Rusie eindig in tragedie; vrou veg om lewe

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn Vrou veg steeds om haar lewe in ʼn hospitaal in die Nelspruit-omgewing in Mpumalanga nadat haar man die kamer waarin sy en hul twee kinders gelê en slaap het aan die brand gesteek het.

Die twee kinders, onderskeidelik nege en 11 jaar oud, het ná die voorval aan hul beserings beswyk. Die 43-jarge man het ná die voorval selfmoord gepleeg.

Kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê die man en vrou het verlede week Dinsdag ʼn groot uitval gehad. Die man het petrol in die kamer, wat die gesin in die Zwelisha-nedersetting gehuur het, uitgegooi en dit aan die brand gesteek.

“Die man het gaan wegkruip terwyl bure die ma en dogters te hulp gesnel het en hulle na die hospitaal geneem het vir mediese behandeling. Hulle het ernstige brandwonde opgedoen,” het Mdhluli gesê. Die twee dogters het onderskeidelik verlede week Donderdag en Vrydag aan hul beserings in die hospitaal beswyk.

Die polisie is na die toneel ontbied en het dadelik ʼn soektog na die man van stapel gestuur.

“Nadat die nuus van die twee meisies se dood bekend geword het, is die man se liggaam Vrydag onder ʼn boom langs sy ouerhuis gevind.”

Die polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek en ondersoek ook twee sake van moord, poging tot moord en brandstigting.

Die polisiebestuur in Mpumalanga het die voorval ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om hulp te kry indien hul verhoudingsprobleme het, eerder as om hul lewe of dié van hul geliefdes te beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek is sprakeloos met wat aan gaan in die land. Hoekom nie net julle probleem uit sorteer en die kinders in vrede los nie?

Regverdigheid ·

So verkeerd skei hoekom kinders seer maak ….. sterkte aan familie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.