2 Februarie 1990 die ANC, SAKP en PAC ontban en die vrylating van Mandela en ander politieke gevangenes aangekondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ladybug ·

Die regering veroorsaak opsetlik twee spalt tussen die rassegroepe om ons verdeeld te laat en mekaar te haat!
Dis hoekom dinge so onregeerbaar is in ons land. Elkeen baklei vir bestaansreg, sy plekkie in die son.
Dit gaan uitloop op ‘n oorlog, en dit is seker wat die regering beoog, ‘n oorlog om ons blankes finaal uit te wis!

Willie ·

de klerk, jou oortuigingsvermoë laat veel te wense oor en dit was nog altyd so. En nou kom jy met die stelling “dit wat ons nou het, is baie beter as dit wat ons gehad het” In watter droomwêreld leef jy? Beurtkrag, verval van die Streekdiensterade, vervalle gesondheidsorg, verarming, en baie meer as jy eerlik met jouself sal wees. Jy en kie, wat ons land uitverkoop het sal nooit weer ‘n mielie onder ons knieë rol nie.

Tammy ·

Ja, Mnr de Klerk probeer beslis sy foute weg praat deur voor te gee ons is beter af as voor 1990. Hy verdien niks van Suid Afrika nie. Hy het selfs sy dierbare vrou die rug gegee. Sies man!

Knersus D ·

Tammy Presies! FW is ‘n self-belangrike megalomaan, pienk mannetjie , wat nog niks op sy eie kon regkry nie. Wag, ek jok…hy kon darem ‘n griekse vrou oortuig om met hom seks te he..

Gerhard Bezuidenhout ·

Jy Motlanthe en jou ANC gespuis is die rassiste in hierdie land .Weg met BEE en gee vir die blankes werk sodat die vrotsige Staatsdiens insluitende Eskom weer op dreef kan kom en vat julle klomp rassistiese Kentuckyvreter polisie vas sodat hulle hul werk doen en nie korrup is nie . Moet asb. ook nie verskonings uitdink wanneer julle die woord “apartheid” gebruik om dit te regverdig nie want almal in ons land vreet nie alles vir soetkoek op nie.

Marius Ellis ·

Soos die skandalige manier waarop FW president geword het, netso het hy sy vrou van hom vervreem en op dieselfde wyse het hy dit reggekry om ook ons land van ons te vervreem. Almal sal jou leë beloftes onthou F.W de Klerk, wigte en teëwigte……. Gelukkig vir jou, tree demensie in, en sal jy dus nooit nou die inpak van jou dade meer besef nie, maar liewer jouself glo dat jy hierdie dinamiese leierskap gehad het wat SA kon red.

Rupert Ashford ·

Mothlanthe se uitsprake (en onthou hy is veronderstel om een van die meer redelike ANC manne te wees) spel dit uit dat “versoening” in SA = herverdeling Zim styl. Finish en klaar om ‘n oorledene aan te haal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.