Rusie lei tot gyselaarsdrama, dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 41-jarige man het Woensdag in die vroeë oggendure na sy dood gespring ná ʼn gyselaarsdrama waartydens hy sy driejarige seun van die sesde verdieping van ʼn gebou in Johannesburg gegooi het.

Lt.kol. Tsekiso Mofokeng, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die man het Dinsdag omstreeks 17:00 in ʼn rusie met sy 33-jarige vrou by hul woonstel in Hillbrow betrokke geraak.

“Die man het tydens die rusie sy vrou en hul seun met ʼn skerp voorwerp in die onderlyf gesteek,” het Mofokeng gesê. “Die vrou kon daarin slaag om te ontsnap, waarna die man hul kind as gyselaar aangehou het.”

Die polisie is ontbied en gyselaaronderhandelaars het ʼn geruime tyd probeer om die situasie te ontlont.

“Teen 01:15 het die man die seun van die balkon af gegooi, voordat hy na sy dood gespring het.”

Die kind het die val oorleef en die man is op die toneel dood verklaar. Die ma en die kind is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling.

Die Hillbrow-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek en ondersoek ʼn saak van poging tot moord en ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Natasha ·

Die feit dat daai seun oorleef het is n wonderwerk. Dit wys net as dit nie jou tyd is om jou Skepper te ontmoet nie, is dit nie jou tyd nie!

Eugene ·

3 jarige kind val 6 verdiepings en oorleef. Ja dit is inderdaad n wonderwerk!

E.K. ·

Seker “illegal immigrants” ook nog, ai. Dat mens SO kwaad kan word?

Ouma mix ·

Ek kani verstaan hoe ondersoek jy n moordsaak of poging tot moord as die man hom doodgeval het nie?

Veritas ·

Hi Oumatjie, ek verstaan die ‘poging tot moord’ gedeelte want die kind en ma het oorleef. Dit kan dus nie moord wees nie tensy selfmoord ook teen die wet is. Sal net graag wil sien hoe hulle hom gaan vervolg.

Dries ·

Wil seker maak dit is die sesde vloer en die sewende een nie

Joa ·

Sake van moord en poging tot moord word altyd aanhangig gemaak al is die persoon wat daarvoor verantwoordelik is, dood of al het die aangeklaagde uit selfverdediging die ander persoon se dood veroorsaak. Dit is hoe die regstelsel werk. Dit beteken nie dat die moordsaak ondersoek gaan word vir maande lank om te bewys dat die oorledene dit wel gedoen het of nie gedoen het nie.

Inge ·

DAnk die vader dat die kind oorleef het! Die vuilgoed, hoe kan hy die arme kind so misbruik! Dit is goed dat hy gevrek het. Die ma moet ook ‘n paar klappe kry want die eerste ding wat ek gryp is my kind!

Theresa ·

Stem saam met jou Inge. Swak gehalte ouers. Kan jy dink hoeveel trauma die kind moet verwerk? Het ook seker baie beserings opgedoen – dis ‘n ver ent om te val.

Ben ·

Genesis 6:5 en 6 – ” Toe die Here sien hoe groot die verdorwenheid van die mens op aarde is en dat hy sy lewe lank net slegte dinge bedink, was die Here bedroef daaroor dat Hy die mens op die aarde gemaak het. Dit het Hom diep gegrief.” En vers 3 -“Ek het besluit om ‘n einde temaak aan alle mense, want deur hulle toedoen is die aarde vol geweld. Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.”

Wonder maar net hoe lank God nog verdraagsaam gaan wees ! Ek wag en bid.

Alles is maar nog net soos duisende jare terug. Ek wonder maar net hoe God moet voel oor al die moord, doodslag,

ria ·

So jammer sal graag opvolg wil sien watse beserings kind opgedoen het en of hy buite gevaar is. Arme kind

Andre ·

Het die SAPD nie iets beter om te doen nie,teen wie is die poging van moord en ontvoering teen n man wat dood is,regtig!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.