Rusie lei glo tot boer se dood

Willem van der Westhuizen. Foto: Facebook

ʼn Rusie het glo daartoe gelei dat ʼn boer van die Griekwastad-distrik in die Noord-Kaap Dinsdagmiddag op sy plaas doodgeskiet is.

Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, het gesê die 35-jarige boer is omstreeks 15:00 op die plaas Bonteheuwel doodgeskiet. Ramatseba het die boer as Willem van der Westhuizen geïdentifiseer. Marius Muller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê Van der Westhuizen was ook as Willem Woux bekend.

Volgens Ramatseba het Van der Westhuizen ʼn hewige rusie met ʼn 32-jarige plaaswerker gehad wat daartoe gelei het dat Van der Westhuizen met ʼn .22-geweer in sy bors geskiet is. Ná die skietery het die werker in Van der Westhuizen se Ford Ranger-bakkie gevlug. “Die verdagte het ook ʼn 26-jarige man geskiet wat in die hospitaal opgeneem is vir behandeling,” het Ramatseba gesê.

Hy het gesê die polisie is ontbied en het die verdagte agternagesit. Die verdagte het beheer oor die bakkie verloor en dit het omgeslaan. Hy het daarna te voet probeer vlug en die polisie het hom in hegtenis geneem.

“Daar is op die geweer beslag gelê. Die vuurwapen se reeksnommer is afgevyl,” het Ramatseba gesê. Die verdagte sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.

Van der Westhuizen is die derde boer wat Dinsdag op ʼn plaas vermoor is. Willie Barnard is omstreeks 12:30 op ʼn plaas buite Fochville in Gauteng geskiet. Hy is na ʼn hospitaal gehaas, maar het op pad daarheen aan sy wonde beswyk. Barry Baars (55) se liggaam vroeër Dinsdagoggend op ʼn wildsplaas tussen Ficksburg en Rosendal in die Vrystaat aangetref. Daar was ʼn skietwond aan sy ken.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het Woensdag aan Maroela Media gesê daar was tot dusver vanjaar altesaam meer as 350 plaasaanvalle en 74 plaasmoorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

askiesie ·

wie gaan nou bevestig dat dit `n rusie was? Ek was kwaad, so dit word nou die askiesie?

Blienkie ·

Op daardie hofsaak moet ons in hordes opdaag met plakkate. Hy gaan net weer los kom.

lorayne ·

Beslis vooraf bepan. . . . Want van waar sommer ‘n vuurwapen met ‘n afgeveilde reeks nommer?

Ida ·

Presies… Hoekom is jy met hom werk toe? Beplande moord man…

d ·

As jy iemand skiet met n wapen waarvan die reeksnommer afgevyl is dan doen jy dit mos met voorbedagte rade . Jy besit onwettig n vuurwapen , lok moontlik konfrontasie uit en pleeg doelbewus moord. Sterkte aan naasbestaandes.

Dries ·

As jy iemand skiet met n wapen waarvan die reeksnommer afgevyl is dan doen jy dit mos met voorbedagte rade . Jy besit onwettig n vuurwapen , lok moontlik konfrontasie uit en pleeg doelbewus moord. Sterkte aan naasbestaandes.

Leahim ·

Geen vrees vir die nagevolge nie fw de klerk se nalatenskap .

Lulu ·

Ek sal nou graag wil weet. Wat de hel het die “plaaswerker” met n .22 by die werk gemaak? en dit nogal n ongemerkte onwettige wapen! Van wanneer af spit ons lande om met .22s. DWS. hy het met die doel om die boer te skiet
” werktoe” gegaan! Rusie se voet!

Jacob Britharius ·

Dat mense so voor die voet vermoor word, kan mens voor die deur van die ANC-regering le. Hulle het geen beheer oor die mense wat ons land inkom nie en nog minder het hulle die vermoe om die mense van hierdie land te beskerm. Vir wat dit werd is, moet daar moontlik oorweeg word om die ANC wereldhof toe vat. Idi Amin het destyds tydens ‘n toespraak gese dat die witmense in die see gedryf moet word. Dit gebeur vandag as mens kyk na die verhuising van mense na die Wes Kaap. En hierdie tendens gaan net vererger want die witman is nie meer welkom in sy eie land nie, of moet mens se “gesteelde” land?

Semaarnet ·

Marine die naam in jou berig is verkeerd…jy sal ongelukkig jou bron moet kontak of jou artikel verwyder.

Dalene de Vente ·

Dagsê

Dankie vir jou kommentaar. Die polisie het intussen die boer as Willem van der Westhuizen geïdentifiseer. Maroela Media verneem Van der Westhuizen het ook as Willem Woux bekendgestaan. Die berig is gewysig om dit só te aan te dui.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

frenchpeteers ·

hoekom gee almal alles die skuld behalwe die instroming van mense van die res van Afrika in ons land in. Ons het pragtige mense in ons alnd (ons ken hulle al jare). Die Negeriers, Zimababweers, ens is ons probleem. Hoekom word hirdie mense nooit aangespreek, maar swart mense ingeheel.

Martie Beukes ·

Dit was n beplande moord,hy kan nou se daar was n rusie want die persoon wat hy geskiet het kan nie getuig nie.R.I.P. Nog n boer weg.

Carel ·

Hopelik word die plaaswerker ook aangekla vir bestuur sonder ‘n geldige lisensie.

PieterF ·

Die ouer ANC lede sal nooit die wrok wat opgebou het teen wittes gedurende die era van apartheid kan verwerk nie. Hulle wil dus steeds wraak neem en die kwaadwilligheid word ongelukkig na die latere generasies oorgedra. Die blankes is verseker nie welkom in die RSA nie en as ‘n bitter klein minderheidgroep kan en sal die huidige situasie nie verbeter nie. In Afrika is demokrasie net die benaming vir ‘n gierige leierskorps wat die staatskas as ‘n persoonlike bron van finansiering beskou. Hou dus vas, die rit gaan nog erger word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.