Rusie lei glo tot gesinstragedie

Argieffoto: Kent Williamson

’n Rusie het glo tot gevolg gehad dat ’n ma haarself en drie kinders om die lewe gebring het in Witbank, Mpumalanga.

Sers. David Ratau, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Pearl Mahlangu (32), ’n leerlingverpleegster, en haar man, Mandla Mhlanga (40), ʼn sielkundige, het oor die naweek stry gekry waarna Pearl hom glo herhaaldelik probeer bel het.

“Hy het nie geantwoord nie en sy het ʼn SMS vir hom gestuur dat ‘hy sal spyt wees’,” het Ratau gesê. Die gesin se huiswerker het Maandagoggend soos normaalweg by die huis in die Skiatos-veiligheidskompleks in Cancerstraat, Witbank, opgedaag.

Volgens Ratau was die voordeur gesluit en het die huiswerker Pearl se suster gekontak. Pearl, Quain (sewe maande), Quirino (5) en Quanisha (10) se liggame is later in die hoofslaapkamer van die huis aangetref. Pearl het op die grond gelê en die kinders het almal op die bed gelê.

“Daar was baie pille wat in die kamer rondgelê het. In hierdie stadium is die bewerings dat die vrou haar kinders ’n oordosis pille ingegee het en toe haar eie lewe geneem het nog bespiegeling en kan dit nie bevestig word nie,” het Ratau gesê.

Volgens hom is die nadoodse ondersoeke Dinsdag uitgevoer. “Daar is bloed en urienmonsters geneem en na Pretoria gevat vir ontleding. Die resultate sal nog ʼn hele rukkie neem.” Ratau het bygevoeg die oorledenes se tande het ʼn onnatuurlike bruin kleur gehad. “Ek vermoed dit kan wees van die middels wat hul ingekry of ingegee is.”

Vier geregtelike doodsondersoeke word gedoen. “Ons sal eers sekerheid kan hê oor die saak as die uitslae van die nadoodse ondersoeke bekend gemaak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sw ·

Vra eerder wat gaan met die mensdom aan! Dis nou die soveelste geval van iemand wat uit pure selfsug ander mense se lewens neem en daardeur God wil speel.
As jy nie tevrede is hoe jou lewe verloop nie, waarom ander mense ook doodmaak?

Andre Traut ·

My simpatie aan die agtergeblewenes. Ek wil egter graagter weet watter stadsbeplanner noem n straat Cancerstraat?

MCS ·

Cancer is die ster teken. Soos Taurus , Gemini ens .Nie vernoem na die siekte.

Witbanker ·

Dit is in n buurt met name soos; Scorpio, Aquarius, Capricorn, Pisces, sterretekens…

nog n witbanker ·

Dis so hartseer dat 3 kinders moontlik hulle lewens verloor het oor grootmens probleme. Ken dr Mahlangu, hy is n uitstekende sielkundige. Sterkte aan almal betrokke

Pieter B ·

Wonder hoekom die kinders altyd moet lei onder twis van ouers??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.