Rusie lei glo tot Boksburg-skietdood

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die Gautengse polisie het bevestig ʼn man het glo Maandagoggend sy dogter by ʼn huis in Boksburg aan die Oos-Rand doodgeskiet, voordat hy selfmoord gepleeg het.

Die polisie het gesê die 70-jarige pa het sy 30-jarige dogter vermoedelik tydens ʼn rusie doodgeskiet.

Maroela Media het vroeër berig vier tieners was in die huis tydens die skietery.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 07:00 na die huis in Dawn Park, uitbreiding 2, ontbied.

“Die pa en sy dogter was reeds dood toe paramedici by die huis opgedaag het. Albei het skietwonde gehad,” het Mathe gesê.

Sy het gesê Netcare 911 het traumaberaders na die toneel ontbied om die vier tieners, onderskeidelik 11, 13, 16 en 19 jaar oud, te behandel. Hulle het glo die voorval gesien.

Die oorsaak van die rusie vorm deel van die ondersoek. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die name van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie. Die man is glo ʼn oudpolisiebeampte van Vosloorus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kenpachi ·

Ek weet darem nie. Die Rusie het dalk eerder ontstaan omdat daar ‘n groter rede was waarom die ou so kwaad was. Mens skiet immers tog nie jou dogter dood op die ingewing van die oomblik nie. Sy’t seker iets gedoen wat pappie erg ontstel het.

Dus, vir hulle om te se die rusie het tot die moord gely is effe onvanpas in my opinie.

Cherokee ·

Jy mag reg wees en miskien heel deurmekruis. Feit is polisiemanne moet nie vuurwapens gegee word nie. Dit is dikwels hulle wat skietlustig word en onskuldiges skiet. Polisiemanne se vuurwapens moet gevat word en hulle moet met knuppels uitgereik word.

Anoniem ·

Dis baie naief om te se hulle wapens moet gevat word, hulle word in gevaarlike plekke ingestuur, betogings, transito rooftogte en al daardie gevaarlike situasies hoe moet hulle hul self beskerm, almal is gou om te die SAP doen nie hulle werk nie, maar om eerlik te wees ek sou ook nie wou nie. Ja hulle moet dalk afgetreede beamptes strenger hanteer, soos jaarlikse sielkundige evaliasies en so aan maar ek twyfel of dit sal help om hulle sonder wapens in die veld in te stuur, Al wat dit tot gevolg sal he is dat daar dalk nie 70 jarige afgestede beamptes sal wees nie hulle sal voor die voet vermoor word

Pops ·

Ag nee regtig!! Is ons samelewing totaal SIEK of wat!!!! As jy nie van iemand hou nie, los hulle uit, ignoreer hulle, trek weg van hulle af. Hoekom wil jy hulle doodmaak? Vir wat? En jy los dalk kinders sonder ‘n mamma!! Al was sy hoe sleg teenoor jou, is sy dalk die beste mamma vir kinders, dogter vir haar ma, vrou vir haar man gewees!! Dit sal die beste dag wees as niemand in die publiek meer ‘n vuurwapen mag he nie, dan behoort al hierdie dinge nie so daagliks te gebeur nie. Siek-siek-siek mense!!! 70 jaar oud en jy neem iemand se lewe, en jou eie!!! Pateties verby!!!

Johann ·

“Wapens moet weg geneem word” Daardie sin, soortgelyke opmerkings sien en hoor ons nou oral in die wereld elke dag.
Dink mooi daaraan: Die enigste rekord wat die owerhede het van wapens, is van die mense wat dit wettig bekom het. Die mense wat ook wapens het is die skelms. Nou hoe gaan dit dan werk?
En, wapens vermoor nie mense nie. Dit is mense wat dit doen. Nou as ‘n mens redeneer dat dit nie waar is nie, dink so daaraan. As iemand ‘n ander persoon enige leed wil aandoen, sal daai persoon ‘n manier vind. Maak nie saak waarmee dit is nie.
Venezuela: Wapens is verban daar. Weereens die mense wat die wapens wettig bekom het, se wapens moes dit terug gee. En toe? Mense het besluit om die polisie lede te teiken vir hulle wapens. Polisie lede is vermoor vir hulle wapens.
Die samelewing van vandag, oor die hele wereld is baie deur mekaar. Prioriteite is deur mekaar en die regerings amptenare sit net en ry die “gravy train”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.