Rusie lei tot jong man se dood

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Jong man van die Vrystaat wat vroeër vanjaar tydens ʼn rusie vermoor is, se moordenaar is skuldig bevind en gevonnis.

Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, het gesê die familie van die slagoffer, Luthando Ndile (25), kan nou berusting vind in die wete dat sy moordenaar, Madiehe Patrick Pule (25), vir die volgende 15 jaar agter tralies gaan wees.

“Pule is op 22 Augustus in die Virginia-streekshof gevonnis nadat hy in ʼn stryery met die oorledene betrokke geraak het oor die belangrikheid van inisiëring [besnydenis]. Die rusie het begin toe die twee op 2 April van ʼn kuierplek af gekom het. Die stryery het erger geraak en in ʼn geveg ontaard, waartydens Pule vir Ndile met ʼn gebreekte bierbottel in die nek gesteek het,” het Mokhuoane gesê.

Mokhuoane het gesê Ndile was sy familie se enigste hoop vir ʼn beter toekoms aangesien hy ʼn diploma in inligtingstegnologie het en vanjaar sou begin werk.

Genl.maj. Apaphia Modise, bevelvoerder van die Thabong-polisiëringsgebied, het die polisiebeamptes van Virginia geloof vir hul harde werk wat tot die suksesvolle inhegtenisneming en vonnis van Pule gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ansie Cloete ·

Soms maak dinge nie vir my sin nie. Moordenaar kry 15 jaar en die ouens in die doodskissaak kry 25 jaar. Hoe werk dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.